
Ek het my eie siening gaande enige prentjie op my lyf.
Maar in ’n era waar dit algemeen aanvaarbaar is, en nie wat en of jy dit doen nie, het hierdie Hindoe-Christen broer (na aan my), sy oortuiging duidelik laat spel.
Soos daar geskrywe staan:
Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ’n skild en pantser. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand- na jou sal dit nie aankom nie. Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien. Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap. Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.
Tussen soveel werkdadige gelowiges (ook in aanbidding saam met soveel andere Vrydag, Saterdag en Sondag – Fees tot Fees), is dit inderdaad ’n teleurstelling om die mate van intellektualisme in geloof en ongeloof op die werf te betrag.
Nietemin, ek's hier en ek deel in nederigheid my hart en dié van my broers en susters met julle in elkeen van onse persoonlike verhouding met Jesus Christus ons GOD.
Jesus Christus onse Hemelse Vader se heilige roeping in Sy menswees was presies dit; om die kille ongenaakbare intellektualisme in mensgemaakte godsdienstigheid te versmelt tot ’n heerlik warm verligte kindskap vir elkeen in besonders tot HOM.
Mag Jesus Christus onse Brahman, koudheid in ons harte tot Sy ewige liefde versmelt.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn

