"Opgebring en grootgemaak" deur Schalk Kearney

  • 0

Opgebring en grootgemaak

situasies, transaksies, het ons weg geteel
ek het by my beste vriend geleer om te steel
tragies, fantasties het ons die myle getel
net vir die hoop dat ons ouers sal bel

koor   

ons is opgebring, grootgemaak
ons het gewens ons kan groot raak
gebreek, gekneus, ons sal herstel
eendag die stories vir ons kinders vertel
geleer om te swem, in die water gespring
gekyk of jy sink soos hul aandring

buitenverwags, gemaak soos hul sê
geskop en geslaan tot dat hul net bly lê
nou wil jul weet wat is my toekomsspel
maar jul moet besef ek het al my vingers leer tel

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top