Beste Pro-dink
Baie dankie vir jou weldeurdagte reaksie op my skrywe. Jou en Perdebytjie se brief aan jou oor hierdie onderwerp gee my sommer ook beter gemoedsrus.
Jy skryf: “In Angus se skrywe oor die gelowiges se wroeging meen hy hulle het sielkundige hulp nodig. Ja, ek stem saam tot ’n mate, die probleem is dat die gewone sielkundiges baie keer ook gelowiges is, weliswaar miskien ‘verligte gelowiges’.”
Ek sou graag wou weet hoe sien jy die verskil tussen ’n gelowige sielkundige se behandeling en dié van ’n sielkundige wat nie glo aan die bonatuurlike nie.
Groete
Angus

