Oor die brug
As ek wegstap oor die brug
bladsak oor die rug
Sal jy dink ek kom, soos altyd, weer terug?
Maar die tyd het ons geleer
so dikwels, keer op keer
die sprokie sal sinloos blý gebeur
Daar’s tye saam met jou
wat ek altyd sal onthou
Die spierwit sand by Langebaan se blou
Maar dis alles nou verby
tussen jou en my
dis tyd dat ek jou ver laat agterbly
REFREIN:
En dit help nie om van vooraf te probeer nie
ons kry net telkens seer
nes dié keer ook maar weer
Die kleurryke, ekstatiese majeur ‘t
vervloei in ? mineur
Dít was die laaste keer
As ek wegstap van die klug
met jóú agter die rug
moet jy weet, dié keer kom ek nie weer terug nie
Want die pyn het ons geleer
so dikwels, keer op keer
tragedies durf net één keer gebeur
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


