Oor Liefde, liefde ... en honde

  • 15

Wouter plaas ’n baie interessante kommentaar by ’n ander artikel wat ek geplaas het, oor wat Richard Holloway en Karen Armstrong as liefde beskou en Wouter lewer dan kommentaar daarop vanuit sy oogpunt as agnostikus en skiet dan gebruiklik as slotsom die gelowige se Liefde af en gee sy stem vir die sekulêre benadering van wat hulle, liefde noem. Wouter vermeld ook die artikel wat ek geplaas het oor wat Liefde werklik is - God is Liefde.

In die proses van Wouter se beskrywing van, wat hy aardse liefde noem, herhaal hy feitlik verbatim woorde wat ek in ’n kommentaar net voor syne geplaas het en gesê het dat gelowiges se lewens gevul is met vrede, vreugde, toekomsvisie, toekomsverwagting, vryheid, positief, vol hoop en verwagting, kennis en insig terwyl dit nie die geval by agnostici is nie – te oordeel aan hoe hulle hulself op openbare forum kwyt van dinge. Wouter meen dat meeste van daardie kwaliteite ook deur agnostici geniet word.

Maar as dit so is Wouter, waarom sien ons bykans sonder uitsondering net die teenoorgestelde waar agnostici aan openbare forums deelneem oor dieper sake? Daar is mos darem ook die ou geykte spreekwoord wie sê waar die hart van vol is loop die mond van oor – meer as 2000 jaar gelede al deur die HERE Jesus Christus die wêreld ingestuur. Dit is ’n spreekwoord wat vandag steeds net so kragtig geld soos destyds en Wouter het dit self ook al gebruik. Wat ons dus sien, weerspreek direk waaraan Wouter lippediens doen.

Op die ou end vind Wouter as agnostikus se siening van liefde uitdrukking in die sy bewering dat die prys van gelykheid in hierdie wêreld dan 'n ewigheid van straf in die volgende is. Sekulêre, humanistiese gelykheid wat hy gelykstel aan liefde. Wouter bespreek ook kortliks diskriminasie teenoor homoseksuele mense en beskryf dit summier as liefdeloos.

Maar wat verstaan mense soos Wouter van ’n ware gelowige se Godgegewe gawe van liefde?

As dit by homoseksualiteit kom, waarteen het gelowiges dit werklik? Iemand wat ’n homoseksuele mens verwerp, doen nie die wil van God nie. God verwerp nie homoseksuele mense nie – ons doen dit ook nie. Wouter en die skrywers wat hy graag aanhaal, is dus verkeerd en bevooroordeeld in sy benadering teenoor gelowiges en hulle siening oor homoseksualisme. Maar dit wat sommige homoseksuele mense doen, dít is wat vir God en gelowige aanstootlik is, naamlik die beoefening van homoseksualiteit. God en gelowige verwerp dus nie die mens nie maar dit wat die mens doen wat teen God se Gebod skrei. Net soos die gelowige die owerspelige mens liefhet, maar sy owerspelige gedrag verwerp want God verwerp dit as ’n gruwel en so is daar baie voorbeelde.

Die sekularis sal egter daarop aandring dat mens diesulkes net moet laat begaan. Ek sien egter nie dat hulle dieselfde pleidooi lewer ten aansien owerspeliges en losbandiges nie of dat hulle dit probeer goedpraat asof dit normaal is, nie. Owerspel en losbandigheid bring mettertyd groot hartseer en destruksie mee – en homoseksualisme (die praktyk daarvan) ook. Algar is ’n gruwel voor God.

Maar God se Liefde is juis daarin dat hy ons nie nou veroordeel daarvoor nie – maar Hy gee ons die volkome geleentheid om dit af te lê voor dit te laat is (Johannes 3:16-18). Dít is waar die Liefde inkom.

Wanneer die gelowige dus die optrede van ’n ander berispe en uitwys as sondig, is dit nie ’n daad van liefdeloosheid nie, maar inderdaad van Liefde – want dáárdeur waarsku die gelowige die ander van die gevaar wat voorlê, naamlik dat volgehoue gruwelike optrede uiteindelik wél tot sanksie en hartseer sál lei. Dit is nie ’n proses wat aan die mensdom onbekend is nie – dit word elke dag van die mensdom se lewe toegepas – van die verhouding ouer tot kind in die ouerhuis tot by die verhouding owerheidsweë tot onderdaan in die breë gemeenskap. Niemand beskou dit dus as liefdeloos nie, maar inderdaad as noodsaaklik en gepas ter wille van ’n ordelike samelewing. Waarom wil die agnostikus dit dan verwerp in ewigheidsverband?

Die punt is dat niemand owerspel, losbandigheid in isolasie pleeg nie – net so ook nie homoseksualisme nie – daar is áltyd ander se belange wat benadeel word en dáárom die Goddelike verbod – moenie aan ’n ander doen wat jy nie ook wil dat die ander ook aan jou moet doen, nie – dit is die Goeie Goue Reël in menseverhoudinge (Mattheus 7:12; Lukas 6:31). Die hartseer en ongelukkigheid wat ’n owerspelige, losbandige of homoseksualis ander aandoen, is verkeerd en ’n gruwel. Daar is nié geseënde nadraai van sulke optrede nie.

Ek gebruik bloot owerspel en losbandigheid as voorbeelde van báie (alle) sondes wat nie goedgepraat kán word nie en dit sluit homoseksualisme in. Hoekom dit wil goedpraat as dit soveel konsternasie, siekte en ongelukkigheid meebring, vir eeue al? Dit is baie vreemd dat enigiemand dit probeer goedpraat.

Volgehoue sonde lei dus onvermydelik tot hartseer en swaarkry van naasbestaandes in die hede en na uiteindelike straf vir die opsetlike oortreder in die hiernamaals. Om iemand daaroor aan te spreek en so ’n persoon te waarsku oor die gevolge van sy optrede, nou in die hiernamaals, is dus niks anders nie as ’n omgee-daad, ’n liefdesdaad – en baie onselfsugtig, want die een wat waarsku doen dit ten koste van sy persoonlike gewildheid.

Dit is die plig van elke Liefdevolle mens, om die ander teen gevaar te waarsku – hetsy in die vlees of in die gees, want dit is God Wie ons daarin lei om te waarsku (Esegiël 3:16-21).

Om iemand te sien kwaad doen en hom dan daarin te paai en goed te praat ten spyte van die omringende gevolge van sy optrede vir sy naasbestaandes en vir hom in die hiernamaals, is ’n daad van opperste selfsug, want so iets word net gedoen om die guns van die oortreder te wen ten spyte van die koste en gevolge daarvan vir die oortreder.

Liefde is ’n gawe van God aan elk mens. Elke Godsgeskape mens word met die gawe van liefde gebore. Dit word ook weerspieël in Wouter se aanmerking dat dit vir hom paradoksaal is dat dit wat kwansuis die geloof in God se sterkste punt is, naamlik die Liefde, in elk geval onlosmaaklik deel is van die mens en uitgeleef word daagliks. As ateïstiese agnostikus sien self Wouter dié Godgegewe gawe raak en verleen hy erkenning daaraan. Dit is immers een van die bewyse dat die mens deur God geskape is. Dit is dus ’n gawe wat elke mens het – ook die ongelowige mens, net soos God Sy Son van Genade laat skyn oor alle mense, ook die onregverdiges.

Maar wat doen die mens met dié gawe? Baie mense gebruik nie hul Godgegewe gawes nie en baie mense misbruik dit … dit sien ons ook met die gawe van Liefde. God waarsku egter teen dié soort van ding (Mattheus 25:14-30) en dit geld vir álle Godgegewe gawes, ook die Liefde. Liefde se misbruik, soos die wyse waarop Wouter dit voorstel, word later liefdeloosheid, veral in die hand van die Goddelose, en ’n instrument van selfsug.

Daar is ’n ou gesegde in die Woord, wat ook selfs vandag nog in ons moderne samelewing weerklank en aanwending vind – selfs die barmhartigheid van die Goddelose, is wreed (Spreuke 12:10). Die Goddelose sal ter wille van sy eie persoonlike gemaksone en voorkeure, ’n ander sien afsak in die verderf, soos met die goedpraat en beskerming van Goddelose en ongehoorsame optrede, sonder om selfs net ’n oog te wink.

Die gelowiges, daarenteen, sal werklik liefde betoon deur eerder só ’n persoon van die verderf te probeer wegstuur - meer dikwels as nie, ten koste van sy eie gewildheid. Waardering is daar mos nie, want die liefde is só onderdruk by die Goddelose, dat hy soos ’n dier optree. Ons sien dit mos – as jy jou hond wat in ’n strik vasgevang is, uit ware deernis en liefde wil uithelp, sal dit jou byt omdat dit nie begrip het vir die goed wat jy besig is om te doen nie – net so en vir dieselfde rede, sal die Goddelose jou byt omdat jy hom in liefde van die afgrond af wil wegstuur. Dit sien ons gereeld ook hier op hierdie forum. Hier is baie verstrikte honde.

Kobus de Klerk

  • 15

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk, Satan se gryns is duidelik in jou slotsin; die oomblik toe jou masker val... "Hier is baie verstrikte honde" (sic) ... dis duidelik al wat jy eintlik wou spu onder jou infernale opskrif "Liefde, liefde ... honde" ... gewoon jou laakbare manier waarin jy soos altyd met eiewaan vervul, hoogmoedig, pedant, aanmatigend en in die mees onverdraagsame, verwerpende taal, jou verwaande agenda met Godsdiens probeer inklee ... jy sien Kobus de Klerk, as jy werklik wou aandring op jou neerhalende sinnebeeld hierbo, dan sou jy jouself minstens daarby insluit want die Bybel leer eintlik dat ons ALMAL soos "honde verstrik" in ons sonde voor God staan (jy inkluis), en dat God alleen ons daaruit kan red ... tog sal jy soos 'n wolf in skaapklere wat wil verskeur, jouself weereens met "Liefde" probeer klee en as die held voordoen terwyl jy in jou verwaandheid kamstig die "bytende honde" probeer red ... nie eens Jesus Christus onse HERE, het  jou laakbare sinnebeelde op ons mensheid gedwing nie -  inteendeel; ons is 'n kudde, God onse Goeie Herder, en die wat aan Hom behoort, ken Sy stem - selfs al het hul verdwaal ... daarom Kobus de Klerk, sien hierdie maar as 'n hap na jou gewaande liefde - ek sien dit as 'n graaf agter die adder se kop insteek - WYK SATAN!!! Mag Jesus Christus onse HERE, self elkeen se hart uit die strik verlos en ons bewaar van die farisese spiritueel intelligente en beterweterige redetwisters, die Kobus de Klerks' ...

  • Kobus de Klerk

    Mos gesê Kerneels kan homself nie beheer nie - het glad nie beheer oor sy eie obsessiewe emosies nie.

    Kom daarvan as mens so met die Heilige Naam van God ploeg soos hy so gereeld lasterlik doen.

    Lees wat vang hy hierbo aan... staan skuimbekkend en skel vir die ou wat hy voor hom in die spieël sien staan... en hy is so ver heen dat hy nie meer metafoor van die ware jakob kan onderskei nie, want hy vereenselwig homself so volkome met die verskrikte, verstrikte, bytende hond... en nou byt hy dat die skuim spat.

    Maar jou bek het g'n tande nie, kerneels-hond.... net die slymerigheid.

    Hy het ook so wrintie nog nooit iets geleer van die Een Wie se Naam hy so ydellik misbruik en Wie se Woord hy so dikwels vir sy eie sin misbruik nie - hy het nog nie kon leer dat diegene wie die HERE Jesus Christus werklik aanneem, die Woord aanneem en Hom volg, juis verlos word en is van die strik van spreekwoordelike hondwees nie... verlos is van die kettings van sonde nie (?Lukas 1:68; ?2:38; 21:28; ?Romeine 3:24; ?8:23; ?1 Korinthiërs 1:30; ?Efesiërs 1:7, ?14; ?4:30; ?Kolossense 1:14, ??Hebreërs 9:12). Nee. Hy haal gedurig daaruit aan, maar verstaan daar niks van nie want dit is tussen die varkpeule waarin hy hom bevind, vertrap.

    Hy vereenselwig homself eerder geheel en al met die hond en tree dan ook so op.

    Kobus de Klerk

  • Johannes Comestor

    Deesdae word die klem by die vertolking van die Bybel dikwels op liefde geplaas. Dit was nie altyd so nie. In die Ou Testament is daar bitter min sprake van 'n God van liefde; eerder die teenoorgestelde. In die Nuwe Testament is dit veral Paulus wat liefde gepropageer het. "Whereas Jesus utters the word 'love' only twice in the entire Gospel of Mark, Paul uses it more than ten times in a single epistle, his letter to the Romans" (Robert Wright, The evolution of God, London: Abacus, 2010, p 264). Mense is geneig om selektief te kies watter Bybelse uitsprake hulle aanvaar. Daar is ongetwyfeld ook 'n ewolusie in Bybelvertolking, waarvolgens bv gepoog word om Bybelse stellings by veranderde omstandighede aan te pas. 

     

    Johannes Comestor 

  • Kobus de Klerk

    Comestor,

    Ek dink jy is heeltemal verkeerd met jou stelling waar jy vir Wright aanhaal (wat van jou eie opinie vir 'n slag?)

    Die feit is dat die HERE Jesus Christus se hele bediening hier op aarde van daardie uitsonderlike Goddelike Liefde getuig het  - die massas mense wat Hy bedien het ne gedien het, gesond gemaak het en hulle siele verlos het, wat Hy beskerm het teen geweld, ens.

    Dus, die HERE Jesus Christus het nie bestaan uit lippediens daaraan nie - soos wat vir julle belangrik is, nie, maar inderdaad uit die daad en doen van Liefde. Insiggewend hoe julle die doen van Liefde van die HERE Jesus Christus nie raaksien nie, maar net kyk hoeveel keer hy die woord gebruik het - en Sy gebruik daarvan is juis om die twee groot Liefdesgebooie van alle tye mee vas te lê - jy moet God liefhê met jou hele hart, siel en verstand en jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

    En dit is juis van daardie Liefde, deur God  - die HERE Jesus Christus in die Woord - geïnspireer (Handelinge 26:12-18), waarvan Paulus se mond letterlik oorloop, want die HERE is in sy hart en waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

    Net so ook in die Ou testament - ter wille van die Lewe het God die liefdeloosheid uitgewis soos dit vergestalt was deur die Goddelose, wreedaardige en veglustige volke wat Israel omring het. Let op die Mosaïese  wette, byvoorbeeld - algar daarop gerig om behoud van lewe en liefde en deernis te bevorder.

    Snaaks hoe julle dit regkry om te redeneer dat die uitroei van wreedheid en liefdeloosheid, self liefdeloos is. Dit laat mens besef dat julle glad nie begryp wat die begrip 'liefde' werklik beteken, nie. Vir julle is geregtigheid en dissipline blykbaar nie deel daarvan nie. Losbandigheid en bandeloosheid dalk wel? In welke georganiseerde en waardige gemeenskap kry jy dit?

    Elke keer ook verbasend om te sien hoe min julle van die dinge begryp en verstaan, die oomblik as julle jul monde daaroor oopmaak. En julle glo julself... omdat julle nie tot beter instaat is nie, dalk?

    En die 'julle' waarvan ek praat, is mense soos jy - ateïste en agnostici. Mense wat praat van liefde, maar dit nie werklik in aksie ken nie.

    Kobus de Klerk

  • 'n Groot grap! Kobus dink 'n metafoor is 'n hond met af oor, en nou wil hy vir Cornelius leer wat dit is. Ha, ha!

  • Kobus en Cornelius

    Kan julle nog die dae onthou toe Anton Barnard en Afrikaan mekaar so aanhoudend gekyf het, dat dit naderhand sieklik geword het?  Vandag is albei geskiedenis.

    Nouja.  Julle twee se gekyf op mekaar is soortgelyk, en ek glo nie tot stigting vir die lesers daarvan nie.

    Ek  trek nie party nie.  Teen die tyd het julle seker reeds agtergekom dat ek op hierdie werf nie partydig is nie.

    Cornelius.  Jy skep die indruk dat elke dam dingetjie waaroor Kobus skryf, moet jy hom neerhalend en persoonlik aanvat, en Kobus ek kan nie verstaan dat jy  met elke aanslag dit nodig vind om terug te kap nie.

    Daar kan waarde gelees word in albei se bydraes afsonderlik, en ek geniet ook veral ander lesers se response oor julle bydraes.

    Poog asseblief om mekaar eerder te ignoreer.

    Jaco Fourie

  • Kobus de Klerk

    Jaco, ek dink jy moet miskien bietjie meer sorgvuldig lees. Ek het nie 'n saak met Cornelius se opinie oor my as persoon, nie. Ek het 'n saak met sy lasterlike uitlatings oor die HERE, die Woord.

    Daar is talle gevalle waar hy my persoonlik probeer beledig waar ek dit gewoon net laat verbygaan omdat dit my eenvoudig net nie raak nie. Maar hy kan homself nie verhelp om sy obsessie met my ook in te wurm in die kommentaar wat hy oor sake Gods lewer, nie. Selfs waar hy met iemand anders praat. Dan reageer ek op sy snert en wys dit uit en dui ook sommer op sy liefdelose hantering van sy sogenoemde 'broer in Adam' in dieselfde asem as wat hy 'liefde' wil predik. Mens kom beswaarlik uit 'n gesprek waarby Cornelius betrokke is, sonder varktrapsels wat hy oral heen strooi.

    Ek dink as jy behoorlik lees, behoort jy darem hierdie dinge te kan agterkom.

    Terloops, as iets vir jou dan van waarde is, waarom verwerp jy dit? Ek skryf oor geloof in God en oor die almag van God's Woord. Jy sê daar kan waarde in gelees word  - waarom dit dan verwerp? Nee wat jong, jy is ook maar bevooroordeeld en partydig.

    Angus, om vir iemand te sê hy is 'n hond wat die hand byt wat hom help, is 'n metaforiese gebruik. Dalk moet jy iets probeer leer daaruit - iets meer as net die taalkundige fenomeen. Die enigste af-oor hier is jou geestesoor wat al afgevrot het weens onbruik - die dat jy nie kan hoor wat mens sê nie.

    Kobus de Klerk

  • HeHe Kobus!

    Jou uitgesproke Christentoon soos hierbo teenoor myself uitgespreek, moet seer sekerlik wees hoe jy Christus waarneem en wil naboots, en hoe jy dink Christus die mensdom sou aangespreek het.

    Dat ek geskryf het: "Daar kan waarde gelees word in albei se bydraes afsonderlik", kan seer sekerlik nie  gelees word dat ek waarde in AL julle twee se skrywes lees nie. Alles behalwe.  Tussen die kaf, vind ek tog hier en daar juwele wat vir myself waarde het. 

    Eintlik ondervind ek meer waarde en stimulus in ander lesers se response op julle briewe.

    Ek gaan beslis nie pêrels voor swyne (die KdK's soort) op hierdie werf gooi nie.

    Jaco Fourie

  • Hello Kobus, 

     
    Ongelukkig was my internet aflyn vir amper die hele week en het eers vandag weer aanlyn gekom. Daar is werklik nie veel waarop ek nou kan op reageer nie, behalwe dat die liefde is onlosmaakbaar deel van die mens tesame met 'n verskeidenheid van sielkundige aspekte positief en negatief wat geen goddelike insette vir die bestaan daarvan verlang nie. 
     
    Daarom dan die repliek in die vorige brief om die donker prent van wat van jy van die ongelowige skets, hou doodgewoon nie water nie. Vreugde, plesier, die liefde, vriendskap en alles wat goed is word deur die ongelowige ook ervaar en uitgeleef. 
     
    Hoe kan jou weergawe van die mens dan aanvaar word? 
     
    Homoseksualiteit, aangesien die onderwerp aangeroer is, net soos ras en geslag is mensgemaakte maniere waarvolgens 'n negatiewe oordeel oor ander gemaak word en nie een het 'n bestaansreg wat geregverdig kan word nie. 
     
    Die mensdom het aan beweeg en die kring van insluiting groer gemaak, selfs meer as wat godsdiens doen in baie gevalle.
     
    Die ongelowige kan daarom in sekere aspekte 'n beter lewe lei as die gelowige wat vasgevang is in dogma en vooroordeel. 
     
    Daar is geen weersin in my teenoor gelowiges nie, glad nie, maar die uitdaging staan, soms is die ongelowige veel meer menslik as wat die gelowige kan wees. 
     
    Ek wil nie veralgemeen nie en stel veel meer belang in die werklike aard van die mens. 
     
    Dit is die vraag? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Kobus et al,

    Lennon & McCartney bygestaan deur Ringo Starr en George Harrison seg dit dalk die beste:

    "All You Need Is Love"

    Love, love, love.Love, love, love. Love, love, love.
    There's nothing you can do that can't be done.
    Nothing you can sing that can't be sung.
    Nothing you can say but you can learn how to play the game.
    It's easy.
    Nothing you can make that can't be made.
    No one you can save that can't be saved.
    Nothing you can do but you can learn how to be you in time.
    It's easy. All you need is love. All you need is love. All you need is love, love. Love is all you need. All you need is love. All you need is love. All you need is love, love. Love is all you need.
    Nothing you can know that isn't known. Nothing you can see that isn't shown. Nowhere you can be that isn't where you're meant to be. It's easy. All you need is love. All you need is love. All you need is love, love. Love is all you need.
    All you need is love (all together, now!)
    All you need is love. (everybody!)
    All you need is love, love. Love is all you need (love is all you need).

    Jy was daar maar kan dit hier herleef:

    Ek wens ek was daar ...

    Kan dit eenvoudiger wees?

    It's easy. All you need is love.

    Durf 'n mens?

    Liefdegroete

    Wouter

  • Kobus de Klerk

    All you need is love… ja Wouter, all  you need is love.

    Ons almal kan daarmee volstaan en daarop floreer – dit is immers die belofte van God. Selfs die Beatles kon dit agterkom met hulle heerlike lied.

    Maar nou is dit nie so eenvoudig nie, wil dit voorkom.

    Jy sien, sodra die ouens hull eie interpretasies begin heg aan wat hulle as ‘liefde’ beskou, dan gaan die boodskap en die potensiële krag daarvan vir daardie mense verlore. Verál Lennon se interpretasie daarvan… Lennon se interpretasie van ‘liefde’ was uiters destruktief. Daardie selfsugtige selfbeheptheid wat hom gou-gou aan grootheidswaan laat ly het en in ’n uiters swak rolmodel vir sy jong aanhangers laat ontaard het – tot op die punt waar hy gelieg en gelaster het dat hy meer gewild as die HERE Jesus Christus is… tipiese agnostiese optrede en eiewaan. Sy uitlewing van sy eie liefdesboodskap was só vals dat hy toe meer vyande as vriende gemaak het. So selfbehep was hy met homself dat hy aanstoot geneem het oor ’n aanmerking van sy groupie en seksmaat May Pang dat hy haar probeer verwurg het in teenwoordigheid van ander, wat hom fisies moes bedwing. Van sy seun, Julian, was hy vervreem – waarskynlik ook oor jaloesie oor Julian begin musiek maak het. Teenoor Harrison was hy woedend omdat dié hom nie in Harrison se outobiografie as die belangrikste invloed in sy (Harrison) se loopbaan beskrywe het nie – trouens, Harrison het hom nie eens vermeld nie. Daaroor het die selfbehepte Lennon ’n publieke bohaai gemaak. Die uiteinde? Vir dié ridder ’n gruwelike, gewelddadige magtelose, vernederende dood.

    Net so ook met baie ander agnostici wat hulself hoër ag as God, as die HERE. Hoeveel van hulle sterf nie in haglike omstandighede hopeloos en vernederd van pessiektes soos vigs, nie?

    McCartney het na die afsterwe van sy moeder, sy katolieke kerk bande verbreek, nie baie lank nadat hy ’n ode aan Maria, in stede van die HERE Jesus Self, met sy treffende lied "Let It Be"  gebring het, nie. Nou is hy ’n dobberende New Ager wat tot ridder geslaan is deur die koningin. Sy mede orkeslede het algar vertel hoe ’n onverdraagsame, selfsugtige en eiesinnige mens hy is… selfde tipe selfverheffing soos Lennon, net nie heeltemal so erg soos Lennon nie. Dit is eintlik net Harrison wat iets sinvol behou het van hul ode aan die liefde… hy het hom in ’n stadium gewy aan liefdadigheidswerk in Suidoos-Asië en veral Bangladesh. Hierdie werk van hom en Ravi Shankar was die begin en aansporing van die talle internasionale liefdadigheidsinstansies en okkasies wat ons vandag sien. Wie van ons wat uit daardie era kom, sal Harrison se treffende en besielende gebed-liedere maklik vergeet - die Concert for Bangladesh treffers "Give Me Love, give me peace of earth…" en "My Sweet Lord", waarmee hy harmonie tussen die verskillende religieë met die Christendom probeer bewerkstellig het. Terwyl Lennon se walglike destruktiewe agnostiese selfliefde-interpretasie ’n wrang smaak in ons nagedagtenis aan hom laat, laat Harrison se onbaatsugtige meer opregte liefde ’n aangename geur wyl geeneen perfek is, nie.

    So, waarom die ode op die baadjie takseer, Wouter? Kyk eerder hoe verwronge Goddelose selfsugtige ‘liefde’ uiteindelik negatiwiteit en ongeluk meebring. Dit is nie liefde nie… Die HERE Jesus Christus het werklike Liefde gedemonstreer en ook die twee Groot Gebooie dienooreenkomstig gedefinieer.

    So, Wouter, uiteindelik is dit nié so eenvoudig nie. Maar die potensiaal is by ons almal daar… dit is die hoop, die vooruitsig en die eenvoudige Waarheid.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus, 

     
    Ek moet erken ten spyte van alles hou ek van Macca, dit is asof hy plat op die aarde is, of dan ten minste so oorkom maar voorkoms is soms bedrieglik so daarop sal ek nie kan uitbrei nie, maar was sy huwelik met Linda Eastman nie beskou as 'n 'rare' liefdesverhaal in die musiekbedryf nie? 
     
    Lennon aan die ander kant kom nogal selfbelangrik oor, maar onthou ek wel 'n program wat oor sy lewe gegaan het en die VSA hom hof toe gesleep het, as 'n persoon met 'n humorsin, ironies en sonder twyfel skerpsinning. 
     
    Ek het lanklaas na die twee here se solo musiek geluister maar altwee kom oor in hul lirieke as mense met empatie en insig in die menslike kondisie. 
     
    Wie kan 'Imagine' vergeet, 'imagine no heaven, it is easy if you try'.....maar in die geheel is dit 'n positiewe snit, so ook, 'give peace a chance'.
     
    Het Lennnon ook darem nie later probeer reg maak die stelling van hom dat hul 'bigger as Jesus' sou wees nie?. 
     
    Geen wonder jy is nou nog vies vir hom nie en dan help sy opmerkings oor geen hemel ook nie sy saak by jou nie. 
     
    Dankie vir die onthou van George Harrison se 'My Sweet Lord', aangesien met die plasing van my kommentaar is dit die liedjie wat ek probeer onthou het, maar nie kon oproep nie. 
     
    Dit is 'n goeie een na al die jare. 
     
    Ek weet nie of jy in die video, dalk ou 'rubberlips' Mick Jagger gesien het nie, nogal heel aantreklik, sou dit nooit kon raai soos hy nou daarna uitsien nie. 
     
    Verskoon tog die gay oomblik. 
     
    Jy kan iets skryf oor Bonnie Tyler dalk? 
     
    It is nothing but a heartache, al hierdie liefdesliedjies. 
     
    But what is wrong with silly lovesongs? 
     
    Niks nie
     
    Speels, speels, om aan jou te probeer verduidelik dat liefde behoort aan ons almal, eg menslik en daar sonder kan ons nie.
     
    Jy voer aan dat kom van God en die idee van God is liefde is bekend en deel van ons dialoog so dit kan staan. 
     
    Hierdie is nie die vertaling wat ek sou wou gebruik het nie, maar dit is van Dante na sy finale visie van God, Christus en die Heilige Gees: 
     
    Here powers failed my high imagination:
     
    But by now my desire and will were turned,
     
    Like a balanced wheel rotated evenly, 
    By the Love that moves the sun and the other stars.
     
    Die Liefde wat die planete en sterre en alles daar gestel het en onderhou en ook so Dante se onderwerping met begeerte en wilskrag aan daardie liefde. 
     
    Die volgende is die romantiese idee van liefde, die bron van 'n duisend romantiese komedies, die soeke na daardie een:
     
    'First you must learn what human nature was in the beginning and what has happened to it since, because long ago our nature was not what it is now, but very different. There were three kinds of human beings, that’s my first point—not two as there are now, male and female. In addition to these, there was a third, a combination of those two; its name survives, though the kind itself has vanished'.
     
    'n Mite soos vertel deur Plato. 
     
    Nou nog, 'die een', die soeke na die een wat die persoon heel maak. 
     
    So daar is sekerlik soveel tipes liefdes soos daar mense is en dit was die doel van die skrywe om die liefde vir almal hier terug te eis en dit nie net te laat in die vertelling wat jy gebied het nie. 
     
    Hoe kan dit dan anders wees?
     
    Baie dankieWouter
     
    Ns, ek wou ThreeDog Night se song ook plaas met die refrein: 
     
    Joy to the world 
    All the boys and girls now 
    Joy to the fishes in the deep blue sea 
    Joy to you and me 
     
    Maar dalk sal die jou meer welgeval, die meer ernstiger Ode to Joy: 
     
    Be embraced, Millions! This kiss for all the world! Brothers!, above the starry canopy
     
    A loving father must dwell.
     
    Can you sense the Creator, world? 
     
    Seek him above the starry canopy.
     
    Above the stars He must dwell.
     
    Hierdie dan ook die 'anthem' van die EU en 'n kern in die film van Krzysztof Kieslowski, Three Colors Blue.....
  • Hello Kobus et al, 

     
    Tesame met bogenoemde aspek, veral die negatiewe lig waarin jy Lennon & McCartney probeer stel het, bring 'n ander baie belangrike aspek na vore. 
     
    Staan die kunstenaar apart van haar werk en is die oordeel wat oor die kunstenaar gelewer word, indien dit negatief is, 'n negatiewe oordeel oor die werk ook? 
     
    Van die voorbeelde is Wagner se anti-semitisme, beteken dit dat geen opera van Wagner is meer aanvaarbaar nie, so ook met TS Eliot, moet 'Wasteland' vermy word, die kritiek wat TS Eliot beoefen het en die 'opheffing' van John Donne waarvoor hy beywer het. 
     
    Alles tot niet en dit moet vermy word? 
     
    So ook Philip Larkin, in lewe klaarblyklik 'n erg onplesierige persoon, is die se digkuns nou volkome onaanvaarbaar. Hy was dan so 'n 'slegte persoon' en het 'n harde tyd met vrouens gehad en was heel moontlik 'n rassis. Dus glad nie 'n persoon met wie ek as 'n liberale persoon sou aanklank vind nie, maar het al hier met goedkeuring van sy gedigte geplaas. 
     
    Daarom dan 'n goeie digter, maar dalk nie so 'n 'goeie' mens nie. 
     
    Selfs my held, George Steiner is indien reg verstaan word, 'n korrelkop, maar dan sy werke, ek kan nie genoeg daarvan kry nie. 
     
    Isaiah Berlin was beide 'goed' as mens en liberaal en menslik in sy werke, maar nie 'gelowig' nie. 
     
    Wat van Lewis Carroll en sy voorliefde vir jong kinders, meisies, 'n pedofiel in denke?
     
    Daarom dan die kunstenaar versus die werk. 
     
    Wat sal 'n mens kies? 
     
    DH Lawrence, met sy eie gay oomblikke, 'n euwel volgens jou, vertel ons, 'trust the tale not the teller'. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, Vir die wat nog hier lees. 'n Beter vertaling is gevind asook notas wat die aanhaling hierbo verduidelik: 

     
    The Divine Comedy (Dante Alighieri) (John Ciardi vertaling)
    Location. 16351-53 
     
    Here my powers rest from their high fantasy, but already I could feel my being turned—instinct and intellect balanced equally   as in a wheel whose motion nothing jars—by the Love that moves the Sun and the other stars.
     
    Die notas wat veel langer is as die enkele vers is soos volg: 
     
    The Divine Comedy (Dante Alighieri)
    Location. 16384-86

    The central metaphor of the entire Comedy is the image of God and the final triumphant in-Godding of the elected soul returning to its Maker. 

    On the mystery of that image, the metaphoric symphony of the Comedy comes to rest. 

    In the second aspect of Trinal-unity, in the circle reflected from the first, Dante thinks he sees the image of mankind woven into the very substance and coloration of God. He turns the entire attention of his soul to that mystery, as a geometer might seek to shut out every other thought and dedicate himself to squaring the circle. In Il Convivio , II, 14, Dante asserted that the circle could not be squared, but that impossibility had not yet been firmly demonstrated in Dante’s time and mathematicians still worked at the problem. Note, however, that Dante assumes the impossibility of squaring the circle as a weak mortal example of mortal impossibility. How much more impossible, he implies, to resolve the mystery of God, study as man will. The mystery remains beyond Dante’s mortal power. 

    Yet, there in Heaven, in a moment of grace, God revealed the truth to him in a flash of light—revealed it, that is, to the God-enlarged power of Dante’s emparadised soul. On Dante’s return to the mortal life, the details of that revelation vanished from his mind but the force of the revelation survives in its power on Dante’s feelings. 

    So ends the vision of the Comedy, and yet the vision endures, for ever since that revelation, Dante tells us, he feels his soul turning ever as one with the perfect motion of God’s love.
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top