Oor Dirk se kommentaar oor my brief aan Piet Croukamp

  • 0

Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief aan Piet Croukamp van 28 April 2016.

Dirk, weer eens, op ’n aanname van jou, bou jy ’n storie wat dan, soos altyd, loutere snert is.  Ek sou nou ’n manteldraaier wees want ek ondersteun vir Breyten Breytenbach ten opsigte van die taalgemors op Stellenbosch.  Jou gebrek aan logika is verbysterend; lyk my jy sal die relatiwiteitsteorie afskiet as jy hoor Einstein het, sê, sy vrou verneuk.

Vir jou elifikasie soos my ouma altyd gesê het, hier is ’n uittreksel uit ’n antwoord aan oester  (uit die kommentare onderaan Breyten se ope brief):  “Ek moet toegee, soos Max, Pierre, Helen, Slabbert en nog ’n menigte ander het hy hom beywer vir hierdie teenswoordige jammerlike gemors maar hy is darem nie anti-Afrikaans nie en Afrikaanssprekendes het ALLE hulp nodig tov hulle taal, maak nie saak uit watter oord nie.”

Ek sien jy reken ek is oorlams om sommer net van ‘Breyten’ te praat.  Wel, dis nie nodig om die volle naam uit te skryf nie want, in hierdie konteks, kan mens hom nie met Breyten Paulse verwar nie.

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top