Oor swart onderwys, vir Wouter

  • 0

Dankie vir jou interessante brief (twee dele) oor die geskiedenis van swart onderwys.

As ek ook ’n bydrae mag maak, wil ek graag daarop wys dat mens die vroeëre stand van sake ook moet in ag neem. Hoe het swart onderwys byvoorbeeld gelyk in 1910, toe die Unie van Suid-Afrika tot stand gekom het en wat was die stand van sake in 1948 toe die Nasionale Party die regering van die dag geword het. Sover ek weet was die agterstand enorm, voor 1948 is bitter min gedoen vir swart onderwys en sou dit ’n bykans onmoontlik bedrag geld vereis om swart onderwys tot op die vlak van die wittes te bring. Mens moet besef dat hulle nie sommer geld kon wegneem van wit onderwys om dit vir swart te gee nie, dit sou die wittes afbring tot op dieselfde lae vlak, wat niemand sou help nie.

Dit sal interessant wees om te weet wat die bepalings was van die 1954 Bantu Education Act waaroor die ANC so ontevrede was.

Dit is waar dat die meeste swartes bitter arm was en dat dit vir hulle amper onmoontlik was om te betaal vir onderwys vir hul kinders, terwyl die wittes dit verniet gekry het. Maar die belastingbasis daardie jare was maar klein – verreweg die meeste belastingeld het van die wittes gekom. Die wit bevolking in 1957 was 2,907 miljoen teenoor die 9,306 miljoen swartes. (Bron hier onder.)

Ek het hierdie insiggewende inligting gekry uit ’n artikel wat in 1957 in Collier's Year Book verskyn het onder die hofie “1957: Union of South Africa”:

Education:

2680 public schools for whites with 562974 students
6253 public schools for non-whites with 938858 students for (excl. Natal)
(Mens weet natuurlik nie wat die gehalte van die skole vir nie-wittes was nie.)

Expenditure for all races excluding capital expenses and loan charges: £37,249,219
(As die bedrag vir swart onderwys in 1957 steeds £6,5 miljoen was, was dit maar sowat ’n sesde van die totaal.)

Ek gee ook vir volledigheid die land se bevolkingsyfers op daardie stadium:

Wit 2,907 miljoen
"Africans" 9,306 miljoen
Kleurlinge 1,281 miljoen
Asiate 421 duisend

Beste groete,

Teuns Potgieter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top