Ope brief aan mnr Williams

  • 0

Daar sit ek toe my poot weer in dit. Ek verwerdig my om iets oor mnr Williams se briefie te seg.

Ai mnr Williams kan ek jou vra om net die volgende paar goed te doen en ons almal hier in Suid-Afrika net rustig te kry.

Laat herklasifiseer jouself as enige iets behalwe 'n blanke. Dit klink asof jy verskriklik kwaad is vir jouself omdat jy 'n witte is jy kan jou eie polse afkou.

Vergewis jouself ons kan ook koerante in SA kry en lees. Moenie vir ons goed knip en plak oor wat hier gebeur nie. (Ek weet dit is op YouTube want jou maatjies is mos in bewind en sensor die nuus wat plaaslik gebeur.)

Ons weet wat in Europa en ander Westerse lande aangaan, ek bekommer my daaroor want hulle bepaal indirek my lewenspeil. (Ekonomie nie ruilhandel nie) Ons weet hoe die meganika van ekonomie werk.

Oral in die wêreld gooi die mense klip en steek geboue aan die brand. (Hulle het dit by die Afrikaan geleer? Wil jy nou vir my nou laat verstaan net die Afrikane mag dit doen?)

Om 'n Christen te wees is 'n aangename ervaring. Nie almal kan of wil Christene wees nie. Ek het 'n wilsbesluit gemaak om dit te doen. Nie enige persoon maak daardie wilsbesluit nie. Ek is baie jammer vir jou dat 'n Christen jou te na gekom of seergemaak het. Soos die Ingelse spreekwoord lui "get over it" Hiermee versoek ek jou dog vriendelik maar ernstig om my as Christen nie uit te skel verguis en verkleineer nie. (Jou geliefde aanklagte dom xtene) Jy het beslis nie die reg verdien om dit te doen nie want ek as Christen het jou nog geen soos in geen skade berokken of te na gekom nie.

Rassiste sal ons oor stry. Soos jy weet is net wittes rassiste en maak rassistiese uitsprake en snou anderskleuriges rassistiese toevoegsels toe. Ek laat dit daar, want daar is niemand so doof soos iemand wat nie wil luister nie.

Oor jou lewenswyse wil ek nie hoor nie. Dit staan my nie aan nie.

Maak vir eens 'n intelligente bydrae tot die forum soos die plekke wat jy op jou reise aandoen. Mense wat jy ontmoet. Gesprekke wat jy voer. Wat dink en doen die mense.

Dit sal erg waardeer word. Ek weet jy het die vermoë om dit te doen.

Groete.

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top