Oppie hoere!
Ons is hoere gekloon in die vorm van akteurs
Almal weet van ons, maar niemand ken ons nie
Ons pronk op die stage en almal is ons pêl, maar
Oor ’n maand is ons jobless en was ons vloere in ’n hotel
Oor ’n maand is ons jobless en was ons vloere in ’n hotel
Ek swaai daai borde rond in ’n restaurant
Doen enigiets net om die huur te betaal
Ek sit en rook met my selfoon op die stoep
My agent, my pimp, het jy ’n job vir my
My agent, my pimp, het jy ’n job vir my
Refrein
Want ek staan al lank hier en wag deur die koue elke nag
Ja, ek staan vir my droom en wag om te kom in ’n limousine
En ek is uitverkoop aan al die hoeke en al die gate
en al die strate van my droom!
Wat is jou regte naam, wat is jou regte job
Waar kom jy vandaan, wat kom maak jy hier
Ag, al die vrae van die grootmenswêreld
So selfversekerd, maar moerse insecure
So selfversekerd, maar moerse insecure!
Refrein
Want ek staan al lank hier en wag deur die koue elke nag
Ja, ek staan vir my droom en wag om te kom in ’n limousine
En ek is uitverkoop aan al die hoeke, en al die gate
En al die strate van my droom!
Ons is hoere gekloon in die vorm van akteurs
Plat geslaan deur kritiek, maar opgewek uit die dood
Want iewers is daar applous en ’n audience wat wag
’n Orgasme, ongelooflik, onbeskryflik!
’n Orgasme, ongelooflik, onbeskryflik!
Oppie hoere!
Oppie hoere!
Oppie hoere!
Oppie hoere!!!
![]() |