"Oproep" deur David van den Bergh

  • 0

Oproep

Vers een:

Dit was koud in daardie nag
Toe ek die oproep kry
Hulle het sy lyk gevind
Maar sy siel was alreeds vry

Vers twee:

Ek sit die foon neer
Skink ’n dop of twee
Hy was my beste vriend
Ek sou my lewe vir hom gee
Maar hy is weg
En ek is kwaad – kwaad vir daardie bende

Vers drie:

Ek het gelees in die koerant
Waarom al die haat en nyd
Hy was gay en hulle straight
En die twee was onversoend

Refrein:

Toe skiet hulle die koeël
Koudbloedig deur sy nek
En God het hom kom haal
En gaan bêre in ’n veilige plek

Verse een (herhaling):

Dit was koud in daardie nag
Toe ek die oproep kry
Hul’t sy lyk gevind
Maar sy siel was alreeds vry

Einde:

En ek hoor hoe die polisie sug
En ek is kwaad – kwaad vir daardie bende
En ek hoor hoe die polisie sug
En ek is kwaad – kwaad vir die ellende

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top