Oor taal sal altyd gekla word

  • 0

Jan Rap en vele ander kla oor die swak Afrikaans wat deesdae gepraat word, maar dis niks nuuts nie. So vroeg as 1685 het kommissaris –generaal H.A van Rheede met sy besoek aan die Kaap alreeds oor die koloniste se taalgebruik gekla: “Hier is een gewoonte onder ons volck dat lerende deze inlanders de Nederduydsche spraek en dat deselve die op haer manieren seer krom en bij nae onverstandelijk spreken, soo volgen die onse haer daer nae.”

Hierdeur vermaan hy die Kapenaars om die Hottentotte korrekte Nederlands te leer, anders sal hulle naderhand netso krom praat. Sy bekommernis dui aan dat hy alreeds ’n verandering in die taal bespeur het, en hierdie verandering was die begin van Afrikaans.

Ten spyte van Van Rheede se waarskuwing, het die mense anders begin praat; niemand kon Afrikaans keer nie.

Nou wil ek graag weet, hoe gaan Jan Rap en sy maats se walgooiery die nuwe Afrikaans (wat sekerlik eendag ’n naam gaan kry) keer?

Net dit!

Groete,

Angus

 

 

 

 

 

 

 

 

  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top