Oorvloed van helde
Hello, dagsê, molweni en dumelang, vriende.
Dis net nog ’n dag in die land
Waar die son ons met vrede brand.
Als lyk prentjiemooi
Dis die reënboognasie
Hier reg voor ons oë
Vas is ek oortuig
Dis geskilder van bo
Ons het probleme, o ja ons het
Maar wees gerus
Hier’s ’n oorvloed van helde wat ons sal red.
Refrein:
Madiba magic het gewerk soos ’n bom
Maar nou’s dit tyd vir ons eie “long walk to freedom”.
Mande-e-la-la, dankie my vriend,
Jou werk hier is klaar
Mande-e-la-la, dankie my vriend,
Jou rus is welverdiend.
Die doodgewone ek en jy
Is nou die helde wat vir vrede baklei
Kyk weg van die leë ruimtes daar buite
Veg die illusie wat velkleur voorgee
Saam vorm ons ’n nuwe held
Saam stop ons al die geweld
Saam is ons een, saam is ons een.
Refrein:
Mande-e-la-la, dankie my vriend,
Jou werk hier is klaar
Mande-e-la-la, dankie my vriend,
Jou rus is welverdiend.
Die doodgewone ek en jy
Is nou die helde wat vir vrede baklei
Mande-e-la-la, dankie my vriend,
Jou werk hier is klaar
Mande-e-la-la, dankie my vriend,
Jou rus is welverdiend.
Die doodgewone ek en jy
Is nou die helde wat vir vrede baklei
![]() |



