Ek herinner my dat ek jare gelede (1969–70) 'n boek met 'n versameling kortverhale besit het waarin daar, onder andere, een van Hennie Aucamp was met die titel "Die piramiede".
Ons het die bundel gedurende my onderwys-opleiding behandel. Dis egter lank gelede, en my geheue kan my dalk in die steek laat.
Indien korrek, weet iemand waar kan ek die kortverhaal opspoor?
Baie dankie en groete
Henoch Schoeman
Kommentaar
Ek is ook op soek na die kortverhaal – indien iemand weet waar om dit te kry, laat weet asb.