Wanneer iemand aanspraak maak daarop dat hy in God glo, maar sy uitlatings oor wat hy glo en nie glo nie - veral waar dit die Woord aangaan en sy oortuigings so selektief is dat hy sommige dele aanvaarbaar en ander onaanvaarbaar vind in die Woord – is sodanig dat die geharde ateïs en die ander agnostici opgewonde raak oor sy uitlatings, soos in die geval met Cornelius en Duitswester, dan moet hy besef dat hy die pad byster geraak het, wég van God af. Dit is eintlik logies – die agnostikus kan homself nie sovêr kry om énigiets sinvol betreffende God te glo, nie. Daarom stel hy hom dit ten doel om die Woord te probeer afbreek, soos ons met hulle hier sien doen.
’n Ander baie belangrike aspek van sulke draadsitter-ongelowiges wat hulleself vir gelowiges uithou, is juis in die aspekte omtrent hul benadering en getuienis daaroor wat die agnostici so opgewonde maak. Die feit dat hulle juis deur agnostici besing word omdat hulle die Woord "sif" en kwansuis probeer behou wat vir húlle persoonlik kwansuis die ‘moeite werd’ is om te behou én boonop in sommige gevalle, soos met Cornelius, dieselfde doen met ander religieë en dat hulle juis vir die agnostici - wat géén gevoel vir Geestelikheid en Goddelikheid het nie - so menslik-mens voorkom, terwyl dit juis die doel van die ware gelowige is om van sy karnaliteit, sy oorhoopse menslikheid en die swakhede daaraan verbonde, ontslae te probeer raak deur te streef daarna om meer Geestelik te word (Kolossense 3:5-7).
Wat dié getuienis dan so duidelik uitlig, is dat die draadsitters dan juis nié gelowiges in God is nie, maar vir hulself so ’n poespas prakseer wat hulle persoonlik pas, ongeag die dissipline van die Goddelike Woord – tewens – dit is juis dáárdie aspek van ongeloof en ankerloosheid wat so uitstaan vir die agnostikus en wat die agnostikus so opgewonde maak, juis omdat die agnostikus ook so is.
Op die ou end is die draadsitter dus presies nes die agnostikus – beide vind hul eie subjektiewe redes waarom hulle nie glo nie, of in sommige gevalle eerder hul eie geloof sal prakseer waaroor net hulle hoef te besluit en hulle net aan hulself verantwoording hoef te doen – dus hulle eie oordeel word gestel bó die van God tot die mate waar God se gesag en bestaan genegeer word en is dus in essensie, self-aanbidders, al misbruik sommige van hulle die Naam van God vir hulle eie doeleindes – g’n wonder die HERE Jesus Christus waarsku dat nie almal wat sê “here, here”, bedoel “HERE, HERE”, nie en in die Koninkryk van die Hemele gaan, nie... behalwe net dié wat die wil van die Vader doen (Lukas 6:46; Mattheus 7:21). Dit is bepaald nie die Wil van die Vader dat die Woord, van Sy Seun, die HERE Jesus Christus uit die Heilige Gees van God (Johannes 14:26), verdraai en verwerp word, nie. Net Goddeloses en Godloënaars doen dit - sommige selfs in die Naam van die HERE as lastering.
Daarom is dit wonderlike getuienis vir ’n ware gelowige dat ’n geharde ateïstiese agnostikus soos Chris sal getuig dat dié gelowige hom walg … want dit is die onwankelbare Woord en Gees van God, die Gees van Waarheid, in só ’n gelowige (Johannes 14:23-26; 1 Korinthiërs 6:19), wat die ateïs walg. Dit is soos mooi musiek in my ore …
Terloops.
Net ’n agnostikus sal die onnosel domheid beweer dat die Pauliniese briewe deur gelowiges gelees en ‘geïnterpreteer’ word deur die ‘filter’ van die Evangelies en dat dit kwansuis duidelik raak dat die ‘Jesus wat Paulus ingedagte het’ nie bestaan het op aarde nie. Watter loutere, insiglose snert. As daar nou één persoon is wat aanspraak maak op ’n baie persoonlik en lewende verhouding met die HERE Jesus Christus, is dit juis Paulus. Om Paulus van dié getuienis en ervaring van hom te wil skei, deur te wil voorgee dat die HERE Jesus Christus nie lewe nie, is die werk van desperaat insiglose en verdwaalde agnostici. Al die briewe van Paulus gaan in hoofsaak oor sy eie ervaring en belewenis van die teenwoordigheid van die Heilige Gees van God en die HERE Jesus Christus in sy lewe en die absoluut teenswoordige leiding en Krag wat hy aldaar ontvang.
Net so ook en vir dieselfde redes, met die agnostici se gevolgtrekking dat die briewe van Paulus beskou word as heelwat vroeër geskrifte as die Evangelies en dat dit sou beteken dat die HERE Jesus Christus ’n mitologiese figuur is wat deur Paulus ‘gehistoriseer’ is in latere geskrifte. In die eerste plek is dit ’n anomalie om soiets te beweer en is dit ook paradoksaal. As Paulus se briewe dus die evangelies sou voorafgaan soos beweer word, hoe kon hy dan, soos ook beweer word, in ‘latere geskrifte’ die HERE ‘historiseer’ ? Watter ‘later geskrifte’ het Paulus dan geskrywe? Waar is dié geskrifte. Voorts, hoe verantwoord dié inhoudlose argument Paulus se volgehoue, persoonlike ervaring van die HERE Jesus en van die Heilige Gees? Hoe verantwoord dié drogargument die apostels se persoonlike kennis omtrent die HERE Jesus Christus? Maar dit is ’n tipiese argument wat die beperkte en selfs nie-bestaande kennis- en ervaringsveld van die agnostikus op dié gebied, moet ondervang – in hul onvermoë om die Spirituele teenwoordigheid van die HERE Jesus Christus te ervaar. Dit bestaan nie in hulle bekrompe verwysingsraamwerk nie en hulle moet dus ’n konstruk probeer saamflans wat die historiese bestaan en beskrywing van die Bybelse figure en die HERE Jesus binne die raamwerk van hul eie agnostisiteit probeer inforseer, met onhoudbare gevolge.
Dan is daar ook die belang wat hulle heg aan die datering van die Skrifte, asof dit nou die aanduiding sou wees van die ontstaan van wat binne-in die Geskrifte vervat is. Die onsinnigheid van die aanname is voor die hand liggend. Mense skryf nie altyd alles op die oomblik wanneer hulle van dinee te wete kom, nie. As mens ’n postuum outobiografie van ’n bekende persoon lees, neem niemand aan dat dié persoon eers gebore is toe die outobiografie geskrywe is, nie, maar die agnostikus is verspot genoeg om dit met die HERE en Sy Woord te wil doen. Dus, die apostels en ander skribas het dekades na hulle eie ervaringe eers die geskrifte georden en laat verskyn in die formaat wat dit gevind was. Dit is waarskynlik dat hulle op verskeie maniere ook notas kon byhou van hulle ervaringe en dan is daar ook die vir-die-agnostikus-onbegryplike metode van Goddelike inspirasie as kenbron van wat opgeteken staan.
Die hedendaagse agnostikus en draadsitter maak aanspraak op sogenaamde nuwe grond wat vir hulle drogredenasies gebreek word – maar hulle vergeet dat dieselfde ou argumente al net elke keer in ander kosmetiek oor die verloop van die afgelope ongeveer 1900 jaar al deur hulle voorgangers aangebied word – by die Niceense konsilie in die vierde eeu n.C. was dit só en by die draai van die vorige eeu ook en tussenin óók - en dat die Woord stééds van Krag tot Krag gaan en deur mense wêreldwyd aanvaar word, naamlik mense wie die vermoë het om te besef met Wie hulle te doen het. Dus, die agnostici en draadsitters vandag slaan dieselfde ou dooie perde as dié van destyds – hulle gebruik net telkens ander tipe spreekwoordelike stokke, maar met ewe min resultaat en bedrieg hulself wanneer hul dink dat hul vordering maak. Tewens – daar is waarskynlik pro rata gewys vandag aansienlik minder agnostici as wat daar destyds was.
Kobus de Klerk


Kommentaar
Geen kommentaar, behalwe die volgende:"...die briewe van Paulus word beskou as heelwat vroër geskrifte as die Evangelies en die gevolgtrekking is dan dat die mitologiese Jesus van Paulus gehistoriseer is in latere geskrifte". Dit is my woorde uit 'n vorige reaksie. Die fok weet waar jy kom aan die bollemakiesie wat jy hierbo slaan.
Voel jy nou beter? Grondboontjies vir die sirkusapie. Is dit musiek in jou ore as iemand jou uitwys as onnooslik en oneerlik?
En dan is daar sowaar agnostikusse wat nie in die paashaas glo nie. Wil jy glo! Myne was in elk geval baie lekker - ek hou van tjoklits.
Wat 'n kenmerkende oorreaksie, Chris.
Ek het gemeen jy verwys na latere geskrifte van Paulus, vandaar my opmerking. Uit jou tipiese bitsige aanmerking blyk dit dat dit nie is wat jy bedoel nie - of soiets - hoewel jy versuim om te verwys na ander outeurs as Paulus of wie en wanneer die beweerde 'latere geskrifte' dan wel geskrywe is wat dan op Paulus se briewe sou steun - as dit is wat jy probeer sê. Sulke vae bewerings sonder enige substansie.
My verskoning indien ek jou verkeerd verstaan het. Daar is geen leuenagtigheid in 'n onduidelikheid, nie en jou insinuasie in daardie verband is onvanpas.
Maar die kruks van die saak wat ek weergee, mis jy weereens - waarop jy natuurlik nie antwoord gee nie. Moet ons wonder waarom nie? Ek dink nie so nie - jy weet nie wat om te sê nie.
Vir jou inligting - dit word algemeen aanvaar dat Mattheus ongeveer 50-75 n.C. die lig gesien het; Markus 65 n.C.; Lukas 59 - 75 n.C.; Romeine 56 n.C ; Korinthiërs na 51 - 56 n.C.; Galasiërs 55-56 n.C.; Efesiërs 60-61 n.C.; Kolossense 61 n.C.; Timoteus 63 - 67 n.C.; Hebreërs net voor 70 n.C en Handelinge ongeveer 62 n.C.
Vir die apostels, om die evangelies na Paulus se getuienis te moes kon skrywe, soos jy beweer, sou hulle ook in Rome, Korinthe, Efese, Frigië, ens. moes wees om van die briewe te hore te kom net voor hulle hul evangelies geskrywe of laat skrywe, het. Dit is natuurlik baie onwaarskynlik en jy vergeet dat daar nie biblioteke. kindle's, TV en radio was, om die briewe bekend te stel, nie. Die bewering is dus grondeloos en belaglik. Handelinge, wat eintlik die kennismaking van Paulus met dei HERE verwoord, asook die wyse waarop Paulus sy inspirasie gekry het, is ook nie 'betyds' geskrywe nie.
Maar wat wel baie duidelik blyk, is dat die Goddelike inspirasie by almal in min of meer dieselfde tydperk plaasgevind het - en dit is 'n baie wonderlike gewaarwording, veral gesien die akkurate verhaling in die Evangelies van die essensie van die bediening van die HERE Jesus op aarde en Sy Woorde, ens. asook die treffende wyse waarop Paulus se briewe daarby aansluit. Op daardie stadium, veral na die Hemelvaart van die HERE Jesus Christus en gegewe die antagonisme jeens die dissipels en apostels en hulle vervolging, was hulle oral heen versprei en kon hulle eenvoudig nie notas vergelyk, nie. Paulus se kontak met Petrus was redelik kortstondig en daar was botsing - dit is baie onwaarskynlik dat Petrus se vriend, die dissipel Markus, Paulus sou napraat en die tyd van kennismaking was ook nie reg, nie. Na alles, Petrus was persoonlik deur die HERE Jesus Christus as apostel gewerf en had self 'n besodner persoonlike verhouding met die. HERE as stigter van die gesuiwerde Christelike Kerk en dieselfde Paulus het weldeeglik met die Spirituele HERE Jesus te doen gekry, onder meer by die uitstorting van die Heilige Gees (Handelinge 2:1-4).
Ten aansien van hierdie Waarheid, het julle geen verweer, nie.
Kobus de Klerk
Ek ken so 'n draadsitter, noem hom maar oom Koos. Een dag stem hy DA, om net die volgende week weer 'n geharde Vryheidsfronter te wees. Hy is ouderling van ons wyk, en jirre, kan hy sing? Ons kerk se moerse orrel het nie 'n kat se kans teen hom nie.
Die Niceense konsilie? O! dis toe die klomp draadsitters nie kon besluit of Jesus net 'n mens of 'n Romeinse god is nie.