"Oorgenoeg" deur Isabel Burger

  • 0

Oorgenoeg

daar is oorgenoeg politiek
daar is oorgenoeg bedrog
verkragtings, ontvoerings, moord
waarin word ons kinders groot
daar is oorgenoeg siektes
daar is oorgenoeg dood
vigs, armoede en straatkinders
wie probeer ons bluf

koor

maak die kettings los
sluit die boeie oop
verbrand die verlede tot as
vergeet en vergewe
strewe na vrede
moenie bang wees om te lewe
daar is oorgenoeg haat
daar is oorgenoeg baklei
gevegte, oorloë, wraak
vir wie is jy tog so kwaad
daar is oorgenoeg hartseer
daar is oorgenoeg pyn
trane, depressie en verlange
oorgenoeg geswoeg

koor x2

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top