Oor woorde en hul inhoudsbevoegdheid

  • 2

Angus skrywe oor Johan Combrink van taalfaam en noem dat dié vir hom wat Angus is, min of meer verduidelik het dat enige woord ’n betekenisveld het wat bestaan uit een of meer betekenismomente.

Nou ja, dit mog so wees dat daar só aan Angus verduidelik is en ons ondervind uit ons eie gebruik van ons taal dat dit so is, maar die kwessie bly altyd of Angus nou verstaan het wat vir hom verduidelik is.

Meeste woorde het ’n antieke afkoms. Daardie woorde weerspieël tot ’n groot mate hoofsaaklik die antieke betekenis. Om te weet wat die antieke stamwoord is, is natuurlik ’n ou en bekende hulpmiddel by taalgebruik om die kernbetekenis van ’n woordvas te stel. Dit is só dat daar met tyd heen, sekere uitbreidings in die inhoudsbevoegdheid van woorde sal ontwikkel, maar dit is baie onwaarskynlik dat die inhoudsbevoegdheid van die woord so sal verander dat dit ’n konflikterende betekenis sal aanneem as die antieke stamwoord. Om dit nou in Angus se terminologie te verwoord, sal ons sê dat ’n woord se betekenisveld en betekenismomente nie drasties sal afwyk van die antieke stamwoord af nie, waar só ’n woord wél ’n afstammeling van ’n antieke woord, is.

Soos byvoorbeeld die woord “fabel”. Ek het reeds vir Angus aangedui dat dié woord oorgeneem is uit Latyn, “fabula”, die antieke stamtaal en dáár is die betekenis van dié woord “verdigsel”. Die vokatiewe (aanspreek/uitroep) in Latyn is “fabulae!” wat beteken “Snert! Nonsens!”

Dit wil voorkom of Angus glad nie die betekenis kan verstaan nie, ten spyte daarvan dat Combrink klaarblyklik moeite gedoen het om vir hom te verduidelik hoe dit werk met betekenisvelde en betekenismomente, oftewel, die inhoudsbevoegdheid van woorde. Selfs in die Afrikaanse gebruik, soos dan natuurlik te verwagte, word die klem gelê word op “verdigte”, “Versinsel”, “leuen”, “verdigsel” en “ongeloofwaardig”. Die feit dat fabels soms gebruik word om ’n lessie te verduidelik, doen geen afbreuk aan die werklike betekenis van die woord, nie – dit is en bly ’n naamwoord om ’n verdigsel te beskryf. ’n Ware storie kon net sowel gebruik word om dieselfde lessie mee te verduidelik.

Maar ek twyfel of Angus die strekking hiervan sal begryp.

Ons weet dat Angus sukkel met die verstaan van alles wat nie oppervlakkig is nie. Sy evolusie fabel verstaan hy, want hy hoef niks te verstaan nie, hy kan gewoon die goed papegaai -  maar die Bybel, die Woord, se Spiritualiteit is kennelik vir hom net eenvoudig bokant sy begripsvermoëns.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 2

Kommentaar

  • Inhoudsbevoegdheid? Inderdaad! Kobus, jy brabbel en dan steek jy dit weg agter "Angus sal nie verstaan nie." Kom ek leer jou 'n term wat taalwetenskaplikes gebruik. Hulle sê elke woord het verskeie betekenistoepassingsmoontlikhede, maar slegs een betekenis.  Lekker lang woord en dit sê meer as jou niksseggende inhoudsbevoegdheid. Dan haak jy ook vas by antieke afkoms soos Latyn Tale wat nie meer gebruik word nie se woorde verander nie van betekenis nie, maar lewende tale, tale in aksie, verander wel. Daar bestaan iets soos betekenisverandering, betekenisverruiming, en neologismes waar bestaande taalmateriaal gebruik word vir nuwe betekenisse. (Laat my weet as jy nie verstaan nie.)

    Dit wil my voorkom of jy nie my brief oor hierdie saak verstaan het nie. Gaan lees dit weer. Die woord 'fabel' het volgens die HAT twee betekenistoepassingsmoontlikhede. As ek praat van die fabels van Esopus, of Phaedrus, of Jean de la Fontaine, bedoel ek nie "snert! nonsens!" nie. Dan bedoel ek letterkundige werke waarin diere, plante ens as handelende wesens optree. Dit onderskei dit dus ook van die parabel of gelykenis waarin net mense as handelende wesens optree.
  • CorneliusHenn

    Gestel nou jy pas dieselfde reël, naamlik om te weet wat die antieke stamwoord is om die kernbetekenis van die woord vas te stel, op die woord "mite" toe. Wees dan glad nie verbaas as jy meteens besef in hoe 'n mate die woord mite die Bybel komplimenteer nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top