Weet jul dalk waar kan ek ‘n DVD kry van Moomin van jare gelede wat op M-Net was? Ek is op soek na die Afrikaanse weergawe en kan net die Engelse weergawe kry. Ek het nou orals probeer en vat nou maar ‘n laaste kans met julle. Help as julle kan asseblief. Danie Niehaus was nogal die sanger van die liedjie.
Groete,
Linda van Biljon


Kommentaar
Hi
Het jy al reggekom? Ek het al beplan om vir Danie Niehaus direk te kontak, aangesien hy in ons area woon en uit te vind of hy die regte kan koop en dit of dvd's kan verkoop. Hy verkoop sy pa se Jakkals en Wolf-stories wat op radio uitgesaai is.
Groete