Die Leerstoel in Intellektuele Goederereg aan die Fakulteit Regsgeleerdheid se jaarlikse openbare lesing word hierdie jaar op 7 Maart 2013 deur Professor Charles Gielen van Groningen Universiteit (Nederland) aangebied. Die onderwerp van Prof Gielen se voorlesing is “APPLE v SAMSUNG – the design wars”. Die bespreking sal die belang van handelsmerke en geregistreerde ontwerpe ondersoek vir sover dit die bemarkingstrategie van die eienaar bepaal asook die waarde van kenmerkende verpakking en onderskeidende ontwerpe. Die voorlesing sal die onlangse uitspraak tussen Apple Ing. en Samsung Electronics in die VSA as saakbespreking hanteer. As ‘n prominente intellektuele-goederereg praktisyn was Prof Gielen direk betrokke by hierdie saak en sal sy mening lig oor die uitspraak en die effek daarvan op intellektuele goedereregte. Om meer te lees oor Prof Gielen kliek hier.
Toegang is gratis. Daar is slegs ‘n beperkte aantal sitplekke beskikbaar. Bevestig asseblief dat u die lesing sal bywoon voor 23 Februarie 2013.
Datum: Donderdag 7 Maart 2013
Tyd: 18:30 vir 19:00
Duur: 50 minute (onthaal volg daarna)
Plek: JC de Wet Lesingsaal
Fakulteit Regsgeleerdheid
Ou Hoofgebou Kamer 1023
Hoek van Victoria & Ryneveld Straat, Stellenbosch
Bespreek: Voor 28 Fabruary
E-pos: annettev@sun.ac.za
Bel: 021 808 9371 (08:00-14:00)
Vir nog inligting besoek gerus die Leerstoel se webtuiste HIER.
Om die uitnodiging af te laai, klik HIER.


