oorlewingstryd

  • 0

sose bloedjong kind, post-agitprop,
sose bloedjong lam, op Eid-fees vas,
sose volstruis, proto-droëwors-produk,
sose pekêkkêk Kentucky, kop-af-kitskos

‘s Mens Self ook toegewyd tot, lief vir,
leef, ter wille van, ten gunste daarvan,
oorlewing, vannie ultra-supersterkstes,
van drome droom, fantaseer, illusioneer,
oor Gewete-herwinning, totaal Bevryding

innigsoete samesyn, gesellig, Homo Sapienslik,
karfoefelry, voortplantend, liefdemakend,
klimaktories stamselle oordra, van her, ver,
transfuseer, in iemand anners in, ter wille,
van konsolidasie, van nageslag, stam, gesin,
van familie, fendêmmelie, sibbelik, familiêr

sonner intervensie, lastig interferensie,
veramnesifisering, amnesiewekking,
skrikwekkend stereotipering, kru,
veralgemening, dehumanisering,
van Naaste, mede-Mens, Homo

grusaam, skokkend, so ironies,
in ’n theofilosofies’ sin, met dié,
lat Mens Mens Self submissiveer,
onderwerp aan listig lus, oer-gier,
van sjatan, onsedelik, heerser,
van sy “Duiwelspiek”-dissipels,
deur verleiding ver van koers af

‘t gelowiges absoluut zero benul,
hoe Mens Mens Self, Eie verneuk,
Spiritualiteit ten gronde laat gaan,
Self prosesmatig, willekeurig, uitwis

Mens-wees sonner Waardigheid,
lat Mens staatmaak op  struktuur,
geweld, struktuurgeweld, konflik,
op oorlog, op oorlog se ekonomie,
aanvraag na staal, olie, medisyne

hele Irak deur Irakese olie, hulpbron,
operasioneel, struktureel, in stand gehou,
soos VSA-gevangenis in Guantanamobaai,
Veiligheidsraad sonder sê, superswygend

weet, voel, Mens mos, soms Self,
lat Mens God, Mens Self, verraai,
oop en bloot Lewe Twee minag,
weet Mens waaragtig nie hoekom,
hoekom swérf Homo Sapiens Sapiens,
wat staat Mens t’doen, op dees Planeet,
Gewete-loosheid al so normaal, normatief,
sosio-pedagogies as norm, vas, voorgehou

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top