op Moeder Aarde

  • 0

noulat Iran en Israel, kop aan kop,
soos twee bulle, vyandiglik snork,
Skepper Herrangskik, wind-‘n-wolk,
watter tyd vannie jaar’t moet reën,
hoev’l spesies hul laaste gaap sal gee,
hoev’l statistieke’s beskikbaar, t’sien,
van “Duiwelspiek”-denkpatronisering,
bedrog, korrupsie, struktuurgeweld,
flankeerdery, vryery, na Obamerika,
Moeder Afrika verby hierie drif te dra,
plek te maak vir Imperialisme Twee,
hierso, op Planeet Een, Ma Aarde,
al skat Mens Haar nie juis mooi,
wetenskaplik, korrek, na waarde

Jacobus Faasen

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top