Oor homoseksuele huwelike en kinderaanneming

  • 23

Die media gons weer deesdae oor die onderwerp.

In die Woord word homoseksuele aktivisme as ’n gruwel voor God verbied. God beskou dit as abnormaal vir die mens om só te doen, omdat Hy die mens nie so geskape het nie.

God sou dit nie só tipeer as dit nie so is nie. Tot vandag toe, wys die natuurlike omgang van mense dié fenomeen.

Tog is daar oor die eeue heen diegene, wel vêr in die minderheid, wat hierdie sondigheid bedryf asof dit nie ’n probleem is, nie. Maar, ’n probleem is dit wél en dit word steeds nie wêreldwyd in enige enkele land net klakkeloos aanvaar nie – net die mate waartoe mense hulle misnoeë te kenne gee, verskil wyd. Krap onder daardie fineer van stilte en die ware gevoelens van weersin daarin van mense oor die algemeen, kom na vore. Trouens, die algemene onaanvaarbaarheid is só prominent onder die oppervlak, dat dit nie onderdruk kán word nie. Dit sien ons by die optrede van die talle homoseksuele aktiviste se kampanjes en veral die dinge waaroor hulle kla. Selfs (en veral …) in liberale en humanisties sekulêre samelewings voer hulle stryd vir wetgewing wat hulle lewensfilosofie op meerderhede afdwing – wat nie nodig sou wees as hulle lewensfilosofie werklik aanvaar sou word, nie.

Nêrens op aarde was en is daar egter ooit sodanige wetgewing wat heteroseksualisme moet afdwing teenoor meerderhede nie – vir die eenvoudige rede dat heteroseksualisme vir alle tye nog, as normaal aanvaar is en homoseksualisme, as nie normaal, nie.

As homoseksualisme as normaal beskou sou word deur die breë wêreldgemeenskap, sou dit vir homoseksualiste glad nie nodig wees om aktiviste op te rig en om dwingende wetgewing wat hulle ‘beskerm’, af te dwing nie.

Homoseksuele aktiviste leef die leuen dat dit normaal is en verkondig dit so en as iemand sê dit is nie, wil hulle só ’n persoon kasty. Hulle het ’n arsenaal van wette en ander dwingende maatreëls om hulself op ander af te dwing asof dit so hoort. Tog vind niemand dit nodig om aanstoot te neem wanneer daar gesê en aanvaar word dat heteroseksualisme normaal is, nie en niemand het nog ooit nodig gehad om hul heteroseksuele lewenswyse op iemand anders af te dwing nie – almal aanvaar dit as vanselfsprekend en normaal.

Dus, daar is ’n onoorbrugbare gaping tussen homoseksuele aktiviste se oneerlike aanspraak op sogenaamde ‘normaliteit’ wat hul lewensfilosofie volgens gangbare breë norme aanbetref en die werklikheid – dit word uitgelig en uitgespel deur die talle aktivisme aksies wêreldwyd, wat oorbodig sou wees as hulle reg was. Hulle eie optrede lê dus klem op die leuen wat hulle lewe.

Daarmee gee ons nie te kenne dat hulle nie plek in die samelewing het nie – maar ons sê dat hulle nie hulle plek kan afdwing ten koste van ander se belange – die oorgrote meerderheid s’n – sonder om een af ander tyd langs daardie weg af, ’n ernstige probleem in die gesig te staar, nie.

Die laaste paar jaar word die belange van onskuldige klein kindertjies ook daardeur geraak.

Navorsing deur die Boston Universiteit se pediatriese fakulteit in samewerking met die American Academy of Pediatrics  het tot die gevolgtrekking geraak dat kinders in verbintenisse met homoseksuele ouers, nie swakker af is nie en, kortom, dat hulle ‘just fine’ is en selfs in sommige gevalle meer ‘fine’ as by natuurlike en heteroseksuele ouers …

Maar die Amerikaanse appèlhof het redelik onlangs in die saak van Doe vs Pryor, ’n federale hof se bevinding  dat kinders in homoseksuele verbintenisse benadeel word weens die gevolge van die seksuele oriëntasie van die homoseksualiteit van die ‘ours’, bevestig. Ons weet dat sulke howe swaar steun op die opinies van deskundiges na alle kante toe.

Nóg ’n saak in die Amerikaanse Appèlhof het so onlangs as Maart vanjaar bevind dat dit hoegenaamd nie gesê kan word dat kinders in homoseksuele ‘huwelike’ nie daardeur benadeel word, nie, by monde van regter Scalia, juis as gevolg van die feit dat deskundiges daaroor diep verdeeld is, met die oorgewig aan die kant van die deskundiges wie sê dit is skadelik. Hierdie saak gaan oor ’n mosie deur homoseksuele aktiviste vir die blanko wettiging van homoseksuele ‘huwelike’ in alle Amerikaanse state – ’n mosie wat afgekeur is. Natuurlik trek die homoseksuele aktiviste te velde teen die beslissing.

Die kritici van hierdie beslissings wend hulle vierkantig tot die bevinding van die studie wat deur die American Academy of Pediatrics gedoen is.

Maar kom ons kyk of die regters werklik nie beter insigte het as die klomp aktiviste nie – iets wat baie onwaarskynlik is, omdat regters opgelei is en selfs onder eed staan om objektief te wees, terwyl akademici dit dikwels baie beslis nie is nie en heel dikwels die vooropgestelde agenda het van die finansierders van die navorsingsprojek – dié óú waarheid wat lui, wiens brood men eet, wiens woord men spreek …

Dit ly geen twyfel dat die regters korrek is in hul benadering, nie.

Soos hoofregter Roberts, na aanleiding van ’n argument deur ’n pro-homoseksuele huwelik aktivis, dat “the label ‘marriage’ means something,” opgemerk het “If you tell a child that somebody has to be their friend, I suppose you can force the child to say, ‘This is my friend.’ But it changes the definition of what it means to be a friend.”

Presies dieselfde doodsteek kan die argument ten gunste van homoseksuele ‘ouerskap’ toegedien word. Jy kan ’n kind dwing om te sê sulke mense is sy ‘ouers’, maar dit mors met die werklike en gevestigde betekenis van ouerskap en in sulke dwang is daar géén vryheid nie …

Hou sommige homoseksuele mense daarvan om in sulke gedwonge omstandighede te leef? Blykbaar … maar hoe onnatuurlik.

Só wil homoseksuele aktiviste hê dat hele gemeenskappe en samelewings gedwing moet word om te maak asof sulke dinge ‘normaal’ is – solank hulle net in die oor daaroor gestreel word, ongeag die onaanvaarbaarheid daarvan, ongeag die weersin wat dit verwek, wat soms liederlik uitbars teen hulle en jy hulle dan sien lamenteer en skreeu in die openbaar asof hulle nie weet waar dit vandaan kom, nie …

Dit sê baie van sommige homoseksuele aktiviste en dit sê niks goeds vir hulle nie, daardie dwingelandy wat hulle wil afdwing nie. Hulle maak aanspraak op hul eie regte direk ten koste van die regte van die onskuldige kinders wat sulke werkswyse ten prooi val.

Hoewel die protagoniste van kinders in homoseksuele verbintenisse staatmaak op navorsing wat oor 30 jaar kom, moet daar na dié navorsing gekyk word om te sien wat werklik daar gebeur. Terme en begrippe soos pediatrie en vroeë adolessensie kom deurgaans voor – wat daarop dui dat daar met kinders gewerk word wat nog nie volwasse en seksueel gevorderd genoeg is om vir hulself ingeligte besluite te maak nie. Pediatrie verwys na kleuters en vroeë adolessente verwys na vroeë tienerskap – in beide gevalle sal die jeugdigheid van die betrokkene kinders hulle geheel en al onbevoeg maak om werklik hul standpunt of selfs gevoelens daaroor, te stel. Ook nie vreemd dat dié onbeholpe jong kinders geteiken word nie – ek wonder nie regtig wat die normale, heteroseksuele jongmense as ‘kinders’ van sulke homoseksuele ‘ouers’ se opinie sal wees, wanneer hulle by die huis aankom en hulle kys (van die teenoorgestelde geslag) en dan moet sien hoe twee mense, die ‘ouers’ van dieselfde geslag, mekaar intiem bejeën nie – ek dink dit sal die laaste sien van die kys wees, wie sal hasepad kies en net nie weer terugkom nie, terwyl dit selfs meer moeilik is vir die normale heteroseksuele kind, maar wat vasgevang is in daardie omstandighede en vir wie dit net so aanstootlik is om te sien hoe sy twee selfde geslag ‘ouers’ met mekaar intiem omgaan … Dit is hoegenaamd nie net ’n sosiale ding nie, dit is ’n kwessie van ’n diepe, inherente weersin en selfs walging wat die normale geslagsryp jongmens het in die manewales van sulke selfde geslag mense – of hulle nou ‘ouers’ genoem word of nie.

Sulke kinders in sulke omstandighede sal die dag van hul geboorte verwens vanweë die gedwonge omstandighede waarin hulle hul bevind en ingedwing is terwyl hulle geen seggenskap en keuse daaroor had.

Maar hulle opinies en bydraes sien jy nie in hierdie sogenaamde navorsingsprojekte van die protagoniste van homoseksuele verbintenisse nie.

Die Amerikaanse Family Research Council van Washington in samewerking met die Texas Universiteit se departement sosiologie se  in-diepte navorsing weerlê die mite dat homoseksuele ‘ouerskap’ nie nadelig is vir kinders, nie.

Daarin word sommige sosiale en emosionele aspekte vermeld, in vergelyking met eweknieë uit normale heteroseksuele ouerhuise, waaruit dit duidelik blyk dat sulke kinders wat grootgeword het by homoseksuele ‘ouers’, later ernstige wanaanpassings toon wat nie normaalweg by kinders uit normale huwelike, bemerk word, nie.

Dit sluit in dat sulke kinders nie in permanente verhoudings wil betrokke raak nie; Is so onseker van hulself dat hulle tot 4 keer meer geneig is om bystandsorg afhanklik te wees as ander in normale omstandighede en is ook tot 3 maal meer geneig om werkloos te wees of om voltydse poste te beklee; Is verward oor eie seksualiteit en is tot 4 maal meer geneig om hulself te beskryf as iets anders as heteroseksueel; Is tot 3 keer meer geneig tot buite-egtelike verhoudings terwyl hulle getroud is of kohabiteer met iemand; Is 10 keer meer blootgestel aan  seksuele betasting en teistering deur so ’n ‘ouer’ of oppasser; Kla 4 keer meer dat hulle teen hulle sin fisies gedwing is om seksuele omgang te hê; Is meer geneig om wantrouig te wees of van ander afhanklik te wees; Rook meer en gebruik meer gereeld dwelms soos marijuana;  Geneig om veel meer tyd voor die TV deur te bring weens asosiale neigings; Raak veel meer betrokke by meer ernstige misdrywe waarop hulle skuldig pleit; Kla meer oor depressiwiteit; Raak meer betrokke by seksuele losbandigheid met beide geslagte.

Wat ook kenmerkend is, is dat hierdie deeglike objektiewe studie ’n evaluering doen van ongeveer 59 studies waarop die American Psychological Association steun om te beweer dat “Not a single study has found children of lesbian or gay parents to be disadvantaged in any significant respect relative to children of heterosexual parents”.

Die bevinding van objektiewe evaluering is egter dat dié materiaal onbetroubaar is omdat dit mank gaan aan die wetenskaplike metode in die volgende opsigte “Seven central questions address: (1) homogeneous sampling, (2) absence of comparison groups, (3) comparison group characteristics, (4) contradictory data, (5) the limited scope of children’s outcomes studied, (6) paucity of long-term outcome data, and (7) lack of APA-urged statistical power. The conclusion is that strong assertions, including those made by the APA, were not empirically warranted.” Dit is duidelik dat die 59 sogenaamde ‘studies’ kenmerkend onderneem is op die basis van vooropgestelde pro-homoseksualistiese aktivistiese agendas en sien mens weereens daardie gerigte selektiwiteit in die keuse van materiaal en deelnemers.

Dieselfde kan ook gesê word van die Australiese studie wat onlangs deur die universiteit van Melbourne onderneem is. Hulle het gemeen getalle gaan die ding vir hulle doen, nie die kwaliteit, nie – hulle het 500 klein kindertjies en ongeveer 315 homoseksuele en biseksuele ‘ouers’ betrek en hoofsaaklik gekonsentreer op algemene gesondheid en skolastiese prestasie aspekte. Weereens die klein, goedgelowige en beïnvloedbare kindertjies, weereens die betrokke ‘ouers’ self - waarom word daar gedink dat dié ‘ouers’ hulself in die openbare oog eerlik sal diskrediteer met die waarheid?

Net so ook die resultate van die sogenaamde National Longitudinal Lesbian Family Study wat al in 1986 onderneem is, toe daar ’n groot insidensie van lesbiërs was wat kinders wou aanneem. Die respondente van dié ‘studie’ was die terugvoer van die 154 lesbiese ‘moeders’ self en ook 78 vroeg-adolessente kinders … wééreens die gebrek aan kontroles en objektiwiteit.

Absoluut géén kontrole of objektiwiteit, nie en derhalwe geheel en al onwetenskaplik en onbetroubaar. Dan wonder mens ook, waarom net 78 vroeg-adolessente kinders? Waar is die ander ten minste 76 kinders (op die veronderstelling dat die oorblywende 76 lesbiërs net elkeen een kind aangeneem het) se opinies? Is hulle weggelaat omdat hulle ouer is en hulle kommentaar en terugvoer die vooropgestelde resultaat van die sogenaamde ‘studie’ sal verongeluk? Moet wees … Dit is soos om vir iemand te vra om sy eie optrede na sy eie maatstawwe te beoordeel. Hoe belaglik onwetenskaplik en ontoereikend. By al hierdie sogenaamde ‘studies’ kom die raak aanmerking van hoofregter Roberts (wat ek reeds hierbo aangehaal het) weer só goed te pas en plaas die werklike perspektief op dié resultate.

Dit is die beste om die woord en integriteit te aanvaar van iemand wat direk betrokke is en ook sy verduideliking, as biseksueel, waarom so baie van hulle eerder stilbly. Die ergste aanklag teen die aktiviste is dat dié persoon nie sy homoseksuele ouers haat en verafsku nie, maar doen hy dit op grond van die absolute onaanvaarbare onnatuurlikheid daarvan waar ’n kind natuurlike ouerskap van ’n vader en moeder ontneem word by dwang – selfs in die geval waar hy ’n biseksueel is. Hy is die stem vir vele, soos hy sê, wat te bang is om in die ope te kom met hulle ongelukkigheid en ook die stem van kindertjies wat nog hierdie lot te beurt gaan val. Intimidasie? Hoekom anders sal hulle bang wees om te praat …

Hy is mos darem ook nie alleen nie – hierdie homoseksueel se wysheid en opoffering deurpriem die kruks van die saak en die behoefte van elke kind waarlik. Sy homoseksuele oriëntasie is vir die normale mens weersinwekkend, maar sy bestuur en hantering daarvan in die posisie waarin hy hom bevind, by keuse, ’n positiewe inspirasie. Dit is die resultaat van eerlikheid en werklike selfloosheid. Hierdie homoseksuele man toring soos ’n reus bo sommige van sy mede homoseksuele uit. Ek glo daar is nog baie van sy kaliber. En hy het die satisfaksie om te weet hy is reg in sy benadering omtrent sy oriëntasie, die belange van kinders en die bestuur daarvan as vader en hy sien, beleef en smaak die suksesvolle resultate daarvan daagliks.

Sy redes waarom kinders nie hul natuurlike ouers – al is hulle geskei – ontneem moet word nie, is die doodsteek van enige homoseksuele aktivis se argument – daardie deurlopende  natuurlike interaksie tussen ’n kind en sy heteroseksuele ouers wat só kritiek belangrik is – selfs al is die ours geskei (nie ideaal nie, maar steeds vir die kind toeganklik).

Ander ingeligte opinie weerspreek ook die homoseksuele aktiviste se aannames en wetenskaplik (ten minste) oneerlike vooropgestelde agenda studies.

Dieselfde sekulêre humanistiese aktiviste wat die sogenaamde ‘regte’ van homoseksuele mense propageer om kinders aan te neem, sowel as die homoseksuele wat dit doen – hulle doen dit immers ter wille van hul eie selfsugtige behoeftes om ’n sosiale punt te maak – vergryp hulle aan die regte van sulke kinders, wat in sulke omstandighede ingeboender word sonder dat hulle regte hóégenaamd in ag geneem word – veral hul reg tot vrye keuse ... iets waarop die homoseksuele ‘ouer’ vir homself aandring, maar dit nie vir die kind gun, nie.

Kortom – as ’n normale, heteroseksuele tienderjarige kind sonder ouers voor die keuse gestel word om deur homoseksuele of heteroseksuele ouerpaar aangeneem te word of selfs in pleegsorg geplaas te word, sal die keuse voor die hand liggend wees en natuurlik kom – teen die homoseksuele ‘ouers’.

Hoe kan sulke dinge in ’n vrye en ordelike samelewing toegelaat word?

Dit is hoog tyd dat kinders teen sulke vergrype beskerm word, teen die hipokriete wat kamstig so veldtog voer vir menseregte, maar nie skroom om húlle, sulke kinders, se regte flagrant te vertrap, nie.

Kobus de Klerk

  • 23

Kommentaar

  • Kobus:

     
    Twee punte vir jou om in gedagte te hou:
     
    1. Die dae toe jy jou religie met behulp van wetgewing in ander mense se kele kon afdwing is vir ewig verby. Jy sal maar daarmee moet saamleef.
     
    2. Dit is 'n welbekende feit in die sielkunde dat die ergste homofobe - dis nou die ouens wat eindelose Bybelstudie daaroor doen, en byna obsessief al die navorsing lees wat bevind dit is nou eenmaal "onnatuurlik" ens, en net nie uitgepraat kan raak oor die skade wat dit aanrig nie - byna sonder uitsondering mense is wat self hewig onderdrukte homoseksuele begeertes ervaar. 
     
    Jy moet dus versigtig wees voor jy so teen homoseksuele uitvaar: jy is besig om jou diepste begeertes hier aan almal te openbaar. Ek het nog nooit enigiemand ontmoet wat so eindeloos gefassineerd is met gay seks as die homofobiese brigade nie. 

    Die goeie nuus vir jou is dat relevante visuele stimulasie deesdae vrylik op die web beskikbaar is vir jou om te geniet. Doen bloot 'n Google "image search" vir terme soos "naked men" en so aan. Stouter terme, wat ek liefs nie hier sal ophaal nie, sal weer vir jou meer ekstreme foto's laat vind. Ure se pret en plesier vir jou, alles gratis en verniet. 

    Laat weet ons gerus of jy reggekom het - indien nie, is ek seker ons het heelwat web- en rekenaarghoeroes hier wat jou sal kan help om te vind wat jy soek, wat jou spesifieke smaak dan ook mag wees.
     
  • Kobus de Klerk

    Ag nee, wat, Brianvds, dit was nog nooit nodig om heteroseksualisme met wetgewing af te dwing nie. Dit was nog altyd, net soos nou, natuurlik.

    Ons as normale heteroseksuele mense vind dit baie sorgwekkend dat onskuldige kindertjies letterlik gedwing word om in so 'n onnatuurlike situasie opgevoed te word, en daarom vind ons dit nodig om daaroor navorsing te doen en die saak uit te wys.

    As jy meer oplettend was, sou jy die obsessie by die homoseksualistiese by die aktiviste daarvan sien, wat die wêreld toegooi met kamstige 'navorsing'  wat hulle onnatuurlike saak kwansuis 'bevorder'. Dit is tragies om te sien wat die bona fide wetenskap aangedoen word deur die verskillende Goddeloses, wat nog te sê die Gebod van God.

    Ons wie daarop reageer as die goed in ons rigting waai, is dus nie die obsessiewe partye nie.

    Maar jou reaksie is baie duidelik - jy gee nie 'n flenter om oor die belange en regte van sulke kindertjies nie. Solank julle net jul sin kan kry.

    Die bewerings wat jy maak oor die oriëntasie van mense soos ek wat daarop reageer, dat hulle kwansuis homoseksuele neigings het, is snert en jy weet dit - dit is maar 'n bewering wat 'n truuk is van julle soort om diegene wat die onnatuurlikheid daarvan uit te wys, te probeer stilmaak. Sulke ooglopend leuenagtige taktiek werk glad nie.

    Dit is skandelik.

    Kobus de Klerk

  • Nou ja Kobus, siende jy so bekommerd is oor kinders wat in onnatuurlike omstandighede grootword, is jy seker dan wel ten gunste van aanneming deur nudiste? Siende dit onnatuurlik is om klere te dra, en nudiste dus nader aan die natuur is?

     
     
  • Kobus de Klerk

    Brianvds,

    Nudiste doen dit vir hul onnatuurlike plesier en dit is ook skadelik om kinders as deel van hul opvoeding daagliks daaraan bloot te stel. Tog is dit nie naastenby so onnatuurlik soos die aspekte wat in die artikel hierbo weergee word, nie.

    As jy niks het om te sê nie, dan raak jy die goed kwyt wat jy nou mee besig is...

    Jy hoef glad nie jouself te verduidelik met nog meer onsinnige uitlatings nie. Jy dra ongelukkig niks by na enige kant toe tot die onderwerp nie en is net besig om jou eie agenda te probeer promoveer, wat niks met die gespreksonderwerp te make het nie. Dit is dus nie die tipe gesprek wat hier tuishoort nie.

    Kobus de Klerk

  • Kobus:

     
    Die doel van my vraag hier was bloot om uit te wys dat "natuurlik" en "onnatuurlik" ietwat betekenislose woorde is. Tensy jy dalk 'n definisie het wat jy wil uiteensit.
     
  • Kobus de Klerk

    Brianvds,

    Op jou maatstaf geneem, kan jy dus ook nie peil trek op die natuurlike natuurwette nie. Op niks nie.

    Jou antwoord is net kenmerkend van die las wat julle agnostici deur die lewe mee moet sukkel - selfs dit wat maklik vasstelbaar en onderskeibaar is, is vir julle 'ietwat betekenisloos'. Soveel onsekerheid, soveel twyfel en soveel onbestendigheid. Met enige definisie sal jou ook fout vind, al is dit hoe geldig, want dit is hoe julle as agnostici maar eenmaal is. Draadsitters - tot die mate dat julle 'n kuns daarvan maak om draad te sit en nooit na een of ander kant toe af te klim, nie. Al waarvan julle seker is, is julle plekkie op die draad. Dit is net so onnatuurlik soos die onderwerpe wat in die artikel bespreek word.

    Ek bedoel dit nie as 'n belediging nie. Dit is 'n waarneming wat ons keer op keer sonder uitsondering maak in gesprekke met julle. Dit is waarom julle God nie kan uitstaan nie - want God is sekerheid en standvastigheid, net soos die prinsiepe van Sy skepping, so ook die prinsiepe van Sy Spirituele skepping.

    Dit is ook waarom gesprekke met julle net nie enduit kan vlot nie. Eintlik kom dit net nooit van die grond af op nie. En die ergste is dat julle dit van ons ook verwag en beledigend en verwytend raak wanneer mens seker is van jou saak en daaroor standpunt inneem - dit word deur julle as 'fundamentalisties' afgemaak.

    Dus, jy het jou punt probeer maak, maar net in die konteks van jou eie onsekere verwysingsraamwerk.

    Ons is, weereens, wêrelde uitmekaar en ek dank die HERE vir Sy genade dat ek as gelowige kan onderskei tussen wit en swart en grys - ook op Spirituele gebied. Julle lewe bestaan uit kleurlose grys, lyk dit vir my en dit moet hel wees.

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus, 

     
    Is hierdie nie die probleem nie? 
     
    “A MAN WITH A CONVICTION is a hard man to change. Tell him you disagree and he turns away. Show him facts or figures and he questions your sources. Appeal to logic and he fails to see your point.” 
     
    Komende van Leon Festinger, sielkundige. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Ek glo nie jou kritiek is teen Brianvds gerig nie … Is dit nie ironies hoe julle (die agnostici) geneig is om sulke aanhalings en slagspreuke van ander aan te haal met ’n beskuldigende vinger na iemand wat gewoon net nie met julle kán akkoord gaan, vanweë die radikale afwykings wat julle standpunte verteenwoordig, nie, terwyl julle self daaraan verantwoord?

    Maar gesien dat julle (die agnostici) algar die radikale minderheid verteenwoordig met júlle ‘convictions’ – oortuigings - en dit júlle is wat berugtheid verwerf het daarvoor dat julle absoluut alles betwyfel en, soos Claassen sê, twyfel as die skaduwee van die waarheid bejeën, wat dan tot gevolg het dat julle nóóit by die waarheid uitkom nie, maar voortdurend twyfel omhels – soos ’n sluier oor die oë, is jou kritiek juis op julle van toepassing. Dus, met die vinger wat jy na my en ander soos ek wys, sien jy klaarblyklik nie die ten minste drie vingers raak wat direk na jou terugwys nie … Julle moet maar versigtig wees met julle kritiek en kommentaar want dit is feitlik sonder uitsondering geldige kritiek teen die ou wat voor julle in die spieël staan.

    Net soos jou Pew meningsopnames oor die aanvaarbaarheid van homoseksualiteit wat jy elders noem. Ek betwyfel nie werklik Pew se bevindinge nie, maar inderdaad jóú interpretasie daarvan. Al wat Pew aandui is dat die meerderheid mense nie homoseksuele as mense uit die samelewing wil ban nie, maar dat hulle sulke mense daar verdra … mits sulke mense hul afstand behou, selfs in ’n sekulêre wêreld … en ek wonder of jy besef wat dít impliseer. My Christelike oortuiging belet my geheel en al om homoseksuele persone te verwerp en is die resultate dus nie verbasend nie, maar jy moet glad nie aanvaarding van daardie lewensfilosofie daarin lees nie. Dit is eerder ’n kwessie van parallelle samesyn, as ’n kwessie van geïntegreerde samesyn. Na alles, God laat Sy son skyn oor álmal op aarde … en mag ons as gelowiges en dienaars van God nie sulke mense wegwens nie. Wyl ek in my hart haat wat die homoseksualis in sy slaapkamer bedryf het ek die mens wat dit doen, steeds lief met die liefde wat God in my hart plaas – en dit is opregte medemenslike omgee liefde wat met die erotiese hoegenaamd niks te make het, nie.

    Die Amerikaanse hofsake wat jy elders noem en wat ek na verwys, onderstreep juis die punt wat ek in die artikel hierbo maak – hoe die homoseksuele aktiviste nodig het om hulself na dwingelandy te wend júís vanweë die onnatuurlikheid en algemene onaanvaarbaarheid van dit wat hulle as lewensfilosofie voorstaan en wil inforseer. Jou bespreking elders van dié hofsake, ironies genoeg, onderstreep juis dié punt wat ek maak – laat die klem val op die algemene omstredenheid van die homoseksuele lewensfilosofie.

    Dit is tog duidelik – as die wêreldgemeenskap werklik so akkommoderend teenoor die homoseksuele lewenstyl was soos wat jy insinueer en soos wat jy die Pew interpreteer, sou sulke dwingelandy tog nie nodig wees nie. Só  logies – en dit is dié houding van julle waarmee julle dié eenvoudige logika en feit verwerp, wat maak dat die vinger wat jy na my wys met jou stelling van Festiger wat jy aanhaal, wat die vinger na die ou voor jou in die spieël wys en die ander drie vingers na die ou wat voor die spieël staan. En dit sal erger word vir julle, deur jul eie toedoen.

    Het julle gedink dwingelandy is ’n aanvaarbare sosiale tegniek? Dit veroorsaak net meer gebelgdheid en gegriefdheid. Boonop sal kinders wat nou so deur homoseksuele ‘pare’ aangeneem word, grootword en húlle sal die uitskot word wat wanaangepas is en hulle kindertyd verwens en hulself só in die samelewing laat geld daarteen waarvoor julle vandag veldtog voer. Ek het reeds na een van hulle verwys en daar is klaarblyklik báie van hulle.

    Kobus de Klerk  

  • M a w Kobus kan nie vir ons enige duidelike definisie gee van wat hy bedoel met "natuurlik" nie, maar wil nietemin daaroor preek. Lyk my "onnatuurlik" beteken "dié stel dinge waarvan Kobus nie hou nie".

     

     
     
  • Hello Kobus, 

     
    Dalk moes dit duideliker deur my gestel gewees het. Die aanhaling verwys nie na Brianvds nie en  ook nie eers spesifiek na jou nie. 
     
    Dit het as vraag, hoekom sal jy en enige ander persoon bevindinge wat teen hulle argumente is verwerp en hulle wend tot 'n verslag wat gediskrediteer is asook 'n enkele persoon se persoonlike verhaal gebruik as die metode waarvolgens alle bevindinge wat die teendeel van jou gevoel en argumente bewys probeer verwerp op grond daarvan. Soos jy gedoen het in die voorbeeld hierbo asook die beslissing van die Amerikaanse Hooggeregshof wanvoorgestel het. 
     
    Ek glo jou verkeerdelike aanbieding van die beslissing was 'n eerlike fout maar het dit ook die probleem dat jou hele argument gehang het aan die veronderstelling dat beslissing was soos jy dit aangebied het en dat regter Antonin Scalia se ontleding korrek was. 
     
    Die het die Washington Post in detail uiteengesit en bevestig dit is nie die geval nie. 
     
    Daarom dan, wat is aan die gang wanneer dit gebeur en hier word die werk van die sielkundige waarna ek verwys het se bevindinge gevolg: 
     
    Hierdie tendens word genoem "gemotiveerde redenasie", “motivated reasoning” en help dit om te verduidelik verduidelik hoekom persone en groeperinge so gepolariseerd oor aangeleenthede is waar die bewyse onomwonde is. 
     
    Soos byvoorbeeld, klimaatsverandering, entstowwe, "MMR" evolusie, die verhouding tussen Judaisme en Christenskap, die sukses van kinders grootgemaak deur gay persone, die oerknal. 
     
    Die lys sal bestaan uit ongeveer alles waar daaroor al verskil is hier, tussen al die deelnemers hier en elders soos die debatte daar gevoer word. 
     
    Op grond daarvan is dit dan heeltemal onmoontlik om te verwag dat mense deur feite en bewyse oortuig kan word en om so 'n verwagting te koester is heeltemal teen dit wat verwag kan word. Hierdie beginsel van “motivated reasoning” bou voort op 'n insig van moderne neuro-wetenskap wat bevestig dat redenasie is eintlik deurtrek met emosie. 
     
    Hierdie kan ook bevestig word in die werk van Goss en Kagan en vind ek dit nou nog amusant wanneer persone my probeer oortuig van die skeiding wat kwansuis sou bestaan tussen emosie en rasionele denke. Vir my is die onderbou van 'rasionele denke' juis emosie verwoord en kodifiseer tot 'n groot mate. 
     
    Hierdie twee aspekte van die mens is onafskeidbaar en is nou verweef en kan nie geskei word nie en dui dit dan daarop dat ons positiewe of negatiewe gevoelens oor mense, dinge en idees ontstaan ??veel vinniger na vore kom as wat ons sou beskou as bewustelike denke. Hierdie gebeur in 'n kwessie van millisekonde. 
     
    Evolution required us to react very quickly to stimuli in our environment. It’s a “basic human survival skill,” explains political scientist Arthur Lupia of the University of Michigan. We push threatening information away; we pull friendly information close. We apply fight-or-flight reflexes not only to predators, but to data itself.
     
    Gegrond hierop is die bevinding dan dat ons as mense die volgende doen: 
     
    We apply fight-or-flight reflexes not only to predators, but to data itself.
     
    Neem as voorbeeld die persoon wat teen evolusie is wat gedurig 'n antwoord moet probeer bied vir die bewyse teen die moontlikheid van goddelike skepping. 
     
    Charles Taber van Stony Brook verwoord dit soos volg: 
     
    “They retrieve thoughts that are consistent with their previous beliefs and that will lead them to build an argument and challenge what they’re hearing.”
     
    Johnathan Haidt, wel bekend hier ook stel dit soos volg: 
     
    In other words, when we think we’re reasoning, we may instead be rationalizing. We may think we’re being scientists, but we’re actually being lawyers. Our “reasoning” is a means to a predetermined end—winning our “case”—and is shot through with biases. They include “confirmation bias,” in which we give greater heed to evidence and arguments that bolster our beliefs, and “disconfirmation bias,” in which we expend disproportionate energy trying to debunk or refute views and arguments that we find uncongenial.
     
    Bogenoemde dan die agtergrond soos dit geplaas was en was dit net om die gesprek te open en behoort nou duidelik te wees dat dit nie na jou spesifiek verwys het nie maar na ons almal hier en waar daar debatte en verskille is. 
     
    Net soos jy ook weet nou al teen die tyd ek verskil werklik nie meer met jou om jou te oortuig nie en is ek vry van enige kwaadwilligheid teenoor jou al weet ek ons gaan oor verskil oor elke woord in die argumente en teen argument.  
     
    Ek wonder gereeld indien ek nie gay was nie, sou ek nogsteeds 'gedrewe' gewees het om argumente te formuleer vir die aanvaarding van homoseksualiteit? 
     
    Ek hoop so, want oor tyd en ek kan nie die oorsprong daarvan bevestig nie, het my denke ontwikkel tot die punt waar ek geen motivering kan bied vir diskriminasie nie, hetsy, homoseksueel, geslag, of ras. 
     
    Daar is geen redes wat my kan oortuig nie en beskou ek ekonomiese en sosiale ongelykheid 'n euwel te wees en is gedurig op soek na argumente om die wat wil diskrimineer op hulle foute te wys. 
     
    Dit is dalk so eenvoudig soos, ons doen dit nie meer so nie? Ek is nie die enigste en sien ek ook mense wat nie persoonlik geraak word deur 'n kwessie nie, maar tog ook betrokke is, 'n weg soek vir die uitbreiding van regte. 
     
    Die mensdom het 'n lang en moeilike geskiedenis gehad tot op datum en elke stukkie vryheid wat die meeste mense vandag geniet is met bloed en sweet bereik. 
     
    Neem die sodomie wette in die VSA waarna ek verwys het en wanneer dit ondersoek word dan word dit gevind dat die oorsprong gaan terug tot die stigting van die kolonies wat weer op hulle beurt daardie wette gebaseer het om die Joods-Christelike erfenis dan kan dit gesien word hoe lank die aanloop is en bevestig regter Sanda Day O'Connor dat daar nie gronde is om sekere optredes te kriminaliseer gegrond op wat 'n meerderheid sou dink nie asook die staat. Regter Scalia is aan jou kant en het geen probleem om dit reguleer en te beperk maar net soos mening gestaan het was daar menings teen dit en is dit verwerp. 
     
    Dit het ongeveer 400 jaar geneem maar dit is bereik. 
     
    Hierdie van Martin Luther King en weet ek hy het nie die hoogste prys betaal net sodat ek 'n aanhaling van hom kan gebruik nie. 
     
    “The Arc of the Moral Universe Is Long, but It Bends Toward Justice”
     
    Apartheid hier, burgerlike regte in die VSA, Brown vs Board of Education wat gelyke onderwys moontlik gemaak het.
     
    Is die verwagting wat jy koester dat op 'n tyd sal 'n besluit geneem word om regte te verbreed deur wie ook al die mag het? 
     
    Die Christene wat verby die Bybel kon kom en slawerny beveg het en aktiviste was vir die afskaffing daarvan? 
     
    Marin Luther King wat ook geput het uit die Bybel vir die bevryding van sy mense. 
     
    (Jy hoor dit seker, free at last, free at last ...)
     
    Moes hulle wag? 
     
    Die reg van vroue om te stem, die bevordering van geslagsgelykheid. 
     
    Daar kan nie gewag word nie, en indien jy aanvoer daar moet gewag word, hoe sou jy die proses beskryf waarvolgens regte dan uitgebrei moet word. 
     
    Is die enigste aanvaarbare, wit, manlik, heteroseksueel en Christelik, al laat jy toe dat die son skyn oor almal. 
     
    Daarom dan weer, ek hoop weereens dat al was ek nie gay nie, ek hard sou gesoek het vir redes om regte aan die grootste moontlike hoeveelheid mense te bied en my homoseksualteit te beperk tot 'n klein gedeelte van wie ek is. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello,

     
    Lank terug het Chris onder die naam van Gilgamesh die volgende geskryf: 
     
    "in 'n eeu waar inligting beskikbaar is met die druk van 'n knoppie en waar kommunikasie makliker is as ooit tevore, is dit skrikwekkend dat ons nie oor die ‘tools’ beskik om te kan onderskei tussen kak, kaf en die geloofwaardige nie." 
     
    In die lig van die kwessies soos aangeroer kan die "Dunning-Kruger Effect" beskou word en som David Dunning dit soos volg op:
     
    Om dit wat volg te verstaan en in konteks te plaas moet daar na die volgende diagram gekyk word:
     
     
    Cluelessness is clearly the biggest circle, in that there is so much knowledge and expertise that lies outside everybody’s personal cognitive event horizon. 
     
    People can be clueless in a million different ways, even though they are largely trying to get things right in an honest way. 
     
    Deficits in knowledge, or in information the world is giving them, just leads people toward false beliefs and holes in their expertise.That is not to dismiss or belittle self-deception. A caveat to begin: The traditional academic definition of “self-deception” is technical and a little stodgy. It requires that, to self-deceive, a person both know “X” and deceive himself or herself into believing “not-X.” But how can a person both believe and disbelieve “X” at the same time? 
     
    If we imbue self-deception with a looser definition, we have a lot to talk about. Psychologists over the past 50 years have demonstrated the sheer genius people have at convincing themselves of congenial conclusions while denying the truth of inconvenient ones. 
     
    You can call it self-deception, but it also goes by the names rationalization, wishful thinking, defensive processing, self-delusion, and motivated reasoning. 
     
    There is a robust catalogue of strategies people follow to believe what they want to, and we research psychologists are hardly done describing the shape or the size of that catalogue. 
     
    All this rationalization can lead people toward false beliefs, or perhaps more commonly, to tenaciously hang on to false beliefs they should really reconsider.
     
    Denial, to a psychologist, is a somewhat knuckle-headed technique in self-deception, and it is to merely deny the truth of something someone does not want to confront.
     
    Dit is die bevestiging van die probleem en as kritiese denke die antwoord daarop is, dan moet ons so voort doen, maar dit bevestig definitief “Man, the measure of all things" het 'n grootse taak om dit reg te doen.
     
    Noam Chomsky:
     
    “We are after all biological organisms not angels ... If humans are part of the natural world, not supernatural beings, then human intelligence has its scope and limits, determined by initial design. We can thus anticipate certain questions will not fall within [our] cognitive reach, just as rats are unable to run mazes with numerical properties, lacking the appropriate concepts".
     
    Die kwessies aangespreek in die drie laaste kommentare van my kant af het daarom dan as oogmerk  die omgang met kennis in die algemeen en hoe is die "best obtainable version of the truth" bereikbaar in alle velde van belang.
     
    CAVEAT LECTOR: let the reader beware
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Ek volg jou verduideliking, maar ek dink jy besef steeds nie die punt wat ek maak, dat, wat ookal die regters bevind, dit juis dui op die verdeeldheid en die feit dat homoseksuele moet dwing om hulle lewensfilosofie op ander in te forseer. Daarby kan jy nie verbykom nie.

    Ek het na twee sake verwys - die een het ek die hofverslag aangehaal en die is afgehandel (Doe-saak) en die ander is so ver gevorderd dat die regters onderskeidelik hul uitsprake bekend gemaak het. Al wat dus nou moet oorbly, is dat hulle moet stem. Ek gee toe dat my baie kursoriese behandeling  van die proses 'n verkeerde indruk by die leke leser kon laat - maar ek het nie die proses benadruk soos jy nie, maar juis die kwessie van die verdeeldheid. Trouens, daar is die mening onder sommige van  die regters dat die saak nie behoorlik voor die hof is nie maar inderdaad prematuur. Lees gerus maar regter Kennedy se bevinding en ook die feit dat hy die mening van ses van die regters verteenwoordig.

    Dus, Scalia ens het alreeds hul bevindings gemaak, maar die regters moet nog stem. Wat van belang is, is nie hoe die regters stem nie, maar die feit dat daar van dwang gebruik gemaak word om homoseksuele hulle sin te kan gee.

    Jy praat slegs oor die regte van homoseksuele, maar jy is tjoepstil oor die regte van die onskuldige kindertjies... dit maak van jou 'n hipokriet, of hoe? En is jou veldtog waarskynlik juis daaroor, so deursigtig selfsugtig en gaan mank aan die objektiwiteit wat mens sou verwag van een wat sê dat hy die regte van ander op die hart dra - nie so nie. Hang alles af of ander se regte hom sal bevoordeel of nie - en dit is kenmerkend van die meeste homoseksuele aktiviste en agnostici.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Al hierdie massas aanhalings... weereens, besef jy nie hoe dit juis in jou gesig terugvlieg en op die ou end 'n massiewe klag teen jou tipe argumentasie word nie?

    Dit is so absoluut sinneloos. Elkeen van hulle kan met gemak teen jouself gerig word - en dan doen jy soveel moeite om dit op te soek en te plaas.

    Hoe kom jy verby die negatiewe aspek van dwang wat desnoods gevoel word, noodsaaklik is om iets af te dwing wat die groter gemeenskap nie wil hê, nie? En die feit dat die groter gemeenskap dit nie wil hê omdat dit as so onnatuurlik beskou word?

    Hoe selfsugtig is julle dan...

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus et al, 

     
    Voor dit agtergelaat word, jy skryf: 
     
    Net soos jou Pew meningsopnames oor die aanvaarbaarheid van homoseksualiteit wat jy elders noem. Ek betwyfel nie werklik Pew se bevindinge nie, maar inderdaad jóú interpretasie daarvan. Al wat Pew aandui is dat die meerderheid mense nie homoseksuele as mense uit die samelewing wil ban nie, maar dat hulle sulke mense daar verdra … mits sulke mense hul afstand behou, selfs in ’n sekulêre wêreld … en ek wonder of jy besef wat dít impliseer. 
     
    Dit temper jy weer met 'n 'amper' positiewe frase: maar jy moet glad nie aanvaarding van daardie lewensfilosofie daarin lees nie. Dit is eerder ’n kwessie van parallelle samesyn...
     
    Dit is dalk so redelik soos kan kom....
     
    Ek dink dit is duidelik dat jy nie vir aanvaarding is nie en moontlike redes vir die gelowige kan op 'n latere stadium ondersoek word. Dit is egter belangrik om te let dat gelowiges ook nie in ooreenstemming oor die onderwerp is nie. Maar terug na die aanhaling van jou af waarna ek verwys het. 
     
    Dit is duidelik dat die woord wat jy wil oordra is die van 'verdra'. Vergelyk dit met die woord 'aanvaarding' wat uit die Pew-verslag kom. 
     
    Met dit as agtergrond begin die stryd rondom woorde: 
     
    Die Pew-verslag stel dit soos volg:  
     
    The view that homosexuality should be accepted by society is prevalent in most of the European Union countries surveyed. About three-quarters or more in Spain (88%), Germany (87%), the Czech Republic (80%), France (77%), Britain (76%), and Italy (74%) share this view, as do more than half in Greece (53%). Poland is the only EU country surveyed where views are mixed; 42% say homosexuality should be accepted by society and 46% believe it should be rejected.
     
    Canadians, who already expressed tolerant views in 2007, are now even more likely to say homosexuality should be accepted by society; 80% say this, compared with 70% six years ago. 
     
    Views are not as positive in the U.S., where a smaller majority (60%) believes homosexuality should be accepted. But Americans are far more tolerant today than they were in 2007, when 49% said homosexuality should be accepted by society and 41% said it should be rejected.Opinions about homosexuality are also positive in parts of Latin America. 
     
    In Argentina, the first country in the region to legalize gay marriage in 2010, about three-quarters (74%) say homosexuality should be accepted, as do clear majorities in Chile (68%), Mexico (61%) and Brazil (60%); about half of Venezuelans (51%) also express acceptance. 
     
    Hierdie is dan in kontras tot die volgende: 
     
    Publics in Africa and in predominantly Muslim countries remain among the least accepting of homosexuality. In sub-Saharan Africa, at least nine-in-ten in Nigeria (98%), Senegal (96%), Ghana (96%), Uganda (96%) and Kenya (90%) believe homosexuality should not be accepted by society. 
     
    Even in South Africa where, unlike in many other African countries, homosexual acts are legal and discrimination based on sexual orientation is unconstitutional, 61% say homosexuality should not be accepted by society, while just 32% say it should be accepted.
     
    Overwhelming majorities in the predominantly Muslim countries surveyed also say homosexuality should be rejected, including 97% in Jordan, 95% in Egypt, 94% in Tunisia, 93% in the Palestinian territories, 93% in Indonesia, 87% in Pakistan, 86% in Malaysia, 80% in Lebanon and 78% in Turkey.
     
    Elsewhere, majorities in South Korea (59%) and China (57%) also say homosexuality should not be accepted by society; 39% and 21%, respectively, say it should be accepted. 
     
    South Korean views, while still negative, have shifted considerably since 2007, when 77% said homosexuality should be rejected and 18% said it should be accepted by society.
     
    Religiosity and Views of Homosexuality
     
    There is a strong relationship between a country’s religiosity and opinions about homosexuality. There is far less acceptance of homosexuality in countries where religion is central to people’s lives – measured by whether they consider religion to be very important, whether they believe it is necessary to believe in God in order to be moral, and whether they pray at least once a day.There are some notable exceptions, however. 
     
    For example, Russia and China receive low scores on the religiosity scale, which would suggest higher levels of tolerance for homosexuality. 
     
    Yet, just 16% of Russians and 21% of Chinese say homosexuality should be accepted by society. Conversely, Brazilians and Filipinos are considerably more tolerant of homosexuality than their countries’ relatively high levels of religiosity would suggest.
     
    In Israel, where views of homosexuality are mixed, secular Jews are more than twice as likely as those who describe themselves as traditional, religious or ultra-Orthodox to say homosexuality should be accepted (61% vs. 26%); just 2% of Israeli Muslims share this view.
     
    In al my skrywes het ek probeer aandui dat 'n eenvoudige enkele antwoord (op alle vrae) is nie moontlik nie en is daar dan daarom vele lande waar daar glad nie 'n stryd is nie en het die gesprek gegaan oor die ontkenning van regte aan gay persone om te trou en kinders aan te neem en behalwe vir jou godsdienstiges redes is daar geen ander gronde waarop jy kan aanspraak maak nie. 
     
    Godsdiensvryheid vir jou maar beprekings moet geld vir ander. 
     
    Hoe kan dit dan staan as aanvaarbaar. 
     
    Soos jy kan sien ek dui duidelik aan waar aanvaarding nie die norm is en bevestig weereens dat dit kan herlei word na religie en kultuur en neem kennis van die term, 'rejected'.
     
    Dit is duidelik dat dit 'n baie sterk impuls is. 
     
    Religie is maklik om te verklaar aangesien dit bou op 'n vooroordeel wat meer as 2000 jaar oud en die ontwikkeling daarvan met redelike duidelikheid getrek word. 
     
    Die aspek wat ek graag meer sou ondersoek is die aspek van kultuur en is nie bewus van 'n goeie boek op hierdie stadium nie waarna ek kan verwys vir antwoorde maar sal op die uitkyk wees. 
     
    Soos uiteengesit is kultuur dan 'n aspek wat ondersoek kan word en kan daar egter  verwys word na die toestand in Rusland op hierdie stadium deur 'n intense homofobiese stadium gaan en sal ek graag later iets daaroor wil plaas as 'n manier om die kultuur aspek te verstaan. 
     
    Vir die wat die Pew-verslag nie deur my bril wil lees nie kan dit hier vind:
     
     
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Na jou verduideliking is dit nou verseker dat jy die Pew-verslag verkeerd interpreteer deur die oog van iemand met 'n wesenlike belang daarby.

    Die verslag verwys in hoofsaak na 'homosexuality' wat bloot na die seksuele oriëntasie verwys en nie na die praktyke wat sommige homoseksualiste bedrywe nie - iets wat baie beslis nie deur alle homoseksuele mense bedrywe word, nie.

    Die kontras wat met 'accepted' in Europese sin bedoel word en 'unaccepted' in Afrika en Islam verband, verduidelik die hele ding. In laasgenoemde lande sal 'n homoseksuele persoon eenvoudig strafregtelik vervolg word ongeag of hy dit praktiseer of nie. Die blote oriëntasie word eenvoudig verbied en die mense daarmee saam verwerp. In Europa gebeur dit nie so nie.

    Dit is dus hoe jy die verskil  en betekenis van 'accepted' en 'unaccepted' in die Pew-verslag moet verstaan

    Homoseksualisme as praktyk is en bly onaanvaarbaar, selfs by die sekulêre Europeër wat sê dat hy nie omgee wat jy in jou privaatheid doen nie - solank jy net die afstand handhaaf. Dit is die algemene sekulêre Europese gevoel. En dit beteken hoegenaamd nie dat daar volledige aanvaarding is nie - dit sal nooit gebeur nie.

    Vanuit die Christelike oogpunt is geen mens verwerplik nie. Wat mense doen, is egter dikwels verwerplik omdat dit teen God se wil is en die praktyk van homoseksualisme is ongetwyfeld een daarvan. Die rede waarom daar soveel klem val en aandag bestee word aan daardie gruwel voor God en gelowige, is omdat die homoseksuele aktivis sy onnatuurlike, ongewone en onaanvaarbare oriëntasie in ander se kele wil inforseer op elke wyse en maak asof dit nie sonde is nie.

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus, 

     
    Hierdie is wel bekend komende van jou af en is verteenwoordigend van die tipe van denke wat daardie vooroordeel sou verwoord wanneer jy skryf: 
     
    Wat mense doen, is egter dikwels verwerplik omdat dit teen God se wil is en die praktyk van homoseksualisme is ongetwyfeld een daarvan. Die rede waarom daar soveel klem val en aandag bestee word aan daardie gruwel voor God en gelowige, is omdat die homoseksuele aktivis sy onnatuurlike, ongewone en onaanvaarbare oriëntasie in ander se kele wil inforseer op elke wyse en maak asof dit nie sonde is nie.
     
    Kennis word geneem van daardie moraliteit waarop jy jou argumente baseer, maar hierdie is nie die moraliteit wat vir die gemeenskap geld nie en is jou geloof net een van 'n verskeidenheid van belange aan wie daar gehoor gegee moet word. Soos Jaco elders aandui dit is jou volste reg om daardie mening te verwoord en te verdedig net soos die teendeel ook waar is en daar aktief vir gelyke regte  deur die gay persoon argumenteer kan word. 
     
    Gebaseer op jou moraliteit wil jy die reg tot huwelike en die aanneming van kinders deur gay persone verhoed. Heel kras gestel is dit dan juis die gelowige wat sy wil op die samelewing wil afdruk en persone se regte probeer onderdruk. Is dit nie selfsugtig nie van jou kant af nie? 
     
    Veronderstel die skoen was aan die ander voet en godsdiensvryheid was belet en die persone aktief vervolg, hou sou jou argumente dan daarna uitgesien het? 
     
    Die argument is soos altyd, jy koester jou vryhede, maar kan nie aanvaar dat ander persone ook hul vryhede gegun word nie.
     
    Hierdie is genadiglik nie 'n teokrasie nie. 
     
    Soos baie duidelik bevestig elders is die lande waarin die onderdrukking die ergste is vir my onrusbarend en het ek 'n diep empatie vir die persone in sulke lande maar het ook geen antwoorde nie hoe hulle gehelp moet word nie en wat gedoen kan word om die vervolging en onderdrukking te temper nie. 
     
    Verwysend na die 'oral arguments' van die Amerikaanse Hooggeregshof wat oor 'n periode van twee dae was, het ek die transkripsie op my Kindle en het my eers vertroud gemaak met die menings daarin voor die kommentaar geplaas is, daarom is die verwysings van jou dat die saak dalk nie moes aangehoor word nie, bekend aan my, maar het regter Scalia met genoegdoening sy mede-regters meedeel, wel dit is nou te laat ...
     
    Ook dink ek nie die menings is al voltooi nie en indien jy my 'n skakel kan gee waar dit begin sirkuleer dan sal ek dit waardeer, waarna ek wel uitsien is die finale beslissing en die gronde waarop dit beslis sal word. 
     
    Tot en met daardie beslissing is daar nie veel wat ek kan byvoeg tot wat ek alreeds geplaas het nie. 
     
    Ek kon nie iets oor Doe spoor nie en het eerder gefokus op jou beskrywing van die sogenaamde beslissing wat afgehandel was deur die Amerikaanse Hooggeregshof aangesien dit so ooglopend verkeerd was.
     
    Jy is heeltemal reg. Alles wat ek hier bo geplaas het oor 'motivated reasoning' kan net so op my gedraai word, maar dit was die punt, hierdie is die blinde kolle waarvoor ons almal moet verstigtig wees en al probeer ek hoe hard onpartydig wees, kon ek in dit gefaal het. 
     
    Daarom dan bly ek uitkyk vir 'n studie wat sonder twyfel negatiewe gevolge vir aanneming van kinders kan bevestig maar het nog nie so 'n voorbeeld gevind nie wat nie besmet was deur regressiewe politiek en eng godsdiens nie. 
     
    Ek het wel gekyk na die ervaring van Nederland, aangesien huwelike nou al vir 13 jaar daar wettig is, die langste van alle lande wat beide huwelike en aanneming toelaat en die resultate is positief en weeg sterker as die een enkele persoon wat jy hier kon aanbied as 'n bevestiging dat die hele bestel faal.
     
    Die aanhaling van jou wat ek aangehaal het is kras en kom hard oor en alhoewel dit tiperend is van vele gelowiges kan dit nie net aanvaar word dat die jou ontleding van samestelling in kontras tot die Pew-verslag moet staan as hoe dit werklik is nie. 
     
    Ongeveer 40 000 mense is ondervra en is die bevindinge die twee uiterstes, aanvaarding versus verwerping van homoseksualiteit.
     
    Wat is homoseksualiteit? 
     
    Is dit net die seksdaad?  
     
    Indien jy studies kan bring wat betroubaar is dan kan dit teen die Pew-verslag geweeg word en dan verder ondersoek word. 
     
    Op hierdie stadium klink die verwerping en afstand waarna jy verwys te veel soos die aanhaling van jou deur my geplaas in my inleiding. 
     
    Ek sluit daarom dan hiermee af en is soos dit gewoonlik is, daar sal moet ooreengekom moet word om te verskil. 
     
    Sodra die beslissing uit is dan sal ek 'n brief daaroor plaas en kan dit dan ontleed word om te bepaal wat dit van die samelewing openbaar. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Gou oor Pew – 40,000 mense sê jy, is ‘ondervra’.

    As daar wel kritiek ingebring kan word, is dit hierdie absoluut onverteenwoordigende steekproef – daar is bykans 7 biljoen mense op aarde waarvan ongeveer 60% oud genoeg is om betekenisvol te reageer op sulke vrae, dit wil sê, ongeveer 4,2 biljoen mense. Die steekproef verteenwoordig dus nie meer as ongeveer 0,00095% van die beskikbare partisipante  nie.

    Daarbenewens is plekke soos Indië se resultate ook weggelaat weens beweerde verkeerde hantering van steekproewe en resultate. Daarbenewens is dit ook baie moeilik om ander ongerymdhede die hoof te bied – ’n logistiese probleem wat net eenvoudig deur die Pew-bestuur nie na behore bestuur kán word nie.

    Daar is dus gebiede en lande uitgesoek vir die doel van die steekproef en dit is duidelik dat daar gebiede uitgesoek is wat ’n meer positiewe resultaat sal oplewer. Daar is massas plekke en mense wat oorgesien is wat waarskynlik ’n héél ander prentjie sal weergee. Dinge soos seleksie van groepe vir deelname in woongebiede waar mense van sekere oortuigings gekonsentreer is, maar nie ’n betroubare steekproef van ’n hele gebied verteenwoordig nie.

    Dan is daar ook die kwessie van die gelaaide vraag: “Homosexuality should be accepted by society OR Homosexuality should not be accepted by society” Dit is ’n báie moeilike onderwerp, omdat elke individu se mening nie in groepsverband getoets kán word, nie. Jy sal vind dat lede van ’n huishouding dikwels ook oor soiets verdeeld kan wees. Dan is daar ook die kwessie dat elke individu iets ander sal ‘lees’ in só ’n gelaaide vraag. Meeste van die steekproewe is sommer telefonies gedoen en mense is onkant gevang daardeur sonder tyd om te besin oor die implikasies van die vraag. Dit is ook opmerklik hoe partisipante se reaksies letterlik seisoenaal verskil … Soos die Pew-redaksie self ook waarsku “one should bear in mind that question wording and practical difficulties in conducting surveys can introduce error or bias into the findings of opinion polls”.

    Jy moet dus nie reken Pew se studie is betroubaar nie, want dit is hoegenaamd nie verteenwoordigend nie, maar dit is vir die doel daarvan aanvaarbaar, naamlik dat dié partisipante wat wél deelgeneem het, se menings waarskynlik betroubaar weergee, word, wat hulle ook al daaronder verstaan.

    Jy maak ook die opmerking dat een mens se opinie (ek meen jy verwys na die persone wat hulle uitspreek teen aanneming) maar jy vergeet dat hulle sê dat hulle die stem van vele is en dat die ander bang is om uit te spreek – iets wat blykbaar nie ongewoon is in die homoseksuele gemeenskap nie … daar intimidasie faktor.

    Jy maak ook die aanmerking  dat dit dan juis die gelowige is wat sy wil op die ‘samelewing’ wil afdruk en persone se regte probeer onderdruk … jy beskou die relatief geringe hoeveelheid  homoseksuele aktiviste as ‘die samelewing’? Nie net is dit arrogant nie, maar ook ’n refleksie van integriteitsloosheid van jou om só ’n bewering te maak.

    Dit is goed jy praat van Godsdiensvryheid.

    My voorvaders was dodelik vervolg daaroor en vandag nog, is daar miljoene in Oosterse en Islam lande wat daaroor vervolg word. Maar hoe dink jy het hulle dit hanteer? Hulle gebruik nie geweld nie, gebruik nie woord-geweld nie, hulle beroep hulle op God Wie inderdaad finale en permanente uitkoms gee deur mense se harte te verander. Dit was ook die geval met die Neger-slawe van Amerika. Dit is waarom daar vandag met uitsonderings na, Godsdiensvryheid is. Daardie truuk van jou om die vergelyking te probeer tref, is dus nou eier in jou gesig.

    As jul werklik ’n saak had, kon julle tot God bid vir verlossing … maar as julle kampanje teen God se wil is, sál julle van dwingelandy gebruik moet maak en uiteindelik die prys daarvoor betaal, ’n prys wat te erg is om hier uit te spreek, want met die geweld waarmee julle te werk gaan, al is dit verbale geweld, sal julle veelvuldiglik mee verneder word in die tyd wat kom. Ook hulle ‘kinders’, die arme slagoffers van dié losbandige begeertes, sal hulle homoseksuele ‘ouers’ in die geheim en selfs openlik vervloek – daar sal geen vrede ooit vir hulle wees, nie. Daar staan geskrywe – kind, eer jou vader én jou moeder. Die res is gewoon ’n vervloeking. ’n Kind van homoseksuele ‘ouers’ is hulle geen eerbied verskuldig nie.

    As julle egter tot God sou bid vir verlossing, sal Hy tog sekerlik daarop ag slaan, maar op ’n manier wat jou verstand te bowe sal gaan, omdat Hy julle sal verlos van die oorsaak van die probleem – sommige van julle se onbeheerste homoseksuele begeertes.

    Dit antwoord ook sommer jou vraag – homoseksualiteit per se is soos enige ander sondige begeerte en versoeking – dit kan óf weerstaan word óf dit kan aan gevolg gegee word en dit is laasgenoemde wat deur God verbied word met die gevolge daaraan verbonde. Daar is verskeie mense wat homoseksuele begeertes het, maar hulle lewens aan die HERE Jesus Christus opgedra het en by Hom die krag en wil ontvang om dié begeertes die hoof te bied en in vreugde en vrede lewe – jy het al van hulle hier op die forum sien skrywe daaroor. Daar ís dus ’n nuwe gesonde, vreugdevolle en vredevolle lewe ná homoseksualiteit.

    Rebelleer teen God en jy sál die prys betaal. Wil jy nie maar asseblief ophou daarmee nie?

    Kobus de Klerk

  • Hello, 

     
    Die volgende 'hoogtepunte', om in die grense van 'fair use' te wees uit Sondag se New York Times:
     
    Supreme Court Weighs Cases Redefining Legal Equality
    By ADAM LIPTAK
     
    WASHINGTON — Within days, the Supreme Court is expected to issue a series of decisions that could transform three fundamental social institutions: marriage, education and voting.
     
    The extraordinary run of blockbuster rulings due in the space of a single week will also reshape the meaning of legal equality and help define for decades to come one of the Constitution’s grandest commands: 
     
    'the equal protection of the laws'. 
     
    The four major cases yet to be decided concern same-sex marriage, affirmative action in higher education and the fate of the Voting Rights Act of 1965, which places special burdens on states with a history of racial discrimination.

    Formal equality would require that gay couples be treated just like straight couples when it comes to marriage, white students just like black students when it comes to admissions decisions and Southern states just like Northern ones when it comes to federal oversight of voting. 

    Professor Strauss said. “One thing that seems to be going on with these historically excluded groups,” he said, “is that they come to be thought of as just another interest group. Blacks seem to have crossed that line.”

    Justice Antonin Scalia appeared to express that view during the argument in February in the voting rights: 

    “Whenever a society adopts racial entitlements,” he said, “it is very difficult to get out of them through the normal political processes.”

    Gay men and lesbians have yet to achieve formal legal equality. They are not protected against job discrimination in much of the nation, may not marry their same-sex partners in most of it and do not have their marriages recognized by the federal government in any of it. 

    Chief Justice John G. Roberts Jr. suggested in March that ordinary politics would sort things out. “As far as I can tell,” he told a lawyer challenging the federal marriage law in United States v. Windsor, No. 12-307, “political figures are falling over themselves to endorse your side of the case.”

    In the three months since that argument, three more states have adopted same-sex marriage, raising the total to 12, along with the District of Columbia.

    Kenji Yoshino, a law professor at New York University, said the two different conceptions of equal protection are animated by different concerns. 

    One is skeptical of government classifications based on race and similar characteristics, whatever their goals. The other tries to make sure that historically disfavored groups are not subordinated.

    There is another possibility: one or more of the cases could fizzle, said Walter E. Dellinger, who served as acting solicitor general in the Clinton administration and filed an influential brief in the Proposition 8 case, Hollingsworth v. Perry, No. 12-144. It argued that the failure of officials in California to appeal the judgment against them deprived the Supreme Court of jurisdiction to decide the case, and it was discussed at the argument in March.Mr. Dellinger said all four remaining blockbuster cases suffer from plausible procedural flaws that could lead to their dismissal. “I’ve never heard of this before,” he said of such an end-of-term possibility.

    An effort to harmonize all of the court’s big decisions may in the end prove impossible. “It’s hard to imagine somebody happy with everything they do, except Justice Kennedy,” Professor Strauss said, referring to the member of the court at its ideological center, Justice Anthony M. Kennedy.That may be just as well for the court’s reputation. 

    In giving something to liberals and something to conservatives, as it often does, Professor Strauss said, “the court has avoided putting itself in a position where either side wants to declare war on them.”

    Dit is dus wag en sien ...
     
    Baie dankie

    Wouter
  • Hello, 

     
    Voor dit te laat is om die volgende kommentaar sinvol te plaas die volgende opdatering van my kant af: 
     
    Doe v Pryor: 
     
    In die kommentaar geplaas dui aan ek dat ek nie iets gespoor kon kry oor bogenoemde saak nie. Dit moet verduidelik word aangesien dit verwys na die feit dat ek nie 'n maklik verstaanbare verduideliking vir dit kon spoor en slegs die volledige beslissing: 
     
    Daarom is die volgende konteks uiteindelik waardevol om dit te verstaan en is uit die New York Times gedateer 2005: 
     
    January 11, 2005
    Justices Refuse to Consider Law Banning Gay Adoption
    By LINDA GREENHOUSE
     
    Jan. 10 - The Supreme Court refused on Monday to hear a challenge to a Florida law that prohibits gay men and lesbians from adopting children.
     
    Florida's is the only such statute in the country, and the prohibition is the only categorical adoption ban on the state's books. 
     
    Three gay men and the children they have raised in long-term foster care challenged the statute in a lawsuit filed four years before the Supreme Court, in Lawrence v. Texas, invalidated that state's criminal sodomy law in a landmark gay-rights ruling.
     
    The Florida plaintiffs had lost their case in Federal District Court in Key West and had already filed their briefs with the federal appeals court in Atlanta when the Lawrence decision was issued in June 2003. 
     
    Their lawyers then filed supplemental briefs arguing that the Texas decision meant that Florida's law should also fall, as an expression of anti-gay sentiment that the Supreme Court had ruled could not be a basis for public policy.
     
    But a three-judge panel of the United States Court of Appeals for the 11th Circuit disagreed, ruling last January that the Lawrence decision did not refute: 
     
    "the accumulated wisdom of several millennia of human experience" that the "optimal family structure" in which to raise children was one with a mother and father married to each other.
     
    The appeals court then deadlocked 6 to 6 on whether the full court should rehear the case. 
     
    Although Florida's adoption law had contained a preference for married couples, the state repealed that provision in 2003. 
     
    One-quarter of the adoptions in the state are by single people.
     
    The state Legislature voted to prohibit adoptions by gays in 1977, in the midst of a campaign led by the entertainer Anita Bryant to repeal a gay-rights ordinance adopted by Dade County. 
     
    Florida permits gay men and lesbians to be foster parents. 
     
    Soos alles en altyd is die duiwel in die detail en konteks. 
     
    Hierdie bevestig dan die saak het nie alle state aanspreek nie en glad nie die Amerikaanse Hooggeregshof gehaal het nie en net soos Florida alleen in hierdie diskriminasie is: 
     
    Gay Adoption in Florida
    A recent survey showed that there are 250,000 children in the United States living with gay and lesbian parents, according to Lambda Legal, a national organization dedicated to protecting the rights of the LGBT community as well as those with AIDS and HIV. 
     
    The 2000 U.S. Census also showed that there are approximately 600,000 gay and lesbian families, and that they live in 99.3% of all U.S. counties. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Kobus, 

     
    Ten minste baseer ek my ontledings op 'n steekproef en is die aard van 'n steekproef dat dit 'n minuskale persentasie van enige bevolking kan toets. Vergelyk dit met jou stellings wat nie getoets kan word nie en doodgewoon uit die boek van Kobus De Klerk kom en dit is aanvaarbaar? 
     
    Tesame daarmee is die verslag glad nie deur my getemper op enige manier en is beide die goeie en die slegte geplaas, juis omrede ek meer belangstel in wat as redelik beskou kan word en nie net my mening of jou mening daaroor wil aanvaar as bevestigend van die werklikheid. 
     
    Bogenoemde is vir beide van ons meer as 39 990 mense wie se menings getoets is en daaruit kan afleidings gemaak word. 
     
    Hierdie bevestig dan dat jy 'n alternatiewe studie kan bring nie en dat daar doodgewoon gegaan moet word op wat jou argumente is en dat die studie dan verwerp moet word. 
     
    Hierdie is soos verwag en is dit voorspel dat dit die uiteinde sou wees en daardie punt is nou bereik. 
     
    Met dit dan sal ek na die onderwerp terugkeer sodra die beslissing uit is en verkies ek om gelyk voor die wet te wees in plaas van 'n christelike teokrasie wat tog in sekere aspekte poog om sy wil op die samelewing af te druk. 
     
    Dit is die verskil, jou godsvryheid koester jy, maar kan nie vryhede na behoefte vir die res gun nie. 
     
    Hoekom is dit so? 
     
    Diversiteit is juis die norm en dit moet floreer. 
     
    Jou opmerkings oor sondes is 'n ander onderwerp en is die brief wat jy eerder moes geskryf het en dit nie probeer verbloem het oor hofbeslissings en ander verslae wat na ondersoek een na die ander bevestig is as ongeldig. 
     
    Jou gronde vir jou argument het vol sirkel gekom en is die onderbou soos verwag kan word, 'dit is sonde' en daardie is 'n mening wat jy mag huldig, maar 'sonde' is nie 'n bousteen vir wetgewing nie. 
     
    Baie dankie vir die gesprek en laat ek jou weet sodra die beslissing uit is. Van waarde daarin sal die gronde wees waarop die beslissing sal rus. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Ja, wat die pro-stem aanbetref, is die Pew-ondersoek ooglopend streekgebonde en uitgekies.

    As jy dink ek is die enigste mens wat voel soos ek voel oor die kwessie van homoseksualisme, dan leef jy werklik in ‘n baie klein, geïsoleerde selfgeskepte wêreldjie van jou eie… jou aanmerking is dus nie ‘n veertjie in jou hoed vir jou, nie.

    Wat jy beskou as ‘slegte’, beskou biljoene mense as ‘goeie’… besef jy dit dan nie? Daar hoef nie ‘n studie van gemaak te word dat die oorgrote meerderheid van mense op die aardbol oor die algemeen probleme met homoseksualisme het, nie – dit staan vas. Dit is juis waarom homoseksuele aktiviste so aggressief te werk gaan, want as dit nie so was nie, sou daar nie vir julle aktiviste gewees het, nie. Soos ek sê, ek dink jy het jou eie leefwêreld geskep waar dié dinge by jou verbygaan en jy is aan die verloorkant daaroor.

    Die waarde van die hofbeslissings is reeds bekend – die feit dat homoseksuele hulle tot dwingelandy moet wend weens die onnatuurlike aard van hulle lewensfilosofie wat hulle op ander probeer inforseer. Dus, die uitsprake kán nie vir julle gunstig wees nie, wat dit ookal is – as daar ‘n positiewe resultaat sou wees, is dit weens dwang. As daar nie ‘n positiewe resultaat is nie, is dit omdat die dwang nie aanvaarbaar is nie. In beide gevalle is die verdeeldheid baie sigbaar en dit is julle probleem. Iets wat jy op ‘n ander afdwing, sál mettertyd in jou gesig ontplof.

    Terloops, jy wat sê dat meningspeilings akkuraat is? Dit is glad nie so nie. Hoegenaamd nie. Oraloor word meningspeilings oor die politiek gedoen, byvoorbeeld, om maar net keer op keer die nek ingeslaan te word by die stembusse. Hierdie issue is so 'n politieke, belaaide issue en behoort jy glad nie gerus te raak nie.

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus, 

     
    Laat dit dan nou maar so wees, jy praat namens 4.200 000 000  mense en dit sonder 'n steekproef, anders sal jy nie oortuig word nie en laat ek dit daar staan. Hoe kon dit dan anders gewees het. Die kern van hele debakel was die stellings wat jy gemaak in die begin van die siklus en 'n totale onwerklikheid geskets het. 
     
    Die beslissing is vandag uit en rapporteer die New York Times soos volg: 
     
    Two Major Rulings Back Gay Marriage
    By ADAM LIPTAK
     
    WASHINGTON — Married gay and lesbian couples are entitled to federal benefits, the Supreme Court ruled on Wednesday in a major victory for the gay rights movement.In a second decision the justices said that a case concerning California’s ban on same-sex marriage, Proposition 8, was not properly before them. 
     
    Because officials in California had declined to appeal a trial court’s decision against them and because the proponents of Proposition 8 were not entitled to step into the state’s shoes to appeal from the decision, the court said, it was powerless to issue a decision.
     
    Legal analysts say that same-sex marriages there are likely to resume in a matter of weeks.
     
    The decision on the federal law was 5 to 4, with Justice Anthony M. Kennedy writing the majority opinion, which the four liberal-leaning justices joined.
     
    “The federal statute is invalid, for no legitimate purpose overcomes the purpose and effect to disparage and injure those whom the State, by its marriage laws, sought to protect in personhood and dignity,” 
     
    Justice Kennedy wrote. “By seeking to displace this protection and treating those persons as living in marriages less respected than others, the federal statute is in violation of the Fifth Amendment.”
     
    Chief Justice John G. Roberts was in the minority, as were Justices Antonin Scalia, Clarence Thomas and Samuel Alito.
     
    The ruling overturned the Defense of Marriage Act, which passed with bipartisan support and President Bill Clinton signed.The decision will immediately extend some federal benefits to same-sex couples.
     
    Justice Kennedy, in his opinion, wrote that the law was “unconstitutional as a deprivation of the equal liberty of persons that is protected by the Fifth Amendment.”

     
    'Sonde' is toe verwerp as 'n rede, welkom in die werklikheid. Hierdie is nou afgehandel en kan die laaste woord joune wees. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Jou reaksie op die Amerikaanse hofbeslissings dui op twee dinge – jy laat jou deur sensasionele media lei – die koerant – omdat jy geen regskennis of regsgevoel het nie en jy dus nie verstaan wat  die uitsprake se implikasie is nie. Jy is só desperaat dat jy die werklikheid geheel en al nie begryp nie.

    Ek was toe reg – al wat die regters gedoen het, was om te stem, nadat hul reeds hul onderskeie bevindings bekend gemaak het as individuele regters – veral ook hulle onwilligheid om die uiters belangrike (vir julle) Proposition 8 - beslissing te maak en, soos uitgewys, bevind het dat hulle nie jurisdiksie had.

    Maar van meer belang as die prosedure, is die meriete. Op die meriete het jul geen vordering gemaak nie, maar eintlik 'n terugslag beleef.

    Dwingelandy is die kenwoord en daar is ‘n naelskraap vyf-teen-vier beslissing, slegs ten aansien van die een aspek – die beslissing op die DOMA, wat blote gelyke finansiële regte van staatsweë aan saamwonende homoseksuele mense gee, maar steeds geen lisensie is om ‘n homoseksuele huwelike aan te gaan nie.

    Die één beslissing wat dit moes vermag ooreenkomstig julle verwagtinge – die Proposition 8 kwessie – welwetende dat dit die meerderheidswil van die staat Kalifornië is om homoseksuele huwelike te verban, het toe in duie gestort voor julle neuse. Die homoseksuele aktiviste wou só graag die beslissing hê wat die weg vir hulle landwyd sou gebaan het. Die appèlhof het juis die geleentheid gehad, maar juis nié só ‘n beslissing gemaak nie en die saak op ‘n blote tegniese aspek uitgegooi, naamlik gebrek aan locus standi.

    Die werklikheid is dan, soos die koerant dit stel “The rulings leave in place laws banning same-sex marriage around the nation, and the court declined to say whether there was a constitutional right to same-sex marriage.” Slegs 13 van die 50 state…

    Wat het die homoseksuele dus met hulle peperduur regsaksies bereik? Absoluut niks op die meriete nie. Geldelike kwessies van saamwonendes het geen betrekking op die meriete en morele kwessie van die onwenslikheid van homoseksuele huwelike, nie.

    Homoseksuele ‘huwelike’ word steeds in al die ander 37 state verbied, terwyl die appèlhof die goue geleentheid had om dié situasie te verander, maar eerder, wyslik, weggebly het van dié soort van beslissing. Dalk het die regters besef watter gemors dit sal veroorsaak om dié homoseksuele dwingelandy af te dwing op 37 van die 50 onwillige federale state.

    Maar, ek kry jou op ‘n manier jammer. Jou arrogante en aanmatigende en katterige trant van jou laaste kommentaar sê dit alles. Jy is in geen beter posisie as om na strooihalms te gryp en dit te probeer verhef na pilare nie.

    Dus, waar dit saak maak, is sonde steeds die oorwegende faktor vir wetgewing… Selfs in Kalifornië, die grootste staat (bevolkingsgewyse), waar Proposition 8 deur die meerderheid in die federale regering daar gepromulgeer is, maar met ‘n laerhof beslissing  omvêr gewerp is en die staat nagelaat het om betyds te appelleer en dit toe verkeerdelik in die appèlhof beland het…

    Dus, absoluut geen rede vir julle vreugde dáár, nie – die meerderheidsposisie van die grootste staat is steeds teen julle aktivisme in lyn met die ander 37 federale state.

    Geeneen van julle kan gerus slaap nie – julle dwingelandy maak met rasseskrede vyande sovêr julle met julle onwyse optrede gaan en julle besef dit blykbaar nie.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top