Oor 'n enige katolieke Kerk

  • 6

Heil die leser.

 

Ek voeg 'n foto van my Gereformeerde, Psalm en Skrifberyming boek hierby.

In die Protestante Geloofsbelydenis, bladsy 21 onderhoofde "Oor die algemene Christelike kerk, word die woord "katolieke" met 'n kleinletter gebruik:

Ons glo en bely 'n enige katolieke of algemene Kerk wat 'n heilige vergadering is van almal wat waarlik in Christus glo, wat hulle hele saligheid  in Jesus Christus verwag en gewas is deur sy bloed, geheilig en verseël deur die Heilige Gees ...  

As katoliek, glo en bely ek dit met my hele hart.

Katoliek met 'n hoofletter, verwys na die Roomses en bes moontlik, die Anglikane ook.

Ek hoop van harte die foto is duidelik genoeg geplaas dat enigeen self daaruit kan lees.

Dis sekerlik nodig aangesien fundamentele ateïste soos Wouter Ferns, jare lank reeds met sy berugte intellektualisme aan't hand, ook sy uiterste doen om die Evangelie verdag te laat; soos byvoorbeeld hiermee:

Die katolieke kerk is ’n ander saak en die verskynsel daarvan is volkome Henn se skepping... Die term wat deur Henn gebruik word wat na die katolieke kerk verwys is besonder problematies aangesien dit weer die probleem na vore bring van watter instelling daarna verwys word... Indien die term, katoliek ondersoek word, dan misluk alle pogings om die verskynsel te vind as ’n instelling wat erken kan word. Die Oosterse Christen bewegings dek ’n verskeidenheid van strominge wat beteken die katolieke beskrywing van Henn kan daar ook nie gevind word nie. Beskou in konteks van die soeke na die "katolieke kerk" dan die Christen Arabiere, Armeniese Christene, Bulgaarse Christene, Koptiese Christene, Grieks, Russies, Serbiese. Hierdie lys is nie volledig nie, maar bied ’n aanduiding van die omvang van die Oosterse Ortodokse Kerk en daarom nie verteenwoordigend van die "katolieke kerk" nie (sic).

Nietemin, die Roomses, Anglikane, Kopte, Helleenses, Ortodokses, Protestante, Apostolate, Baptiste, Evangeliese... en vele ander, is so deel aan die liggaam van Jesus Christus onse God; 'n enige katolieke Kerk in onse Skepper se liefde en genade.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, en katolieke groete,

Cornelius Henn

  • 6

Kommentaar

  • Religie is deur die eeue deur mense gebruik om skrikwekkende en bloedige dinge aan ander mense te doen. Baie mense het gesterf op brandstapels en baie is vervolg.

    Die man Jesus het nie gekom om kerke te stig nie, om die waarheid te sê hy was krities teenoor die kerk van sy tyd. Mense boer in kerke maar hulle lewens bly maar dieselfde. Nikodemus was 'n skrifgeleerde en selfs lid van die Sanhedrin, tog het hy nie geweet dat hy wedergebore moet word nie. Jesus was nie in 'n stal gebore nie, sy moeder was nie n maagd nie, sy sterwe aan die kruis was 'n vonnis wat die Roomse ryk hom opgelê is. Konstantyn die grote en sy biskoppe het hierdie mite aan Jesus gekoppel.

    Jesus het sy eie heiligheid in homself ontdek en hy sê vir my dat ek dit ook kan ontdek. Ek gaan lankal nie meer kerk toe nie want kerke is morsdood. Die geheim en oplossing lê in onsself opgesluit. "Julle kan soos ek wees sê Jesus."

  • CorneliusHenn

    William, dankie vir jou belangstelling. Ek het 'n groot mate ooreenstemming met jou. Ons grootste juk is waarskynlik die fundamentele Calvinistiese opvoeding wat ons as Afrikaners in 'n sogenaamde Christelike Nasionale ideologie, ontvang het. Ek dank God vir die genade dat ek in 'n wye groot oop wêreld sonder grense buite die Protestantisme, ook liefde en vrede kon vind. Cornelius Henn

  • William

    Ek het 'n artikel ingedien "POUSE EN HOMO's". Dit gaan hopelik dieselfde tyd as hierdie respons op SêNet verskyn.

    Daarin sal jy sien hoe Neelsie se katolieke kerk een ding preek terwyl hulle self die "sondes" pleeg wat hulle so lief is om te veroordeel; die groot aantal pouse wat homo dade gepleeg het, een selfs doodgenaai en in 'n ander artikel wat gaan opvolg, ander pouse se jagse sekslewens en moorde deur hulle gepleeg.   Die Calviniste wat hy te lief is om aan te spreek, is engele vergeleke met die misdrywe van sy pouse.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, jy het soos gewoonlik jouself met die bedoeling van my bydrae misgis ... jou ergerlikheid is baie duidelik ... die katolieke (met 'n kleinletter gespel) sluit die Afrikaanse Protestante Drie Susters in ... ek't regtig my bes gedoen om dit hier te verduidelik ... Katoliek (met 'n hoofletter gespel) verwys na die Anglikane en die Roomses ... dog in jou blinde waan jy ook nooit die bedoeling (hart) van enige sulke instansie of bydrae op die werf sal ag nie, maar eerder nes enige fundamentalis (gelowig of ongelowig - Kobus de Klerk, Wouter Ferns en Chris Dippenaar), die een of ander waarheid sal neem en dit tot die uiterste in 'n soort geregtelike ondersoek verkrag, en dit dan voor die gebreinspoelde jurie van die werf se kammahof bring om te bepaal wie die populariteit kompetisie wen ... wel, wyl jy meen die voorbeelde wat jy hier aanhaal die katolieke verteenwoordig; jy en Wouter Ferns in jul absurde dekadensie, onthutstheid en slegte gevolge daarin, dan sekerlik ook verteenwoordigend is van alle homoseksuele op aarde - hoe belaglik Jaco! ... nee, die bose is wel oral en selfs in elkeen in ons, maar dis ons hart wat saak maak - die bedoeling waarmee jy lewe ... Namaste! Cornelius Henn

  • Tsk! Tsk! Woer-Woer

    Jy moet dit kalm vat.  Jy is op die regte ouderdom vir hartkwaal, en namaste-god gaan jou nie help nie! Het jy dan nie die volgende vir William geskryf nie: "Ons grootste juk is waarskynlik die fundamentele Calvinistiese opvoeding wat ons as Afrikaners in 'n sogenaamde Christelike Nasionale ideologie, ontvang het."

    Is dit in die Katolieke gees wat jy geskryf het:  "dis ons hart wat saak maak - die bedoeling waarmee jy lewe."  Wat was dan jou bedoelinge met die Calviniste dat jy so (telkemale) lelik en onnodiglik van hulle so skryf?

    Ek wou maar net 'n balans skep, maar dit was toe 'n wanbalans, want die sondes van die Katolieke Kerk  in die balansskaal, vanaf die verlede tot die hede, is so groot, dat Calviniste definitief soos engeltjies voorkom.

    En moenie worrie oor die gays nie.  Ek het altyd my bedenkinge oor jou, ook so in die verlede uitgespreek, wat jy my nooit teegegaan nie.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, jy is desperaat besig om aandag te soek ... val maar liefs verby ... ek respekteer die intelligensie van meeste belangstellendes op LitNet en weet jou ergerlikheid is ewe duidelik vir almal ... Cornelius Henn  

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top