Opleiding in SAP kry skuld vir wangedrag?

  • 1

Eerstens, geen opleidingsimulasie kan dwelm- en dronkgedrag van publiek voorstel nie!

Tweedens, opleidingsimulasie kan nie gedrag van oud-soldate uit buurlande voorstel nie.

Derdens, vroue in topposte, met geen dag se 'footslogging' in moeilike werkomstandighede op voetsoolvlak, kan nie beleid of rigting gee nie.

Verder spandeer polisie helfte van 'n 12uur skof aan aflewering van siviele prosesstukke, net omdat publiek nie wil betaal vir geregsbode om hof vir klein eise se prosesstukke te dien nie!

Die media kyk te veel Amerikaanse TV-polisieprogramme, waar polisie alles volgens 'script' doen. Sa het wel grondwet, maar regte word oorboord geneem deur oortreders, want in grondwet word regte ingeperk deur art36 en dan beskik oortreder net oor grondwetvoorgeskrewe beperkte regte van aangehoudene. Die lagwekkendste is dat alle misdadigers altyd hul '1 oproep' eis, Hollywood-styl. Wel, met sy of haar eie selfoon, ons betaal self vir privaat oproepe in Sap.

Wat my siek maak, is om na die sekslewe, ouers se onvermoë om kinders op te voed en die gesondheidsprobleme, verslawing en psigiatriese, te luister. Dan ook, jy is die plaaslike prokureur in siviele aangeleenthede of prosessering van ander staatsdepartemente se dokumente bv aansoeke vir staatstoelaes, aansoek vir Absa spaarrekeninge. Voed die dom donnerse publiek op, dat alles misdaadverwant, nie by polisie hoort nie!! Bel Metro-polisie vir botsings, bel ambulans vir siekes, verwagtendes wat geboorte moet skenk en hou op privaat vervoer eis by Sap! Die aanklagkantoor is ook nie plakkerskamp vir haweloses nie.

Dalk kan ons konsentreer op misdaad!

Hans

  • 1

Kommentaar

  • Hans, ek is seker dit word min gedoen maar ons as gewone burgers, sonder vuurwapens, is vir ons veiligheid afhanklik van die Polisie en is werklik dankbaar vir die baie manne en vroue, wat in moeilike omstandighede hulle plig doen.

    Ek praat nou van dinge waarvan ek min weet maar dink die ideale Polisiediens begin eerstens by deeglike en goeie keuring - daar is tog derduisende jongmense wat werk soek en tweedens opleiding. In toneelspeel as opleidingsinstrument in werksituasies het ek ook 'n groot gly, maar daar is seker vele aspekte van opleiding wat nog verbeter kan word. Ek weet daar was 'n tyd (lank gelede) wat 'n polisieman nie kon slaag voordat hy nie 'n voertuig goed kon bestuur, behoorlik kon swem en as klaer in die hof kon optree nie. Hoë standaarde moet eenvoudig gestel word met min simpatie vir diegene wat nie die mas opkom nie.

    Eintlik het die regering nie 'n keuse nie. Hy is eenvoudig verplig om op standaarde aan te dring en al hoe meer hopelose gevalle die deur te wys.

    Sterkte, George

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top