Op reis
Ek sien swiepende koringlande,
of ’n plaat goudgeel sonneblomme.
Ek tuur oor wingerde of hardloop
deur die papawerrooi vlaktes.
Ek lê in die ongenoeg skadu
van ’n kokosneutpalm, voel sand
Ek teug aan wyn in ’n ou bouval.
Ek ruik ’n varsgebakte plaasbrood
en sien die songeel botter sag smelt.
Ek lê langs ’n poel op sag’ groen gras
en kyk hoe die wilgertakke bo my
sag saggies heen en weer swiep en swaai.
Ek wandel deur die lang gras na ’n
geelbruin sandsteen- Vrystaatse plaashuis.
Ek sit langs ’n pad by ’n tafel
’n rooi-en-wit blokkiestafeldoek.
’n Enkel magrietjie in ’n vaas
Ek drink geurige warm koffie.
Op ’n plein wals ek op ritmiese
musiek wat sag oor my gesig streel.
Proe vergete vrugte van ’n boord
versteek tussen populierbome
Versamel varkore langs ’n stroom.
Ek smul aan bokmelkkaas en drink melk.
Ek sit op ’n sonwarm klipplaat
Bobbejaansterte blom sagpers om
my kwas gly oor die spierwit doek.
Ek snuffel tussen stowwerige
boeke in obskure boekwinkels
in lank vergete nou systraatjies.
Ek lê tussen helder boslelies
pen my hart en siel neer op papier.
![]() |



