Op en Af
Jammer beteken niks, lyk my jy is net aspris
Jy maak my seer, ek wens ons het nooit gebeur
Liefde is net ? woord as jy dit net sê, maar nie bedoel nie
Jy gee voor, maar lyk jy voel nie, ek kan nie myself weer verloor nie
REFREIN:
Ons is op en af
Jy's nooit tevrede
Jy mors my rond
Ek sal jou nooit vergewe
Dan gee ek in
Ek’s deurmekaar
Jy ontwrig my lewe
Net die geluid van jou stem
En ek begin te bewe
Ek word nooit slim nie
Ons probeer, maar ons kom nêrens
lyk my daar’s ? probleem êrens
Ek’s lief vir jou, maar dit is nooit genoeg nie
Ek baklei, maar jy verwoes net
Ek’s klaar met jou, kan jou nooit vertrou
REFREIN
Ons is oor, ons is verby, ek het genoeg seergekry
Jy was my lewe, hoop jy’s tevrede
Dis net ? op en af, ek was genoeg gestraf
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


