Hy pluk die snare van haar trapese
Gespan gespanne spanning
Die bondel wat hy altyd kon omarm
Binne sy bereik warm
Maar die voorafopgestelde uitvloeisel van pyn
Dalk gepredetermineerd - dalk skyn
Oneg in die blyke
Opreg ongeag die lyke
Die lang pad stil in die stof
Oopmond die enkeling
Die lang pad kort en rof
Twee die drenkeling
Die omkeer sal deurdring
En die goeie deurbring
Die regte omkring
Met wilskrag omring

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

