Ope versoek aan Dr Piet Croukamp na aanleiding van sy kommentaar op Breyten Breytenbach se ope brief aan prof Wim de Villiers oor Universiteit Stellenbosch se taalbeleid

  • 1

Nee Piet (ek los maar die ‘dokter’ want ek dink jy sal dit so verkies; te westers, te wit) hoe kan jy nou iemand aanval wat in die bresse tree vir Afrikaans?  Het jy dan nog nie agtergekom dat goed – dinge, korporasies, allerhande instansies – agteruitgaan as Afrikaans nie meer daar gebesig word nie? 

Daar is ‘n sterk positiewe korrelasie tussen die agteruitgang van ‘n instansie en die verdwyning van Afrikaans aldaar.  Kyk maar na Eskom, die Buro vir Standaarde, die WNNR, die staatsdiens, die munisipaliteite (rou riool loop die wêreld vol), die polisiediens, die vloot, landbou-opleidingskolleges, hospitaaldienste, die lugmag, die weermag, die spoorweë, afdelingswinkels, die universiteite, die skole (leerlinge was nooit in Afrikaanse skole met stomp en skerp voorwerpe respektiewelik geslaan en gesteek nie), die poskantoor, die lugdiens, noem maar op.

In die lig hiervan sou mens nou dink dat jy Breyten sou ondersteun aangesien jy vir my voorkom asof jy nogal blinkoog oor die nuwe SA is en jy dus graag sou wou sien dat die storie gedy in plaas van verrommel en verrot soos op die oomblik gebeur.

Ai tog.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Jan, jy gee nuwe betekenis aan die ou, ou gesegde “my vyand se vyand is my vriend …” Van wanneer af is jy sulke groot pelle met Breyten Breytenbach? (sommer "Breyten" ek sê).

    Kom ek herinner jou gou daaraan dat Breyten Breytenbach ‘n baie duur prys betaal het toe hy vir 7 jaar in die tronk moes sit omdat hy die boosheid van apartheid, waaroor jy so kweel en so blinkoog is, om jou eie woorde te gebruik, teengestaan het in so ‘n mate dat hy aan hoogverraad skuldig bevind is.

    Was jy destyds ook so erg oor "Breyten"? Was hy dan nie toe een van die suurgat rooiappels of dalk ‘n breingespoelde groenappel waaroor jy skrywe in jou brief wat ook gister (Die Bus, 28 deser) hier verskyn het nie? Die, in jou oë, verpestelike mense wat bereid was om teen apartheid standpunt in te neem nie? Nou’t jy skielik ‘n “fan" geword? Dalk moet jy jou naam verander van Jan Rap na Jan Manteldraaier.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top