Die media gons weer deesdae oor die onderwerp.
In die Woord word homoseksuele aktivisme as ’n gruwel voor God verbied. God beskou dit as abnormaal vir die mens om só te doen, omdat Hy die mens nie so geskape het nie.
God sou dit nie só tipeer as dit nie so is nie. Tot vandag toe, wys die natuurlike omgang van mense dié fenomeen.
Tog is daar oor die eeue heen diegene, wel vêr in die minderheid, wat hierdie sondigheid bedryf asof dit nie ’n probleem is, nie. Maar, ’n probleem is dit wél en dit word steeds nie wêreldwyd in enige enkele land net klakkeloos aanvaar nie – net die mate waartoe mense hulle misnoeë te kenne gee, verskil wyd. Krap onder daardie fineer van stilte en die ware gevoelens van weersin daarin van mense oor die algemeen, kom na vore. Trouens, die algemene onaanvaarbaarheid is só prominent onder die oppervlak, dat dit nie onderdruk kán word nie. Dit sien ons by die optrede van die talle homoseksuele aktiviste se kampanjes en veral die dinge waaroor hulle kla. Selfs (en veral …) in liberale en humanisties sekulêre samelewings voer hulle stryd vir wetgewing wat hulle lewensfilosofie op meerderhede afdwing – wat nie nodig sou wees as hulle lewensfilosofie werklik aanvaar sou word, nie.
Nêrens op aarde was en is daar egter ooit sodanige wetgewing wat heteroseksualisme moet afdwing teenoor meerderhede nie – vir die eenvoudige rede dat heteroseksualisme vir alle tye nog, as normaal aanvaar is en homoseksualisme, as nie normaal, nie.
As homoseksualisme as normaal beskou sou word deur die breë wêreldgemeenskap, sou dit vir homoseksualiste glad nie nodig wees om aktiviste op te rig en om dwingende wetgewing wat hulle ‘beskerm’, af te dwing nie.
Homoseksuele aktiviste leef die leuen dat dit normaal is en verkondig dit so en as iemand sê dit is nie, wil hulle só ’n persoon kasty. Hulle het ’n arsenaal van wette en ander dwingende maatreëls om hulself op ander af te dwing asof dit so hoort. Tog vind niemand dit nodig om aanstoot te neem wanneer daar gesê en aanvaar word dat heteroseksualisme normaal is, nie en niemand het nog ooit nodig gehad om hul heteroseksuele lewenswyse op iemand anders af te dwing nie – almal aanvaar dit as vanselfsprekend en normaal.
Dus, daar is ’n onoorbrugbare gaping tussen homoseksuele aktiviste se oneerlike aanspraak op sogenaamde ‘normaliteit’ wat hul lewensfilosofie volgens gangbare breë norme aanbetref en die werklikheid – dit word uitgelig en uitgespel deur die talle aktivisme aksies wêreldwyd, wat oorbodig sou wees as hulle reg was. Hulle eie optrede lê dus klem op die leuen wat hulle lewe.
Daarmee gee ons nie te kenne dat hulle nie plek in die samelewing het nie – maar ons sê dat hulle nie hulle plek kan afdwing ten koste van ander se belange – die oorgrote meerderheid s’n – sonder om een af ander tyd langs daardie weg af, ’n ernstige probleem in die gesig te staar, nie.
Die laaste paar jaar word die belange van onskuldige klein kindertjies ook daardeur geraak.
Navorsing deur die Boston Universiteit se pediatriese fakulteit in samewerking met die American Academy of Pediatrics het tot die gevolgtrekking geraak dat kinders in verbintenisse met homoseksuele ouers, nie swakker af is nie en, kortom, dat hulle ‘just fine’ is en selfs in sommige gevalle meer ‘fine’ as by natuurlike en heteroseksuele ouers …
Maar die Amerikaanse appèlhof het redelik onlangs in die saak van Doe vs Pryor, ’n federale hof se bevinding dat kinders in homoseksuele verbintenisse benadeel word weens die gevolge van die seksuele oriëntasie van die homoseksualiteit van die ‘ours’, bevestig. Ons weet dat sulke howe swaar steun op die opinies van deskundiges na alle kante toe.
Nóg ’n saak in die Amerikaanse Appèlhof het so onlangs as Maart vanjaar bevind dat dit hoegenaamd nie gesê kan word dat kinders in homoseksuele ‘huwelike’ nie daardeur benadeel word, nie, by monde van regter Scalia, juis as gevolg van die feit dat deskundiges daaroor diep verdeeld is, met die oorgewig aan die kant van die deskundiges wie sê dit is skadelik. Hierdie saak gaan oor ’n mosie deur homoseksuele aktiviste vir die blanko wettiging van homoseksuele ‘huwelike’ in alle Amerikaanse state – ’n mosie wat afgekeur is. Natuurlik trek die homoseksuele aktiviste te velde teen die beslissing.
Die kritici van hierdie beslissings wend hulle vierkantig tot die bevinding van die studie wat deur die American Academy of Pediatrics gedoen is.
Maar kom ons kyk of die regters werklik nie beter insigte het as die klomp aktiviste nie – iets wat baie onwaarskynlik is, omdat regters opgelei is en selfs onder eed staan om objektief te wees, terwyl akademici dit dikwels baie beslis nie is nie en heel dikwels die vooropgestelde agenda het van die finansierders van die navorsingsprojek – dié óú waarheid wat lui, wiens brood men eet, wiens woord men spreek …
Dit ly geen twyfel dat die regters korrek is in hul benadering, nie.
Soos hoofregter Roberts, na aanleiding van ’n argument deur ’n pro-homoseksuele huwelik aktivis, dat “the label ‘marriage’ means something,” opgemerk het “If you tell a child that somebody has to be their friend, I suppose you can force the child to say, ‘This is my friend.’ But it changes the definition of what it means to be a friend.”
Presies dieselfde doodsteek kan die argument ten gunste van homoseksuele ‘ouerskap’ toegedien word. Jy kan ’n kind dwing om te sê sulke mense is sy ‘ouers’, maar dit mors met die werklike en gevestigde betekenis van ouerskap en in sulke dwang is daar géén vryheid nie …
Hou sommige homoseksuele mense daarvan om in sulke gedwonge omstandighede te leef? Blykbaar … maar hoe onnatuurlik.
Só wil homoseksuele aktiviste hê dat hele gemeenskappe en samelewings gedwing moet word om te maak asof sulke dinge ‘normaal’ is – solank hulle net in die oor daaroor gestreel word, ongeag die onaanvaarbaarheid daarvan, ongeag die weersin wat dit verwek, wat soms liederlik uitbars teen hulle en jy hulle dan sien lamenteer en skreeu in die openbaar asof hulle nie weet waar dit vandaan kom, nie …
Dit sê baie van sommige homoseksuele aktiviste en dit sê niks goeds vir hulle nie, daardie dwingelandy wat hulle wil afdwing nie. Hulle maak aanspraak op hul eie regte direk ten koste van die regte van die onskuldige kinders wat sulke werkswyse ten prooi val.
Hoewel die protagoniste van kinders in homoseksuele verbintenisse staatmaak op navorsing wat oor 30 jaar kom, moet daar na dié navorsing gekyk word om te sien wat werklik daar gebeur. Terme en begrippe soos pediatrie en vroeë adolessensie kom deurgaans voor – wat daarop dui dat daar met kinders gewerk word wat nog nie volwasse en seksueel gevorderd genoeg is om vir hulself ingeligte besluite te maak nie. Pediatrie verwys na kleuters en vroeë adolessente verwys na vroeë tienerskap – in beide gevalle sal die jeugdigheid van die betrokkene kinders hulle geheel en al onbevoeg maak om werklik hul standpunt of selfs gevoelens daaroor, te stel. Ook nie vreemd dat dié onbeholpe jong kinders geteiken word nie – ek wonder nie regtig wat die normale, heteroseksuele jongmense as ‘kinders’ van sulke homoseksuele ‘ouers’ se opinie sal wees, wanneer hulle by die huis aankom en hulle kys (van die teenoorgestelde geslag) en dan moet sien hoe twee mense, die ‘ouers’ van dieselfde geslag, mekaar intiem bejeën nie – ek dink dit sal die laaste sien van die kys wees, wie sal hasepad kies en net nie weer terugkom nie, terwyl dit selfs meer moeilik is vir die normale heteroseksuele kind, maar wat vasgevang is in daardie omstandighede en vir wie dit net so aanstootlik is om te sien hoe sy twee selfde geslag ‘ouers’ met mekaar intiem omgaan … Dit is hoegenaamd nie net ’n sosiale ding nie, dit is ’n kwessie van ’n diepe, inherente weersin en selfs walging wat die normale geslagsryp jongmens het in die manewales van sulke selfde geslag mense – of hulle nou ‘ouers’ genoem word of nie.
Sulke kinders in sulke omstandighede sal die dag van hul geboorte verwens vanweë die gedwonge omstandighede waarin hulle hul bevind en ingedwing is terwyl hulle geen seggenskap en keuse daaroor had.
Maar hulle opinies en bydraes sien jy nie in hierdie sogenaamde navorsingsprojekte van die protagoniste van homoseksuele verbintenisse nie.
Die Amerikaanse Family Research Council van Washington in samewerking met die Texas Universiteit se departement sosiologie se in-diepte navorsing weerlê die mite dat homoseksuele ‘ouerskap’ nie nadelig is vir kinders, nie.
Daarin word sommige sosiale en emosionele aspekte vermeld, in vergelyking met eweknieë uit normale heteroseksuele ouerhuise, waaruit dit duidelik blyk dat sulke kinders wat grootgeword het by homoseksuele ‘ouers’, later ernstige wanaanpassings toon wat nie normaalweg by kinders uit normale huwelike, bemerk word, nie.
Dit sluit in dat sulke kinders nie in permanente verhoudings wil betrokke raak nie; Is so onseker van hulself dat hulle tot 4 keer meer geneig is om bystandsorg afhanklik te wees as ander in normale omstandighede en is ook tot 3 maal meer geneig om werkloos te wees of om voltydse poste te beklee; Is verward oor eie seksualiteit en is tot 4 maal meer geneig om hulself te beskryf as iets anders as heteroseksueel; Is tot 3 keer meer geneig tot buite-egtelike verhoudings terwyl hulle getroud is of kohabiteer met iemand; Is 10 keer meer blootgestel aan seksuele betasting en teistering deur so ’n ‘ouer’ of oppasser; Kla 4 keer meer dat hulle teen hulle sin fisies gedwing is om seksuele omgang te hê; Is meer geneig om wantrouig te wees of van ander afhanklik te wees; Rook meer en gebruik meer gereeld dwelms soos marijuana; Geneig om veel meer tyd voor die TV deur te bring weens asosiale neigings; Raak veel meer betrokke by meer ernstige misdrywe waarop hulle skuldig pleit; Kla meer oor depressiwiteit; Raak meer betrokke by seksuele losbandigheid met beide geslagte.
Wat ook kenmerkend is, is dat hierdie deeglike objektiewe studie ’n evaluering doen van ongeveer 59 studies waarop die American Psychological Association steun om te beweer dat “Not a single study has found children of lesbian or gay parents to be disadvantaged in any significant respect relative to children of heterosexual parents”.
Die bevinding van objektiewe evaluering is egter dat dié materiaal onbetroubaar is omdat dit mank gaan aan die wetenskaplike metode in die volgende opsigte “Seven central questions address: (1) homogeneous sampling, (2) absence of comparison groups, (3) comparison group characteristics, (4) contradictory data, (5) the limited scope of children’s outcomes studied, (6) paucity of long-term outcome data, and (7) lack of APA-urged statistical power. The conclusion is that strong assertions, including those made by the APA, were not empirically warranted.” Dit is duidelik dat die 59 sogenaamde ‘studies’ kenmerkend onderneem is op die basis van vooropgestelde pro-homoseksualistiese aktivistiese agendas en sien mens weereens daardie gerigte selektiwiteit in die keuse van materiaal en deelnemers.
Dieselfde kan ook gesê word van die Australiese studie wat onlangs deur die universiteit van Melbourne onderneem is. Hulle het gemeen getalle gaan die ding vir hulle doen, nie die kwaliteit, nie – hulle het 500 klein kindertjies en ongeveer 315 homoseksuele en biseksuele ‘ouers’ betrek en hoofsaaklik gekonsentreer op algemene gesondheid en skolastiese prestasie aspekte. Weereens die klein, goedgelowige en beïnvloedbare kindertjies, weereens die betrokke ‘ouers’ self - waarom word daar gedink dat dié ‘ouers’ hulself in die openbare oog eerlik sal diskrediteer met die waarheid?
Net so ook die resultate van die sogenaamde National Longitudinal Lesbian Family Study wat al in 1986 onderneem is, toe daar ’n groot insidensie van lesbiërs was wat kinders wou aanneem. Die respondente van dié ‘studie’ was die terugvoer van die 154 lesbiese ‘moeders’ self en ook 78 vroeg-adolessente kinders … wééreens die gebrek aan kontroles en objektiwiteit.
Absoluut géén kontrole of objektiwiteit, nie en derhalwe geheel en al onwetenskaplik en onbetroubaar. Dan wonder mens ook, waarom net 78 vroeg-adolessente kinders? Waar is die ander ten minste 76 kinders (op die veronderstelling dat die oorblywende 76 lesbiërs net elkeen een kind aangeneem het) se opinies? Is hulle weggelaat omdat hulle ouer is en hulle kommentaar en terugvoer die vooropgestelde resultaat van die sogenaamde ‘studie’ sal verongeluk? Moet wees … Dit is soos om vir iemand te vra om sy eie optrede na sy eie maatstawwe te beoordeel. Hoe belaglik onwetenskaplik en ontoereikend. By al hierdie sogenaamde ‘studies’ kom die raak aanmerking van hoofregter Roberts (wat ek reeds hierbo aangehaal het) weer só goed te pas en plaas die werklike perspektief op dié resultate.
Dit is die beste om die woord en integriteit te aanvaar van iemand wat direk betrokke is en ook sy verduideliking, as biseksueel, waarom so baie van hulle eerder stilbly. Die ergste aanklag teen die aktiviste is dat dié persoon nie sy homoseksuele ouers haat en verafsku nie, maar doen hy dit op grond van die absolute onaanvaarbare onnatuurlikheid daarvan waar ’n kind natuurlike ouerskap van ’n vader en moeder ontneem word by dwang – selfs in die geval waar hy ’n biseksueel is. Hy is die stem vir vele, soos hy sê, wat te bang is om in die ope te kom met hulle ongelukkigheid en ook die stem van kindertjies wat nog hierdie lot te beurt gaan val. Intimidasie? Hoekom anders sal hulle bang wees om te praat …
Hy is mos darem ook nie alleen nie – hierdie homoseksueel se wysheid en opoffering deurpriem die kruks van die saak en die behoefte van elke kind waarlik. Sy homoseksuele oriëntasie is vir die normale mens weersinwekkend, maar sy bestuur en hantering daarvan in die posisie waarin hy hom bevind, by keuse, ’n positiewe inspirasie. Dit is die resultaat van eerlikheid en werklike selfloosheid. Hierdie homoseksuele man toring soos ’n reus bo sommige van sy mede homoseksuele uit. Ek glo daar is nog baie van sy kaliber. En hy het die satisfaksie om te weet hy is reg in sy benadering omtrent sy oriëntasie, die belange van kinders en die bestuur daarvan as vader en hy sien, beleef en smaak die suksesvolle resultate daarvan daagliks.
Sy redes waarom kinders nie hul natuurlike ouers – al is hulle geskei – ontneem moet word nie, is die doodsteek van enige homoseksuele aktivis se argument – daardie deurlopende natuurlike interaksie tussen ’n kind en sy heteroseksuele ouers wat só kritiek belangrik is – selfs al is die ours geskei (nie ideaal nie, maar steeds vir die kind toeganklik).
Ander ingeligte opinie weerspreek ook die homoseksuele aktiviste se aannames en wetenskaplik (ten minste) oneerlike vooropgestelde agenda studies.
Dieselfde sekulêre humanistiese aktiviste wat die sogenaamde ‘regte’ van homoseksuele mense propageer om kinders aan te neem, sowel as die homoseksuele wat dit doen – hulle doen dit immers ter wille van hul eie selfsugtige behoeftes om ’n sosiale punt te maak – vergryp hulle aan die regte van sulke kinders, wat in sulke omstandighede ingeboender word sonder dat hulle regte hóégenaamd in ag geneem word – veral hul reg tot vrye keuse ... iets waarop die homoseksuele ‘ouer’ vir homself aandring, maar dit nie vir die kind gun, nie.
Kortom – as ’n normale, heteroseksuele tienderjarige kind sonder ouers voor die keuse gestel word om deur homoseksuele of heteroseksuele ouerpaar aangeneem te word of selfs in pleegsorg geplaas te word, sal die keuse voor die hand liggend wees en natuurlik kom – teen die homoseksuele ‘ouers’.
Hoe kan sulke dinge in ’n vrye en ordelike samelewing toegelaat word?
Dit is hoog tyd dat kinders teen sulke vergrype beskerm word, teen die hipokriete wat kamstig so veldtog voer vir menseregte, maar nie skroom om húlle, sulke kinders, se regte flagrant te vertrap, nie.
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus:
Ag nee, wat, Brianvds, dit was nog nooit nodig om heteroseksualisme met wetgewing af te dwing nie. Dit was nog altyd, net soos nou, natuurlik.
Ons as normale heteroseksuele mense vind dit baie sorgwekkend dat onskuldige kindertjies letterlik gedwing word om in so 'n onnatuurlike situasie opgevoed te word, en daarom vind ons dit nodig om daaroor navorsing te doen en die saak uit te wys.
As jy meer oplettend was, sou jy die obsessie by die homoseksualistiese by die aktiviste daarvan sien, wat die wêreld toegooi met kamstige 'navorsing' wat hulle onnatuurlike saak kwansuis 'bevorder'. Dit is tragies om te sien wat die bona fide wetenskap aangedoen word deur die verskillende Goddeloses, wat nog te sê die Gebod van God.
Ons wie daarop reageer as die goed in ons rigting waai, is dus nie die obsessiewe partye nie.
Maar jou reaksie is baie duidelik - jy gee nie 'n flenter om oor die belange en regte van sulke kindertjies nie. Solank julle net jul sin kan kry.
Die bewerings wat jy maak oor die oriëntasie van mense soos ek wat daarop reageer, dat hulle kwansuis homoseksuele neigings het, is snert en jy weet dit - dit is maar 'n bewering wat 'n truuk is van julle soort om diegene wat die onnatuurlikheid daarvan uit te wys, te probeer stilmaak. Sulke ooglopend leuenagtige taktiek werk glad nie.
Dit is skandelik.
Kobus de Klerk
Nou ja Kobus, siende jy so bekommerd is oor kinders wat in onnatuurlike omstandighede grootword, is jy seker dan wel ten gunste van aanneming deur nudiste? Siende dit onnatuurlik is om klere te dra, en nudiste dus nader aan die natuur is?
Brianvds,
Nudiste doen dit vir hul onnatuurlike plesier en dit is ook skadelik om kinders as deel van hul opvoeding daagliks daaraan bloot te stel. Tog is dit nie naastenby so onnatuurlik soos die aspekte wat in die artikel hierbo weergee word, nie.
As jy niks het om te sê nie, dan raak jy die goed kwyt wat jy nou mee besig is...
Jy hoef glad nie jouself te verduidelik met nog meer onsinnige uitlatings nie. Jy dra ongelukkig niks by na enige kant toe tot die onderwerp nie en is net besig om jou eie agenda te probeer promoveer, wat niks met die gespreksonderwerp te make het nie. Dit is dus nie die tipe gesprek wat hier tuishoort nie.
Kobus de Klerk
Kobus:
Brianvds,
Op jou maatstaf geneem, kan jy dus ook nie peil trek op die natuurlike natuurwette nie. Op niks nie.
Jou antwoord is net kenmerkend van die las wat julle agnostici deur die lewe mee moet sukkel - selfs dit wat maklik vasstelbaar en onderskeibaar is, is vir julle 'ietwat betekenisloos'. Soveel onsekerheid, soveel twyfel en soveel onbestendigheid. Met enige definisie sal jou ook fout vind, al is dit hoe geldig, want dit is hoe julle as agnostici maar eenmaal is. Draadsitters - tot die mate dat julle 'n kuns daarvan maak om draad te sit en nooit na een of ander kant toe af te klim, nie. Al waarvan julle seker is, is julle plekkie op die draad. Dit is net so onnatuurlik soos die onderwerpe wat in die artikel bespreek word.
Ek bedoel dit nie as 'n belediging nie. Dit is 'n waarneming wat ons keer op keer sonder uitsondering maak in gesprekke met julle. Dit is waarom julle God nie kan uitstaan nie - want God is sekerheid en standvastigheid, net soos die prinsiepe van Sy skepping, so ook die prinsiepe van Sy Spirituele skepping.
Dit is ook waarom gesprekke met julle net nie enduit kan vlot nie. Eintlik kom dit net nooit van die grond af op nie. En die ergste is dat julle dit van ons ook verwag en beledigend en verwytend raak wanneer mens seker is van jou saak en daaroor standpunt inneem - dit word deur julle as 'fundamentalisties' afgemaak.
Dus, jy het jou punt probeer maak, maar net in die konteks van jou eie onsekere verwysingsraamwerk.
Ons is, weereens, wêrelde uitmekaar en ek dank die HERE vir Sy genade dat ek as gelowige kan onderskei tussen wit en swart en grys - ook op Spirituele gebied. Julle lewe bestaan uit kleurlose grys, lyk dit vir my en dit moet hel wees.
Kobus de Klerk
Hello Kobus,
Wouter,
Ek glo nie jou kritiek is teen Brianvds gerig nie … Is dit nie ironies hoe julle (die agnostici) geneig is om sulke aanhalings en slagspreuke van ander aan te haal met ’n beskuldigende vinger na iemand wat gewoon net nie met julle kán akkoord gaan, vanweë die radikale afwykings wat julle standpunte verteenwoordig, nie, terwyl julle self daaraan verantwoord?
Maar gesien dat julle (die agnostici) algar die radikale minderheid verteenwoordig met júlle ‘convictions’ – oortuigings - en dit júlle is wat berugtheid verwerf het daarvoor dat julle absoluut alles betwyfel en, soos Claassen sê, twyfel as die skaduwee van die waarheid bejeën, wat dan tot gevolg het dat julle nóóit by die waarheid uitkom nie, maar voortdurend twyfel omhels – soos ’n sluier oor die oë, is jou kritiek juis op julle van toepassing. Dus, met die vinger wat jy na my en ander soos ek wys, sien jy klaarblyklik nie die ten minste drie vingers raak wat direk na jou terugwys nie … Julle moet maar versigtig wees met julle kritiek en kommentaar want dit is feitlik sonder uitsondering geldige kritiek teen die ou wat voor julle in die spieël staan.
Net soos jou Pew meningsopnames oor die aanvaarbaarheid van homoseksualiteit wat jy elders noem. Ek betwyfel nie werklik Pew se bevindinge nie, maar inderdaad jóú interpretasie daarvan. Al wat Pew aandui is dat die meerderheid mense nie homoseksuele as mense uit die samelewing wil ban nie, maar dat hulle sulke mense daar verdra … mits sulke mense hul afstand behou, selfs in ’n sekulêre wêreld … en ek wonder of jy besef wat dít impliseer. My Christelike oortuiging belet my geheel en al om homoseksuele persone te verwerp en is die resultate dus nie verbasend nie, maar jy moet glad nie aanvaarding van daardie lewensfilosofie daarin lees nie. Dit is eerder ’n kwessie van parallelle samesyn, as ’n kwessie van geïntegreerde samesyn. Na alles, God laat Sy son skyn oor álmal op aarde … en mag ons as gelowiges en dienaars van God nie sulke mense wegwens nie. Wyl ek in my hart haat wat die homoseksualis in sy slaapkamer bedryf het ek die mens wat dit doen, steeds lief met die liefde wat God in my hart plaas – en dit is opregte medemenslike omgee liefde wat met die erotiese hoegenaamd niks te make het, nie.
Die Amerikaanse hofsake wat jy elders noem en wat ek na verwys, onderstreep juis die punt wat ek in die artikel hierbo maak – hoe die homoseksuele aktiviste nodig het om hulself na dwingelandy te wend júís vanweë die onnatuurlikheid en algemene onaanvaarbaarheid van dit wat hulle as lewensfilosofie voorstaan en wil inforseer. Jou bespreking elders van dié hofsake, ironies genoeg, onderstreep juis dié punt wat ek maak – laat die klem val op die algemene omstredenheid van die homoseksuele lewensfilosofie.
Dit is tog duidelik – as die wêreldgemeenskap werklik so akkommoderend teenoor die homoseksuele lewenstyl was soos wat jy insinueer en soos wat jy die Pew interpreteer, sou sulke dwingelandy tog nie nodig wees nie. Só logies – en dit is dié houding van julle waarmee julle dié eenvoudige logika en feit verwerp, wat maak dat die vinger wat jy na my wys met jou stelling van Festiger wat jy aanhaal, wat die vinger na die ou voor jou in die spieël wys en die ander drie vingers na die ou wat voor die spieël staan. En dit sal erger word vir julle, deur jul eie toedoen.
Het julle gedink dwingelandy is ’n aanvaarbare sosiale tegniek? Dit veroorsaak net meer gebelgdheid en gegriefdheid. Boonop sal kinders wat nou so deur homoseksuele ‘pare’ aangeneem word, grootword en húlle sal die uitskot word wat wanaangepas is en hulle kindertyd verwens en hulself só in die samelewing laat geld daarteen waarvoor julle vandag veldtog voer. Ek het reeds na een van hulle verwys en daar is klaarblyklik báie van hulle.
Kobus de Klerk
M a w Kobus kan nie vir ons enige duidelike definisie gee van wat hy bedoel met "natuurlik" nie, maar wil nietemin daaroor preek. Lyk my "onnatuurlik" beteken "dié stel dinge waarvan Kobus nie hou nie".
Hello Kobus,
Hello,
Wouter,
Ek volg jou verduideliking, maar ek dink jy besef steeds nie die punt wat ek maak, dat, wat ookal die regters bevind, dit juis dui op die verdeeldheid en die feit dat homoseksuele moet dwing om hulle lewensfilosofie op ander in te forseer. Daarby kan jy nie verbykom nie.
Ek het na twee sake verwys - die een het ek die hofverslag aangehaal en die is afgehandel (Doe-saak) en die ander is so ver gevorderd dat die regters onderskeidelik hul uitsprake bekend gemaak het. Al wat dus nou moet oorbly, is dat hulle moet stem. Ek gee toe dat my baie kursoriese behandeling van die proses 'n verkeerde indruk by die leke leser kon laat - maar ek het nie die proses benadruk soos jy nie, maar juis die kwessie van die verdeeldheid. Trouens, daar is die mening onder sommige van die regters dat die saak nie behoorlik voor die hof is nie maar inderdaad prematuur. Lees gerus maar regter Kennedy se bevinding en ook die feit dat hy die mening van ses van die regters verteenwoordig.
Dus, Scalia ens het alreeds hul bevindings gemaak, maar die regters moet nog stem. Wat van belang is, is nie hoe die regters stem nie, maar die feit dat daar van dwang gebruik gemaak word om homoseksuele hulle sin te kan gee.
Jy praat slegs oor die regte van homoseksuele, maar jy is tjoepstil oor die regte van die onskuldige kindertjies... dit maak van jou 'n hipokriet, of hoe? En is jou veldtog waarskynlik juis daaroor, so deursigtig selfsugtig en gaan mank aan die objektiwiteit wat mens sou verwag van een wat sê dat hy die regte van ander op die hart dra - nie so nie. Hang alles af of ander se regte hom sal bevoordeel of nie - en dit is kenmerkend van die meeste homoseksuele aktiviste en agnostici.
Kobus de Klerk
Wouter,
Al hierdie massas aanhalings... weereens, besef jy nie hoe dit juis in jou gesig terugvlieg en op die ou end 'n massiewe klag teen jou tipe argumentasie word nie?
Dit is so absoluut sinneloos. Elkeen van hulle kan met gemak teen jouself gerig word - en dan doen jy soveel moeite om dit op te soek en te plaas.
Hoe kom jy verby die negatiewe aspek van dwang wat desnoods gevoel word, noodsaaklik is om iets af te dwing wat die groter gemeenskap nie wil hê, nie? En die feit dat die groter gemeenskap dit nie wil hê omdat dit as so onnatuurlik beskou word?
Hoe selfsugtig is julle dan...
Kobus de Klerk
Hello Kobus et al,
Wouter,
Na jou verduideliking is dit nou verseker dat jy die Pew-verslag verkeerd interpreteer deur die oog van iemand met 'n wesenlike belang daarby.
Die verslag verwys in hoofsaak na 'homosexuality' wat bloot na die seksuele oriëntasie verwys en nie na die praktyke wat sommige homoseksualiste bedrywe nie - iets wat baie beslis nie deur alle homoseksuele mense bedrywe word, nie.
Die kontras wat met 'accepted' in Europese sin bedoel word en 'unaccepted' in Afrika en Islam verband, verduidelik die hele ding. In laasgenoemde lande sal 'n homoseksuele persoon eenvoudig strafregtelik vervolg word ongeag of hy dit praktiseer of nie. Die blote oriëntasie word eenvoudig verbied en die mense daarmee saam verwerp. In Europa gebeur dit nie so nie.
Dit is dus hoe jy die verskil en betekenis van 'accepted' en 'unaccepted' in die Pew-verslag moet verstaan
Homoseksualisme as praktyk is en bly onaanvaarbaar, selfs by die sekulêre Europeër wat sê dat hy nie omgee wat jy in jou privaatheid doen nie - solank jy net die afstand handhaaf. Dit is die algemene sekulêre Europese gevoel. En dit beteken hoegenaamd nie dat daar volledige aanvaarding is nie - dit sal nooit gebeur nie.
Vanuit die Christelike oogpunt is geen mens verwerplik nie. Wat mense doen, is egter dikwels verwerplik omdat dit teen God se wil is en die praktyk van homoseksualisme is ongetwyfeld een daarvan. Die rede waarom daar soveel klem val en aandag bestee word aan daardie gruwel voor God en gelowige, is omdat die homoseksuele aktivis sy onnatuurlike, ongewone en onaanvaarbare oriëntasie in ander se kele wil inforseer op elke wyse en maak asof dit nie sonde is nie.
Kobus de Klerk
Hello Kobus,
Wouter,
Gou oor Pew – 40,000 mense sê jy, is ‘ondervra’.
As daar wel kritiek ingebring kan word, is dit hierdie absoluut onverteenwoordigende steekproef – daar is bykans 7 biljoen mense op aarde waarvan ongeveer 60% oud genoeg is om betekenisvol te reageer op sulke vrae, dit wil sê, ongeveer 4,2 biljoen mense. Die steekproef verteenwoordig dus nie meer as ongeveer 0,00095% van die beskikbare partisipante nie.
Daarbenewens is plekke soos Indië se resultate ook weggelaat weens beweerde verkeerde hantering van steekproewe en resultate. Daarbenewens is dit ook baie moeilik om ander ongerymdhede die hoof te bied – ’n logistiese probleem wat net eenvoudig deur die Pew-bestuur nie na behore bestuur kán word nie.
Daar is dus gebiede en lande uitgesoek vir die doel van die steekproef en dit is duidelik dat daar gebiede uitgesoek is wat ’n meer positiewe resultaat sal oplewer. Daar is massas plekke en mense wat oorgesien is wat waarskynlik ’n héél ander prentjie sal weergee. Dinge soos seleksie van groepe vir deelname in woongebiede waar mense van sekere oortuigings gekonsentreer is, maar nie ’n betroubare steekproef van ’n hele gebied verteenwoordig nie.
Dan is daar ook die kwessie van die gelaaide vraag: “Homosexuality should be accepted by society OR Homosexuality should not be accepted by society” Dit is ’n báie moeilike onderwerp, omdat elke individu se mening nie in groepsverband getoets kán word, nie. Jy sal vind dat lede van ’n huishouding dikwels ook oor soiets verdeeld kan wees. Dan is daar ook die kwessie dat elke individu iets ander sal ‘lees’ in só ’n gelaaide vraag. Meeste van die steekproewe is sommer telefonies gedoen en mense is onkant gevang daardeur sonder tyd om te besin oor die implikasies van die vraag. Dit is ook opmerklik hoe partisipante se reaksies letterlik seisoenaal verskil … Soos die Pew-redaksie self ook waarsku “one should bear in mind that question wording and practical difficulties in conducting surveys can introduce error or bias into the findings of opinion polls”.
Jy moet dus nie reken Pew se studie is betroubaar nie, want dit is hoegenaamd nie verteenwoordigend nie, maar dit is vir die doel daarvan aanvaarbaar, naamlik dat dié partisipante wat wél deelgeneem het, se menings waarskynlik betroubaar weergee, word, wat hulle ook al daaronder verstaan.
Jy maak ook die opmerking dat een mens se opinie (ek meen jy verwys na die persone wat hulle uitspreek teen aanneming) maar jy vergeet dat hulle sê dat hulle die stem van vele is en dat die ander bang is om uit te spreek – iets wat blykbaar nie ongewoon is in die homoseksuele gemeenskap nie … daar intimidasie faktor.
Jy maak ook die aanmerking dat dit dan juis die gelowige is wat sy wil op die ‘samelewing’ wil afdruk en persone se regte probeer onderdruk … jy beskou die relatief geringe hoeveelheid homoseksuele aktiviste as ‘die samelewing’? Nie net is dit arrogant nie, maar ook ’n refleksie van integriteitsloosheid van jou om só ’n bewering te maak.
Dit is goed jy praat van Godsdiensvryheid.
My voorvaders was dodelik vervolg daaroor en vandag nog, is daar miljoene in Oosterse en Islam lande wat daaroor vervolg word. Maar hoe dink jy het hulle dit hanteer? Hulle gebruik nie geweld nie, gebruik nie woord-geweld nie, hulle beroep hulle op God Wie inderdaad finale en permanente uitkoms gee deur mense se harte te verander. Dit was ook die geval met die Neger-slawe van Amerika. Dit is waarom daar vandag met uitsonderings na, Godsdiensvryheid is. Daardie truuk van jou om die vergelyking te probeer tref, is dus nou eier in jou gesig.
As jul werklik ’n saak had, kon julle tot God bid vir verlossing … maar as julle kampanje teen God se wil is, sál julle van dwingelandy gebruik moet maak en uiteindelik die prys daarvoor betaal, ’n prys wat te erg is om hier uit te spreek, want met die geweld waarmee julle te werk gaan, al is dit verbale geweld, sal julle veelvuldiglik mee verneder word in die tyd wat kom. Ook hulle ‘kinders’, die arme slagoffers van dié losbandige begeertes, sal hulle homoseksuele ‘ouers’ in die geheim en selfs openlik vervloek – daar sal geen vrede ooit vir hulle wees, nie. Daar staan geskrywe – kind, eer jou vader én jou moeder. Die res is gewoon ’n vervloeking. ’n Kind van homoseksuele ‘ouers’ is hulle geen eerbied verskuldig nie.
As julle egter tot God sou bid vir verlossing, sal Hy tog sekerlik daarop ag slaan, maar op ’n manier wat jou verstand te bowe sal gaan, omdat Hy julle sal verlos van die oorsaak van die probleem – sommige van julle se onbeheerste homoseksuele begeertes.
Dit antwoord ook sommer jou vraag – homoseksualiteit per se is soos enige ander sondige begeerte en versoeking – dit kan óf weerstaan word óf dit kan aan gevolg gegee word en dit is laasgenoemde wat deur God verbied word met die gevolge daaraan verbonde. Daar is verskeie mense wat homoseksuele begeertes het, maar hulle lewens aan die HERE Jesus Christus opgedra het en by Hom die krag en wil ontvang om dié begeertes die hoof te bied en in vreugde en vrede lewe – jy het al van hulle hier op die forum sien skrywe daaroor. Daar ís dus ’n nuwe gesonde, vreugdevolle en vredevolle lewe ná homoseksualiteit.
Rebelleer teen God en jy sál die prys betaal. Wil jy nie maar asseblief ophou daarmee nie?
Kobus de Klerk
Hello,
Hello,
Hello Kobus,
Wouter,
Ja, wat die pro-stem aanbetref, is die Pew-ondersoek ooglopend streekgebonde en uitgekies.
As jy dink ek is die enigste mens wat voel soos ek voel oor die kwessie van homoseksualisme, dan leef jy werklik in ‘n baie klein, geïsoleerde selfgeskepte wêreldjie van jou eie… jou aanmerking is dus nie ‘n veertjie in jou hoed vir jou, nie.
Wat jy beskou as ‘slegte’, beskou biljoene mense as ‘goeie’… besef jy dit dan nie? Daar hoef nie ‘n studie van gemaak te word dat die oorgrote meerderheid van mense op die aardbol oor die algemeen probleme met homoseksualisme het, nie – dit staan vas. Dit is juis waarom homoseksuele aktiviste so aggressief te werk gaan, want as dit nie so was nie, sou daar nie vir julle aktiviste gewees het, nie. Soos ek sê, ek dink jy het jou eie leefwêreld geskep waar dié dinge by jou verbygaan en jy is aan die verloorkant daaroor.
Die waarde van die hofbeslissings is reeds bekend – die feit dat homoseksuele hulle tot dwingelandy moet wend weens die onnatuurlike aard van hulle lewensfilosofie wat hulle op ander probeer inforseer. Dus, die uitsprake kán nie vir julle gunstig wees nie, wat dit ookal is – as daar ‘n positiewe resultaat sou wees, is dit weens dwang. As daar nie ‘n positiewe resultaat is nie, is dit omdat die dwang nie aanvaarbaar is nie. In beide gevalle is die verdeeldheid baie sigbaar en dit is julle probleem. Iets wat jy op ‘n ander afdwing, sál mettertyd in jou gesig ontplof.
Terloops, jy wat sê dat meningspeilings akkuraat is? Dit is glad nie so nie. Hoegenaamd nie. Oraloor word meningspeilings oor die politiek gedoen, byvoorbeeld, om maar net keer op keer die nek ingeslaan te word by die stembusse. Hierdie issue is so 'n politieke, belaaide issue en behoort jy glad nie gerus te raak nie.
Kobus de Klerk
Hello Kobus,
Wouter,
Jou reaksie op die Amerikaanse hofbeslissings dui op twee dinge – jy laat jou deur sensasionele media lei – die koerant – omdat jy geen regskennis of regsgevoel het nie en jy dus nie verstaan wat die uitsprake se implikasie is nie. Jy is só desperaat dat jy die werklikheid geheel en al nie begryp nie.
Ek was toe reg – al wat die regters gedoen het, was om te stem, nadat hul reeds hul onderskeie bevindings bekend gemaak het as individuele regters – veral ook hulle onwilligheid om die uiters belangrike (vir julle) Proposition 8 - beslissing te maak en, soos uitgewys, bevind het dat hulle nie jurisdiksie had.
Maar van meer belang as die prosedure, is die meriete. Op die meriete het jul geen vordering gemaak nie, maar eintlik 'n terugslag beleef.
Dwingelandy is die kenwoord en daar is ‘n naelskraap vyf-teen-vier beslissing, slegs ten aansien van die een aspek – die beslissing op die DOMA, wat blote gelyke finansiële regte van staatsweë aan saamwonende homoseksuele mense gee, maar steeds geen lisensie is om ‘n homoseksuele huwelike aan te gaan nie.
Die één beslissing wat dit moes vermag ooreenkomstig julle verwagtinge – die Proposition 8 kwessie – welwetende dat dit die meerderheidswil van die staat Kalifornië is om homoseksuele huwelike te verban, het toe in duie gestort voor julle neuse. Die homoseksuele aktiviste wou só graag die beslissing hê wat die weg vir hulle landwyd sou gebaan het. Die appèlhof het juis die geleentheid gehad, maar juis nié só ‘n beslissing gemaak nie en die saak op ‘n blote tegniese aspek uitgegooi, naamlik gebrek aan locus standi.
Die werklikheid is dan, soos die koerant dit stel “The rulings leave in place laws banning same-sex marriage around the nation, and the court declined to say whether there was a constitutional right to same-sex marriage.” Slegs 13 van die 50 state…
Wat het die homoseksuele dus met hulle peperduur regsaksies bereik? Absoluut niks op die meriete nie. Geldelike kwessies van saamwonendes het geen betrekking op die meriete en morele kwessie van die onwenslikheid van homoseksuele huwelike, nie.
Homoseksuele ‘huwelike’ word steeds in al die ander 37 state verbied, terwyl die appèlhof die goue geleentheid had om dié situasie te verander, maar eerder, wyslik, weggebly het van dié soort van beslissing. Dalk het die regters besef watter gemors dit sal veroorsaak om dié homoseksuele dwingelandy af te dwing op 37 van die 50 onwillige federale state.
Maar, ek kry jou op ‘n manier jammer. Jou arrogante en aanmatigende en katterige trant van jou laaste kommentaar sê dit alles. Jy is in geen beter posisie as om na strooihalms te gryp en dit te probeer verhef na pilare nie.
Dus, waar dit saak maak, is sonde steeds die oorwegende faktor vir wetgewing… Selfs in Kalifornië, die grootste staat (bevolkingsgewyse), waar Proposition 8 deur die meerderheid in die federale regering daar gepromulgeer is, maar met ‘n laerhof beslissing omvêr gewerp is en die staat nagelaat het om betyds te appelleer en dit toe verkeerdelik in die appèlhof beland het…
Dus, absoluut geen rede vir julle vreugde dáár, nie – die meerderheidsposisie van die grootste staat is steeds teen julle aktivisme in lyn met die ander 37 federale state.
Geeneen van julle kan gerus slaap nie – julle dwingelandy maak met rasseskrede vyande sovêr julle met julle onwyse optrede gaan en julle besef dit blykbaar nie.
Kobus de Klerk