Oor Die ware naarheid

  • 11

1) Dis in die haak om met ’n Afrikaanse aksent Engels te praat; die Italianers, Franse, Russe en Amerikaners, om nou maar ’n paar nasionaliteite te noem, praat Engels met hulle eie aksente, en met trots.  So dis nie nodig om die Engelse “r” (wat meer soos ’n “w” klink) te gebruik as julle Engelse woorde in julle program gebruik nie – buiten dat dit steurend is, klink dit nog erg gedienstig ook.

Bibi het op ’n kol selfs “renaissance” op die Engelse manier uitgespreek.  Hoekom?

2) Schalk praat van “Momberg” as “Mombûgh” – waarom op aarde?

3) Schalk beweer dat Vicki Momberg se oortreding erger rassisties is as Julius Malema se oproep tot moord op blankes want, reken hy, Julius is rassisties teenoor ander ook, hy noem byvoorbeeld dat Julius praat van Blade Nzimande se “potteskuurdergesig”.  Wat ’n absurde argument; die implikasie is Vicki moes net rassistiese opmerkings tov die Indiërs, Bruines, Khoi en Chinese ook gemaak het, en ’n lelike opmerking oor ’n wit politikus se gesig, en dan was alles reg.

4) In die opsig is dit dan ook onvanpas om Trump ’n kaaskrul met ’n pruik te noem sonder om ook iets lelik oor die Clintons of Obama te sê.

5)  Schalk-hulle se liberale onderrok hang te ver uit, dit verleen ’n beeld van ’n eensydige uitkyk en ’n pion van die hoofstroompers.  Die paneel het op ’n stadium neerhalend na AfriForum en Orania verwys.  Dis seker in die haak, seker maar die aard van so ’n program om die draak te steek maar, vir balans, moet hulle dan ook vir ’n slag neerhalend na Max du Preez, Piet Croucamp, die Black Sash, Naspers en die DA verwys.

Jan Rap

  • 11

Kommentaar

  • Dit klink asof jy ook die pot twak (kan nie nou aan ander meer gepaste woord dink nie) gekyk het. Ek sal die argument aanvaar dat almal se humor nie dieselfde is nie, maar daar is min goed so irriterend as iemand wat 'n "intelligente" grappie wil maak en 'n absolute flater daarvan maak.

  • Laat mens nogal besin oor hoe Afrikaans vandag verkrag word. Dat ons nou so deur ons eie mense verkleineer moet word en skuldig moet voel oor onse aksente! Skrynende skande seg ek vir jou!
    1 Wat is nou die korrekte uitspraak van daarie Italiaanse cum Latynse woord tog? Dalk spreek die Engelse dit reg uit en Bibi doen toe ook so?
    2 Wonner ook.
    3 As ou Vicky dit maar gedoen het in stede van 48 keer daardie woord te gebruik ... aai (where have all the flowers gone?) Ou Julius is toe skerper as wat ons dink hy is.
    4 Trump is 'n selfgemaakte nar. Laat ons tog toe om hom te geniet in daarie rol (die Obamas en Clintons is ou nuus). Wat my bekommer is dat Hitler ook so 'n nar was met baie mag.
    5 Dalk grap Schalk en sy manne nog met daardie ouens maar AfriForum en Orania is die geur van die maand.
    JR, ou maat ek ondersteun jou konstitusionele reg (soos om by voorbeeld NIE na Die Ware Naarheid te kyk NIE). As die manne en mannin se satire jou nie aanstaan dan "sit dit af, sit dit af" (met apologie aan Kerkorrel).

    • 1 Zhi nee, die regte uitspraak is Renaissance en Bibi sê Whenaissance, soos die Engelse, wat verkeerd is, en nie soos die Afrikaners, Italianers, Spanjaarde en Russe se korrekte uitspraak van die Franse woord nie. Sy kan dit op Frans probeer maar die meeste van hulle bry - daar sal die Swartlanders dalk beter doen. Terloops, dit lyk of Bibi mooi bene het maar die kamera is nie lank genoeg op haar bene gefokus nie. Wat is dit tog met kameramanne?
      2 Iemand moet hom reghelp.
      3 Jou storie werk ook hier nie. Ou Julius het al baie meer as 48 keer gesing dat die Boere doodgemaak moet word en hy kom niks oor nie (en nie net Julius nie) ...
      4 Ooglopend dink 'die manne en mannin' ook so wat hulle reg is maar hulle is mos veronderstel om draakstekery te bedryf, NIE die hoofstroommedia (die kudde) se agterent te lek nie. Terloops, mi is Max net so 'n nar maar anders as Trump, wat selfgemaak is, het hy die pers se hulp gehad (en nie net Max nie).
      5 Vir die kudde sal AfriForum en Orania steeds die geur bly want hulle val nie in by die kudde nie en dit maak die kudde ongemaklik; netnou moet hulle ook erken die keiser is kaal.
      Hoe kan jy my vra om dit af te sit - dalk geniet my vrou en kinders die storie? Buitendien, dis my plig om die ouens reg te help; hulle kan mos nie so aangaan nie. Kan jy jou indink dat, as 'n passasier vir die piloot kom vertel dat die bakboordmotor aan die brand is, die piloot vir hom sê om nie daarna te kyk as dit hom pla nie? Maar, as die soort van die (ontwyking, ontkenning) jou storie is, is jy natuurlik welkom om nie te lees waar die kudde kritiseer word nie - hou verby! hou verby!

  • Zhi,
    Versigtig maar met jou beskuldiging van die "verkragting" van Afrikaans, as jy self agter die deur staan (by wyse van spreke), met jou "skrynende" skande. Dis skreiende skande.

    En daai groot woord "renaissance” is toe Frans en nie Italiaans nie. Hou op "wonner". Wonder liewer.

    • Sê dan maar dat die program 'n skrynende belediging is (skryn -'n brandende pyn gee of kry deur iets wat skaaf of druk - HAT).

  • Alles inaggenome uit bostaande skrywes: die program Die ware naarheid is 'n naarheid. Moontlik is daar smaakverskil maar hierdie program het nie eers 'n smaak nie.

  • Hemel maar mense in hierdie kommentaar het 'n bietjie humor nodig! As jong Afrikaner vind ek dit FANTASTIES dat hierdie tipe ding nou in my taal beskikbaar is - waar ons jongmense ook 'n bietjie ons "liberale onderokke" kan uitsteek. Die feit van die saak is dat die nuwe generasie dit oukei vind om nie die grond van enige Afrikanerbeweging te aanbid nie en steeds nie jou kultuur te verraai nie.

    • Hallo Marie
      Die aantyging dat die Afrikaner nie kan saamstaan nie kom al jare. Die implikasie is dan juis dat die een Afrikanerbeweging NIE die grond waarop 'n ander Afrikanerbeweging hom bevind nie en insgelyks dat die een Afrikaner nie die ander Afrikaner se grond waarop hy loop aanbid nie. Die literatuur is propvol van Afrikaners wat vir hulself lag, Afrikanersatires en so aan. My aantyging wat betref Die ware naarheid is dat dit allermins skerp en satiries is, maar staat maak op wat hulle weet wat die kudde dink snaaks is: kap na enigiets Afrikaans of tradisioneel; dit sou nou wys jy's 'n dapper nekuitstekertjie. En dan natuurlik wat geweldig irriterend is, is daardie gedienstige na-aap van die Engelse uitspraak.

    • Ek stem saam met jou Marie. Die show is great!
      1. Alles in die lewe het nie ontleding nodig nie, after all dit is 'n TV-program. Dis jou eie keuse of jy dit wil kyk of nie ...

  • Dylan en Marie, ek is bly vir julle. Geniet die program. Lekker kyk vir julle tweetjies en andere.

  • Hans Richardt

    Mense, al uitgewerk hoeveel geld jul aan onnosel betaalkanale spandeer per jaar en oor dekade? Vir al die herhalings? Nee wat, te veel geld om myself te frustreer ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top