sal Lewe Twee vir ewig oppe afstand, ver buite bereik bly,
vir Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, sonner Gewete,
via onkund’-ontkenningsingesteldheid, Geskied’nis vergete,
kan “Duiwelspiek”-dissipel nie Self Self uit droefheid b’vry
post-apartheid, post-“ras”-“klas”-“isiBhulu”, post-Besinning,
siklies-rewolusionêr storie, dié van medemenslikheidsvisie,
kanti, hamdrilah, Allah, Mens oppe Self-destruksie-missie,
ook in Afrika, wyd-‘n-syd, hoop krygers oppe oorwinning
Mens inne absoluut ondenkbaar-bedenklik soort swarigheid,
in staat van permanent’ paranoia, struktureel onsekerheid,
neem Krisis ongelooflik gewetenloos oorlogsdimensie aan
raak Mens Gewete kwyt, m’t grotesk-enorm’ sekerheid,
Waaragtig, super-ultra-verifieerbaar Verifieerbaarheid,
Millennium Drie Homo, ’t s’l baie kos, sjatan t’verslaan
Jacobus Faasen

