Die natuurlike verskynsel van biologiese genetiese seleksie in sy wese is nie ’n uitvindsel van die tipiese darwinistiese evolusieteorie, nie.
Daar word gesê dat dié natuurlike fenomeen al bekend was voor Darwin sy evolusieteorie uit ’n mosaïek van ander reeds bekende inligting aanmekaargesit het (dit is ook bekend dat hy grootliks ‘geleen’ het by voorgangers van hom wat hom daarin voorafgegaan, het … mense soos Erasmus Darwin, James Hutton, William Wells, Patric Matthew, Edward Blythe, ens. en natuurlik, die Bybel).
Maar, die darwinisme het hierdie natuurlike fenomeen van seleksie geneem en hom verrinneweer om by Charles Darwin se verregaande hipotese oor die ontstaan en verloop van soorte en hulle subsoorte (spesies) daarbinne, te maak inpas – geklee in allerlei hipotetiese en teoretiese tooisels wat poog om daarvan ’n intelligensielose, lukrake of ewekansige toevallige fabelagtige, onwerklike verskynsel te maak met ’n skeppingsvermoë eie aan God, die Ware Skepper. Kortom, die werke van God, die ware Skepper, word aan dié willose, intelligensielose, lukraak-funksionerende toevalligheidsgot – darwinistiese tipe toevallige mutasie en toevallige natuurlike seleksie – toegedig.
Vir die eerste keer het ons ’n bydrae van Angus, aangebied op ’n ordentlike, sinvolle manier in ’n oënskynlik eerlike poging om die saak te bespreek sonder die gebruiklike kinderagtige kwinkslae wat ons van hulle deurgaans, sien. Dankie, daarvoor.
Angus probeer juis vir ons dié proses verduidelik en hy gebruik vernuftig die voorbeeld van ’n huis wat gedurigdeur aangepas word deur strukturele verbouings – en só verduidelik hy, die darwinis, natuurlike seleksie. Wat hy egter daar verduidelik, is nie darwinisme nie, maar die natuurlike fenomeen van seleksie – hoewel hy verkeerdelik te kenne gee dat dit ’n toevallige proses is.
Maar wat hy nié kan verduidelik nie, is dat dié verboude en herboude huis steeds huis bly en nie nou verander in ’n luukse straler of ’n luukse boot, nie – terwyl dít juis is wat die darwinisme in sy essensie probeer deurgee. Daar is gewoon net nie genetiese materiaal in dié huis van Angus se DNS plan om hóégenaamd toe te laat dat komplekse en ingewikkelde enjins, stuurmeganismes, ens. geprakseer kan word, wat van die huis ’n boot of ’n vliegtuig sal maak, nie en is daar is ook geen transisionele hibriede wat dié proses aandui nie – En ook op die natuur toegepas, is daar natuurlik nie in die natuur, met diere en plante, sulke hibriede oorgangs voorbeelde, nie, hoewel dít, hierdie oorgangsvoorbeelde wat die hibriede aandui, ’n essensie vir die darwinisme is om te slaag om te bewys hoe die een soort mettertyd in ander soorte kwansuis geëvolueer, het.
Maar dit lyk of Angus die essensie van sy darwinisme heeltemal uit die oog verloor het – Onthou tog, Angus en maters – julle darwinisme maak aanspraak daarop dat al dié lewe waarvan Angus in sy voorbeeld praat, iewers in die verskiet toevallig geëvolueer het uit ’n eenvoudige enkelsellige organisme tot waar ons die luukse diversiteit van lewe vandag, sien. Dus, volgens hulle het mens, aap, perd, plant en alles anders wat lewe, ’n enkele ‘gemeenskaplike voorouer’ – daardie enigmatiese eenvoudige enkelsellige organismetjie. Wat ’n absolute, onbewysbare, klug. Dit, MOENIE vergeet nie, is die fondasie waarop die ganse darwinistiese evolusieleer gebou, is. Daarvolgens is álles wat lewe, in watter formaat of verskyning of fisiologie verskil of ooreenkoms ook al, vandag biologiese sibbe van mekaar!
Die feit dat beide die huis en die plesierboot en die luukse straler, ’n ooreenstemmende ruim of ruimtes het waarbinne mense kan skuil, sit, slaap, kos maak, ontspan, TV kyk, rekenaar gebruik, kompleet met meubelment en kooktoerusting (by verreweg in al die voorbeelde die grootse deel daarvan), synde die analogie met die ooreenkomste tussen die mens se hande en voete met die aantal hand- en voetbeentjies, ledemate van ander soogdiere in Angus se evolusie-voorbeeld (die luukse plesierboot se akkommodasie ruimtes en fasiliteite, is byvoorbeeld ooreenstemmend met dié van ’n luukse woning daar in Bel-Air in Kalifornië se Beverly Hills), beteken hoegenaamd nie dat hulle – die huis, plesierboot en luukse vliegtuig – ’n gemeenskaplike ‘voorouer’ of plan het, nie, waaruit hulle planne ‘afstam’, nie, net soos die mens en die sjimpansee , orangoetang, ens. se fisiologiese ooreenkomste ook nie duidend is van ’n gemeenskaplike voorouer, nie. Al waarop dit dui, is maar bloot dat dit kenmerke is wat funksioneel is vir die doel waarvoor dit aanvanklik beplan is, met die ander besondere eienskappe, soos uiters komplekse stuurmeganismes, enjins, ens., wat spesifiek ontwerp is vir hul onderskeie besondere doel. Dit is hierdie besondere onderskeidende eienskappe wat juis tipeer wat hulle is – boot, vliegtuig of huis. Net so ook in die biologie met die mens, aap en perd. Dié besondere tiperende onderskeidende eienskappe van die biologiese skepping kan jy nie uit fossiele agterkom, nie, maar is te vinde in die manier hoe hulle lewe en hoe hulle hul gedra en natuurlik, hulle onsigbare vermoëns, want dít is hoe die Skepper hulle beplan en geskape, het, elkeen vir sy eie doel en funksie.
Die gemeenskaplike ooreenkomste is dus géén bewys vir voorouerlike gemeenskaplikheid nie – dit is ’n blote onbewysbare aanname – maar slegs getuienis dat hulle deur die Skepper só geontwerp is omdat hulle grotendeels van dieselfde habitat gebruik moet maak en voeding moet benut om te lewe – dit is dus blote pragmatiese ooreenkomstige maar ook verskillende, ontwerpkenmerke van die verskeie soorte lewe, sodat hulle die diversiteit van habitat en voeding in die voedingsketting, kan benut op aarde. Daarom is die fenomeen wat Angus noem, meer bevestigend van die Genesis 1 tipe skeppingsfenomene as enigiets anders.
Nóg ’n kenmerk is dat geeneen van hierdie strukture – die plesierboot, luukse straler en huis – óóit toevallig tot stand gekom het, nie, maar telkens volgens ’n gedetailleerde ontwerpte plan gebou, is. Selfs die herbouings en aanbouings is Angus se evolusie huis, word deur die vakmanne volgens ’n voorafontwerpte plan vir huise, uitgevoer. Mense aanvaar dit, tereg, sonder meer en bevraagteken geensins dié proses, nie.
Net só ook, met die ontwerp en skepping van alles biologies en kosmies. Tóg sal jy dié eienaardige fenomeen by agnostici – darwiniste en oerknallers – kry dat hulle die Ontwerper en Skepper se betrokkenheid en rol in die biologiese- en kosmiese skepping sal ontken sónder enige haalbare verduideliking … en die enigste rede hiérvoor is, dat hulle van die darwinistiese en oerknal teorieë ’n religie en religieuse filosofie gemaak het en daar in dié religie en filosofie, geen plek vir die Skepper is, nie – hoe onhoudbaar onlogies en onbewysbaar en natuurlik lasterlik, ook al.
Terug by die seleksie fenomeen.
Soos die feite (sans darwinistiese tipe hipotese en teorieë) van natuurlike seleksie bekend is, sonder mutasie, is dit ’n natuurlike, hoogs ingewikkelde en fyn ontwikkelde, báie intelligente gerigte proses (natuurlik deur God só geontwerp) waarby alreeds bestaande genetiese eienskappe (traits) in soorte geselekteer word deur die uitdunning van ander gene uit die genepoel sodat die soort as sodanig voortdurend aanpas vir sy voortbestaan binne sy veranderende habitat.
Evolusioniste het egter die manier om dan dié aangepaste lede van die soort, bloot as ’n ander spesie te takseer en dan te sê dít is darwinistiese tipe evolusie. Die gespikkelde mot van Brittanje is ’n tipiese van etlike sulke voorbeelde. Maar dit is baie beslis nie wat Charles Darwin in gedagte gehad het, nie.
Darwin het sy hele evolusieleer laat draai om die spil van transspesifieke evolusie – waar een soort in ’n ander verander, soos byvoorbeeld seedier wat landdier word, reptiel wat voëls word, oeraap wat mens word (kyk maar gerus weer na die welbekende darwinistiese wiel wat ’n kruipende reptiel voorstel wat dan verander in ’n aap in sy evolusionistiese siklus tot hy uiteindelik mens geword, het) en natuurlik, ergste van alles, ’n enkelsellige organisme wat uiteindelik ontluik het in ’n ganse biosfeer van wriemelende, diverse, lewe. Darwin het nié net intraspesifieke evolusie in gedagte gehad, nie – waar daar net binne ’n soort se verband, geringe veranderings aanpassings plaasvind ter wille van aanpassing, nie. Daar kom dus nie nuwe soorte tot stand, nie, omdat daar nie nuwe genetiese informasie tot stand kom nie, maar die proses werk uitsluitlik op reeds bestaande permutasies van genetiese materiaal binne die soort en vind veranderinge in die regte rigting plaas juis om voortbestaan van die soort in sy voortdurend veranderende habitat, te verseker – ’n tipiese, fyn ontwerpte biologiese proses, waar mot steeds mot bly, voëls steeds voëls en ape steeds ape, ens.
Hierdie natuurlike biologiese fenomene, waarvan die gespikkelde mot juis ’n sprekende voorbeeld is, kán nie verantwoordelik wees vir een soort om te evolueer in ’n ander soort, nie. Dít is egter darwinisme en sy essensie maar dit is onmoontlik vir die darwinistiese evolusioniste om aan te toon en te bewys. As dit wel gebeur het, sou die fossielrekord dit aantoon (soos Darwin self erken het), maar dit gebeur allermins. Dit is juis dié probleem wat evolusionistiese swaargewigte soos Ernst Mayr, Stephen J Gould, Niles Eldredge en verskeie andere aantoon en wat al meer en meer voor die hand liggend word, hoe meer fossiele voortdurend gevind, word. Hulle praat van stasis in die fossielrekord (ontstaan van ’n soort en óf voortbestaan daarvan vir ellelange tydperke óf verdwyning daarvan na ’n lang tydperk, sónder dat daar noemenswaardige ontwikkelende evolusie plaasvind – tipiese voorbeelde is die welbekende coelacanth vis, die wollemi dennesoort, laonastes aenigmamus knaagdier, limulus polyphemus krappe, ens. wat vandag nog bykans onveranderd as soorte voortleef – asook die plotselinge verskyning van volledig ontwikkelde spesies (wat die skeppingsgebeure in Genesis 1 volledig ondersteun) en dan plotselinge verdwyning daarvan (sien die Kambriese tydperk se fossiele as voorbeeld), sonder om oorgangsfossiele van wat een soort na die volgende, na te laat, soos die fossielrekord duidelik aantoon.
Die hoogs uitsonderlike, enkele fossiele wat darwiniste probeer voorhou as oorgangsfossiele (waarna Angus ook verwys), soos byvoorbeeld tiktaalik, gogonasus, acanthostega, archeopteryx en ambulocetus, is veel eerder algar voorbeelde van spesies of soorte wat eenvoudig ook plotseling ontstaan en verdwyn, het, want daar is geen ander fossiele gevind wat die transisie ketting wat hulle kan verbind in ’n oorsaak-en-gevolg ketting hoegenaamd kan ondersteun nie, want nog te sê, voltooi. Sulke fossiele, wat kenmerke van verskeie soorte openbaar, soos vandag se platipus, byvoorbeeld, asook hul genoemde uitgestorwe voorgangers, was deur die evolusionis Stephen Gould na verwys as 'curious mosiacs' en van dié is hy op rekord te gesê, het “curious mosaics like Archaeopteryx do not count”. Daar is dus net eenvoudig nie die noodsaaklike oorsaak-en-gevolg opeenvolging van fossiele wat die evolusionistiese ketting van transisie van een soort na ’n ander, aandui, nie en daarsonder tuimel die ganse darwinistiese tipe evolusieleer ineen, soos Darwin self ook gesê het, behoort te gebeur indien die oorgangsfossiele nie gevind word, nie (hy was egter verkeerdelik oortuig dat dit wél gevind sou word, maar is na twee eeue van intensiewe soektog later, heeltemal in sy hoop beskaam). Die destydse senior paleontoloog van die Britse Museum van Natuurgeskiedenis, dr. Colin Patterson, se antwoord, toe hy gekonfronteer was daaroor dat sy toonaangewende boek oor evolusie dan geen oorgangsfossiele bevat, nie, is geboekstaaf te wees: “… I fully agree with your comments on the lack of direct illustration of evolutionary transitions in my book. If I knew of any, fossil or living, I would certainly have included them … Gould and the American Museum people are hard to contradict when they say there are no transitional fossils … You say that I should at least show a photo of the fossil from which each type of organism was derived. I will lay it on the line – there is not one such fossil for which one could make a watertight argument”. Niks het nog werklik sedertdien daaromtrent verander, nie, maar steeds hou die darwiniste met hul aansprake vol. Hulle kan nie eens by enige beskrywing, ’n enkele volledige lyn van transisionele evolusie (daar behoort derduisende te wees as hul sou reg wees) aandui nie, want nog te sê, as die bewys wat nodig is om partikel/enkelsel-tot-mens evolusie!
Terug by intra spesifieke aanpassing (evolusioniste noem dit, uit desperaatheid, deesdae ‘evolusie’). Dit bring duidelik nie nuwe soorte tot stand, nie. Daar is absoluut géén getuienis voor te vinde, nie. Daarom kan die beskikbare wetenskaplike getuienis en informasie wat, gestroop van die tipiese darwinistiese hipotese en filosofiese materiaal, nóóit as grondslag of bewys dien van partikel-tot-mens evolusie, soos die darwiniste dit wil hê, nie.
Dus, geen bioloog het ’n probleem met dié natuurlike biologiese fenomeen, nie – gelowiges ook, nie, maar wel met die darwinistiese evolusioniste se weergawe, daarvan, soos hierbo kortliks opgesom. Die enigste werklike ‘evolusie’ wat in die natuur, sovêr bekend, plaasvind, is dan eintlik die proses van natuurlike aanpassing van soorte en hul subsoorte (spesies) binne soortverband – slegs binne soortverband en is normaalweg ’n relatief vinnige proses wat in die bestek van ’n paar generasies kan plaasvind. Eintlik neem ons dit gedurig waar – MAAR – soorte bly uniek soorte. Voëls is steeds voëls, honde steeds honde, perde steeds perde, ape steeds ape en mense, natuurlik, steeds, mense.
Hierdie besondere fenomeen van snelle aanpassing weerspreek ook darwinisme, wat geskoei is op uiters langdurige en uitgerekte prosesse. Maar omdat die darwinistiese evolusionis gekonfronteer was met die totale gebrek aan enige in esse voorbeeld van die proses van darwinistiese evolusie inwerking in die ganse menseheugenis, was hy genoodsaak om met die lang-tyd speletjie te begin en aan alles omtrent die essensie van hulle darwinistiese evolusieleer waarvoor daar nie getuienis ter bewys is nie (bykans alles) ’n onhoudbare lang tyd van ‘evolusionistiese ontwikkeling’ gekoppel en dan te sê dit, die darwinistiese evolusionêre proses, is só langsaam dat dit nie in progressie waargeneem kan word, nie – net die uiteindelike resultaat word gesien. Hoe absoluut belaglik en onwetenskaplik en onbewysbaar. Dus, die énigste ‘evolusie’ (as mens dit só kan noem) waarvan daar getuienis is en wetenskaplik bewys kan word, is juis intra spesifieke aanpassing en dit gebeur vinnig, báie waarneembaar en toetsbaar.
Só is die praktiese empiriese wetenskap dan die bevestiging van die Woord, want die Woord, reeds derduisende jare gelede só opgeteken (Genesis 1), leer ons dat God soorte op verskillende tye plotseling geskape het – en dat hulle, elkeen volgens sy soort, vermeerder en oorleef (die proses van biologiese aanpassing). Ons kan dus die Goddelike Woord nou, na baie duisende jare, met die Goddelike daad bymekaarbring en sien dat die Woord uiters betroubaar is en dat die resultaat, die skepping hier om ons heen, oor die besonderhede daarvan getuig deur bona fide bestudering van die biologie en natuurwetenskappe – maar nie die darwinistiese leuens daaromtrent, nie.
Daar bestaan vandag geen soort, wat nie tóé, tydens die huidige skepping waarvan in Genesis 1 gepraat word, ook bestaan het, nie, hoewel sommige van die destydse dalk anders sou lyk as dié vandag en daar destyds minder subsoorte was, as nou. En wat destyds bestaan het, bestaan steeds, omdat God hul só geskape (geontwerp, toegerus en lewe gegee) het dat hulle kan aanpas. Daar is waarlik geen teken van darwinistiese tipe fabelagtige ‘evolusie’, waar een soort verander in ’n ander soort, nie.
Daar is werklik géén teken in die empiriese wetenskap, van partikel- of molekule-tot-mens ‘evolusie’ en veral nie die lukrake, ewekansige, toevallige ontwikkeling van partikel of molekule-tot-mens biologie, soos die darwiniste, beweer, nie – MAAR – dít is egter die premis waarop die darwinistiese evolusieleer berus – moet dit nie vergeet, nie. Daar is geen bewys voor, nie, vandaar alles wat hulle met hul hipotese en teorieë probeer optower, wat deur hulle gebruik word om hierdie darwinistiese premis te probeer dien – ook werklike biologie wat geklee word in allerlei hipotese en teorieë vir maak-pas. Hulle gebruik dus die feit van genetiese aanpassing (adaptation) deur seleksie en bou stelselmatig met onbewysbare teorieë en hipotese die leuen van partikel- of molekule-tot-mens evolusie daaromheen. Só wil hulle dan die werklikheid misbruik as ’bewys’ van die leuen.
Daar is egter ’n logika wat die darwiniste net eenvoudig nie kan kleinkry nie. As dit dan nodig was vir hominiede ape om in mense te evolueer om te oorleef (beweerde oorlewing tipe natuurlike seleksie), sou die aap mos nie meer bestaan, nie. Vandag se grootape is in essensie kompleet soos die hominiede, maar lyk net anders, hoewel hul steeds soos hul voorgangers leef, vreet nè beweeg. Hul bestaan dus steeds newe aan die mens en beide floreer. Daar was dus geen rede vir die hominied aap om te ‘evolueer’ as mens, nie omdat dit baie suksesvol oorleef sónder om in ’n mens te verander. Dus, die mens is en was nog nooit verbonde aan enige aapspesie nie, of dit nou die hominiede is of nie, ten spyte van baie fisiologies ooreenkomste. Hierdie logika probeer die evolusionis nou wegredeneer met die absoluut onhoudbare, onlogiese argument dat die ontwikkeling lukraak en toevallig deur ’n ellelange ellendige proses van mutasie en seleksie plaasgevind, het. Dié is gefabriseer bloot om seker te maak dat die intelligente ontwerp van die Skepper daardeur uitgeskakel kan word en op geen wetenskaplike grondslag, nie. Daar is absoluut géén bewys voor nie en sal ook nooit kán wees, nie. Dié beweringe van hulle is nie toetsbaar en bewysbaar nie en hoort dus nie in natuurwetenskappe, nie. Tewens, alles wat wél toetsbaar en bewysbaar is, weerspreek hierdie onhoudbare nosie van hulle.
Een van die primêre bestanddele wat die neo-darwinistiese evolusioniste by hierdie suiwer fenomeen voeg, is natuurlik die hipotetiese proses van sogenaamde hulle soort lukrake, ewekansige ‘mutasie’. In ’n klein neutedop, is hierdie soort van mog-het-troffe mutasie, volgens hulle, die proses wat nuwe genetiese materiaal te voorskyn bring wat dan weer deur natuurlike seleksie ‘uitgesorteer’ word, waardeur nuwe soorte kwansuis sou ontstaan.
‘Mutasie’ is ’n term wat verandering in die basis pare van die genoom voorstel, meestal met destruktiewe of ander negatiewe gevolge. Normaalweg word mutasies met mutilasie of vernietiging van genetiese inligting geassosieer, maar ons moet dit nie verwar met mutilasie, nie. Maar die realiteit is dat die proses van mutasie, die genetiese oorsake van veroudering, infeksie, kankersoorte, ens. is… Ons sien dit daagliks. Gerekende wetenskaplikes, soos Sanford, beweer dat molekulêre materiaal agteruit gaan by individue omdat die mutasies wat dit veroorsaak, die genetiese inligting verander en die natuurlike seleksieproses nie byhou om dit die hoof te bied, nie – genomiese of genetiese materiaal is nie immuun, nie en genomiese verval, ’n langsame proses, is aan die orde van die dag. Dit is ’n universele, natuurlike fenomeen en biologiese dinge is uiteraard só geontwerp.
Daar word deur wetenskaplikes beweer dat die DNS honderde duisende vernietig-en-herstel aksies per dag akkommodeer … Ook dit verbaas, nie, want eintlik is mutasie maar ’n fisiologiese proses waarby beweging van molekules betrokke is en dit beteken wrywing, omdat selle waarbinne die beweging van molekules plaasvind, nie leeg is nie, maar kompleet gevul is met vaste stowwe en vloeistowwe. Die fisika sal vir ons bevestig dat, wanneer sodanige beweging van molekules plaasvind, daar in die versadigde medium, die sel, botsings met ander molekules plaasvind – dus wrywing. Dit is dus ook logies dat die proses van mutasie dus eerder skade weens wrywing sal veroorsaak, as andersom. Was dit nie vir die Goddelike geprogrammeerde ingeboude beskermingsmeganismes van molekules nie (op sigself ’n absoluut wonderlike komplekse hiper intelligente fenomeen wat spesiale motor of draer molekules insluit wat die inkommers ‘stuur’ na spesifieke destinasies of ‘adresse’ binne die sel-kompleks juis om wrywing te minimaliseer en ook beskermende vloeistof hulsels om molekules wat dien as buffers maar ook ‘smeermiddel’ om die vernietigende effek van molekuul botsings – wrywing – teen te werk, ens.) sou daar absolute chaos ontstaan het in die DNS. Maar molekulêre agteruitgang is juis oorsake van veroudering en vernietigende siektes soos kanker, word gereken.
Daar kan ook uitsonderings, wees. Op sy mees akkommoderende, kan ’n werklike mutasie (in die biologiese sin) gedefinieer as ’n verandering in sekwensie van die DNS. As dit lukraak sou plaasvind, soos die darwiniste dit wil hê, sou daar noodwendig baie foutiewe permutasies van sekwensies plaasvind en sou die gevolge waarskynlik gruwelik gewees het om te aanskou (die wat nie summier daarvan sterwe, nie) – massas gebreklikheid en gru wesens soos wat ons in die wetenskap fiksie flieks dikwels sien. Die proses gebeur plotseling en die geleidelike natuurlike seleksieproses sou dit nie kon verhoed of herstel, nie. Maar, Goddank, daar is en was géén teken daarvan, nie – dit bestaan nie werklik, nie – altans nie in die fisiologiese dimensie, nie.
Die feit is dat daar nie werklik bewese voorbeelde van sulke ‘voordelige’ mutasies is, nie. Die bekende genetikus, prof. John Sanford, met meer as 70 wetenskaplike artikels ens. in gerekende wetenskaplike publikasies tot sy krediet (evolusioniste hou niks van hom nie, want hy was ’n ateïstiese evolusionis wat tot sy sinne gekom het en die darwinistiese evolusieleer vaarwel toegeroep en gelowig geword, het) propageer devolusie (die teenoorgestelde van evolusie) weens, hoofsaaklik, mutasie – dus dat ’n spesie eerder sal degenereer as om te verbeter.
Dit verbaas egter nie dat daar geen teken van die neo-darwinistiese tipe lukrake mutasies is, nie, want dit pas ook gewoon nie in by hoe God dinge geskape het, nie – HY het dinge duidelik geskape om te oorleef en te vermeerder – wat noodwendig variante van dieselfde soort, insluit. Die proses sien ons met ons eie oë in die ryke variasies van lewe op ons unieke, wonderlike planeet. Let maar gerus op die bewoording van Genesis 1 se skeppingsgebeure – die lewe word geskep, elkeen volgens sy soort, en só om te vermeerder. Dit is presies wat ons in die natuurwetenskappe, bemerk. Alles het die natuurlike ingeprogrammeerde tendens om te floreer – nes die Woord dit sonder omhaal tipeer. Die suiwer natuurwetenskappe se bevindinge, gestroop van die evolusioniste se teoretiese en hipotetiese aanhangsels, is dus aksessories tot die Genesis 1 Woord, om die Woord vir ons in daardie verband in detail te demonstreer as verduideliking.
Waar mutasie dan wel plaasvind, vind dit baie ordelik plaas en is die gevolg van ’n Goddelik ingeprogrammeerde, ’n ontwerpte, proses, wat dit ordelik beheer.
Dus kan ons dalk sê dat sintetiese produk van die sintetiese genoom projek van die Craig J Venter Institute, ’n tipiese voorbeeld van so ’n tipe gerigte ‘mutasie’ is, wat nie noodwendig vernietiging van of averse mutilasie van genetiese inligting meebring, nie. Maar, ons weet ook dat die sintetiese genoom projek, báie sorgvuldig bestuur is en dat daarvan darwinistiese tipe lukrake mog-het-troffe, geen sprake was, nie.
Die feit bly dus staan dat elke soort deur die Goddelike skeppingsproses geprogrammeer is met genetiese inligting wat die soort in staat stel om nuwe variante voor te bring oor die verloop van tyd. Ons sien dit by alle soorte – ook mense. Enige seleksie- en mutasie proses geskied streng daarvolgens.
Om mee af te sluit, ’n insiggewende bydrae oor mutasie van ’n oopkop wetenskapstudent hier ter lande:
“ Tendekai M, South Africa, 11 August 2011
"I am carrying out my MSc research on using chemical mutagens to breed for disease resistant sugarcane. The underlying principle of breeding is that it generates variation as a result of mutations. Beneficial variations are collected through crossing and all the beneficial traits are packaged into one variety. These mutations can happen naturally over long periods or can be induced in the lab using physical mutagens e.g. x-rays or gamma rays and chemical mutagens. The former is utilised in conventional breeding by crossing varieties expressing different traits as a result of mutations over time, and the latter is utilised in rapid production of new varieties over short periods and is referred to as ‘mutation breeding’. The major difference between these two approaches is the mutation frequency involved to generate variation. Conventional breeding has low mutation frequency as result it takes 15 years to breed a new sugarcane variety. On the other hand, mutation breeding utilises high mutation frequencies but only takes 3–4 years to develop a new variety.
"In the mutation breeding studies, somatic embryos of sugarcane were exposed to different concentrations of a mutagen, EMS (ethyl methanesulfonate), which were then germinated in vitro. The results showed that the higher the concentration of the mutagen (meaning higher mutation frequency), the lower the number of plants germinated. Hardly any plants germinated at the highest concentration.
"This suggests that higher frequencies of mutations are destructive rather than beneficial. Mutations that might have occurred over millions of years will therefore cause extinction rather than speciation."
Die Woord leer hoeka dat God geken kan word, veral ook aan die werke van SY Hande (Romeine 1:19-20). Daar is geen twyfel nie, dat dit ook die ware natuurwetenskappe se resultate sal insluit (natuurwetenskappe sónder agnostiese verdraaiings). Dáárby, sal die evolusioniste nóóit verbykom, nie. Hoe meer hulle probeer, hoe harder skreeu die natuur, God se Handewerk op aarde, terug.
Goddank! Ons sien dit!
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kyk Angus, as jy nie totaal en al toe geKdK is onder hierdie eentonige stortvloed van letterlik vierduisend plus stukkies stront in absolute minagting vir die perk van 600 woorde deur die ou grote nie, wel, my opregte gelukwensing dan aan jou!
Kobus
Jy weet duidelik nie hoe om die onderwerp van'natuurlike seleksie' aan te spreek nie. Nou gooi jy sommer alles wat moontlik aan die onderwerp kan raak en vir jou effens wetenskaplik klink in dieselfde pot en siedaar: “die natuurlike verskynsel van biologiese genetiese seleksie” . En dan ontken jy – net vir die rekord – dat dit ’n uitvindsel van die darwinistiese evolusieteorie is – asof daar ooit sodanige aanspraak bestaan het dat die evolusieteorie deur die – soos jy daarna verwys – 'darwinistiese evolusieteorie' uitgevind is. En hoekom word daar verwys na die 'darwinistiese evolusieteorie'? Is daar nog ander teorieë oor evolusie ook? Jy kon maar bloot na die teorie van ‘natuurlike seleksie’ verwys en die byvoeglike naamwoorde soos ‘darwinistiese’; biologiese en genetiese, weggelaat het. Cornelius is 100% in die kol met sy opsomming en berekening en die bydrae van jou is een van die beste voorbeelde van hardlywige verbale ontlasting waarmee hierdie forum nog besoedel is.
Panda
Kobus
Jou ellelange skrywe wat ek deurgeworstel het (en plek-plek gevluglees het) toon ’n diepgaande onkunde oor die evolusie-teorie.
Hoekom gebruik jy nie die tyd wat jy "copy" en "paste" en kreasionistiese webwerwe inhoud vertaal om ’n gesaghebbende boek oor evolusie te lees nie?
Sinvolle gesprek is slegs moontlik as jy darem die basiese begrippe onder die knie het.
Kon jy en Dolfie nou al aan ’n gerekende universiteit dink waar kreasionisme as basis vir die aanbied van biologiese wetenskappe gebruik word?
Groetnis
Thomas
Cornelius, totaal, ek sê jou totaal toegekdk. Ek sal nie verbaas wees as die evolusioniste en agnoste nou boedel opgee na hierdie brief nie.
Kobus, ek het nog altyd probeer om so eenvoudig as moontlik te skryf om misverstand te vermy. Waarom jy my brief nie verstaan het nie, kan ek slegs aan gebrek aan kennis oor die evolusieteorie toeskryf.
Kom ons hou by my analogie. Volgens jou kan ek nie verduidelik waarom die huis nie in ’n straler of ’n luukse boot verander nie. My antwoord is ek hoef nie so iets onsinnigs te verduidelik nie. Nêrens in die evolusieteorie word gesê dat een spesie in ’n ander verander nie.
Uit die grondstowwe kan huise, kerke, motors, rekenaars, rakette, tennisballe, brille, potlode vervaardig word. As die huis eers gebou is, kan dit nie in ’n straler of ’n boot verander nie. Die bestaande huis moet aangepas word volgens die behoefte van die bewoners oor die jare heen. Dit word nie telkens afgebreek en van vooraf oorgebou nie.
Om die analogie voort te sit: die ledemaat van ’n soogdier word nie telkens oorgebou as daar ’n nuwe behoefte bestaan nie. Bestaande ontwerp word behou en aangepas om te vat of te loop of te vlieg.
Hierdie verkeerde aanname oor evolusie nl dat een spesie uit ’n ander ontwikkel, kom al van vroeg af toe Christene op kinderagtige wyse die spot daarmee gedryf het deur te sê evolusie beteken mense stam van ape af. ’n Mens hoor dikwels: “As ’n olifant ’n muis baar, sal ek in evolusie glo,” of iets onsinnigs in dier voege. Dis gevaarlik as jy die klok hoor lui het, maar jy weet nie waar die klepel hang nie.
Kobus,
Ek stem saam met Cornelius se raak beskrywing van jou vierduisend woorde: stront, van begin tot einde, en om jou op al die stront te wys, sal net tydmors wees. Hier is ’n paar:
Natuurlike seleksie is nie ’n uitvindsel nie, maar ’n proses in die natuur soos deur wetenskaplikes waargeneem. Darwin beskryf dit in die eerste vyf hoofstukke deeglik in sy Origin of Species.
Nêrens beweer ek dat natuurlike seleksie ’n toevallige proses is nie. In my huis-analogie het ek gesê natuurlike seleksie is blind, dit kan nie in die toekoms sien nie. Dit beteken dat daar nie vooraf bepaal (of "gesien") kan word hoe die aanpassing gemaak moet word nie. Die aanpassing van ’n spesie sal anders geskied tydens ’n ystydperk as wanneer daar aardverwarming plaasvind. Die dryfvere vir evolusie, nl mutasie en seleksie, is slegs mutasie lukraak, behalwe as dit doelbewus veroorsaak word soos bv met inenting teen siektes. Daar is ook voordelige mutasies. Volgens Sanford dui die mutasies op die uitwissing van die menslike genoom, was dit nie vir goddelike ingryping nie, wat hy "continual intervention of intelligence" noem.
Dis net hier dat die Christelike teologie weer in ’n sirkelargument beland. ’n Barmhartige, Alwetende, Almagtige God laat kwaadaardige mutasies toe wat die mensdom kan uitroei sodat hy deur "continual intervention' hulle kan red. Nee, wat! Evolusie het ’n beter verklaring wat logies en verstaanbaar is.
Dr Colin Patterson is ’n kreasionis. Ek verwag nie dat hy sal beweer dat die oorgangsfossiele volop is nie.
Ek sien niks in Tendekai se bevinding waaroor die kreasionis sy bors kan uitstoot nie. Daar is kwaadwillige mutasies wat lei tot uitwissing. Uiters min oerspesies het behoue gebly, en uitwissings van die verlede kan nie net toegeskryf word aan natuurrampe nie.
Sanford was ’n uitmuntende botanikus toe hy nog ateis was. Daarna het hy kens geraak toe sy vrou hom verlaat het, en het hy ’n kreasionis geword. Sy 'gene gun' word nog in die plantkunde gebruik.
Jou verduideliking van mutasie wat wrywing in ’n sel veroorsaak, laat ek oor aan Cornelius metafoor.
Groete
Angus
Kobus,
Dankie weereens vir jou baie insiggewende skrywes hierbo. Ek leer werklik baie – en as almal wat gedurigdeur aan hierdie foefie van darwanisme (aka evolusieleer) blootgestel word, net die moeite wil doen om jou skrywes te LEES sal dit ook vir hulle beter insig gee oor die werklikheid van God se Skepping. Ek weet jy maak geenisins daarop aanspraak dat jy alles weet nie (niemand van ons doen nie) – maar dat dit wat jy wél hier skryf met betrekking tot sake Gods só aan jou geopenbaar word deur die Heilige Gees – ek glo jy maak dit dan ook ’n saak van gebed! Ons beide weet dat dit op die einde van die dag slegs en alleen oor God se Verheerliking en Sy Eer gaan en nie ons s’n nie! Só, dit wat ons doen, word nie gedoen om sake Gods te verdedig (soos wat onse ou Cornelius wil beweer) nie – maar word júis uit liefde vir God (in die eerste plek) en liefde vir ons naaste gedoen – om hulle júis bewus te maak van die misleiding en die leuen van die evolusieleer wat die wêreld so verwoed aanhang en verkondig. Ons vertel hulle die Waarheid en vertrou die Heilige Gees om bekering en ware geloof te bewerkstellig!
Jy weet, Kobus, ek en jy (en menigte christene) het ware geloof – nie omdat ons dít uit onsself kon teweë bring nie, maar slegs en alleen omdat God uit genade daardie gawe deur Sy Gees aan ons gegee het – en omdat ons Christus se klop gehoor het én gekies het om die deur oop te maak en Hom te laat inkom. Dit is deur Christus se verdienste én die feit dat ons God se versoening wat Hy júis deur Jesus Christus – vir ALMAL – bewerkstellig het, aanvaar het, dat ons dié wonderlike wete en vooreg het dat ons ware geloof het en nou In Christus is. Ek het dit al voorheen ook genoem dat dit ongelooflik moeilik is om aan ongelowige mense, ware geloof te verduidelik – selfs aan (en meer só) diegene wat daarop roem dat hulle die Bybel “ken” en kamstig voorheen “gelowige christene” was. Daar is Geen manier dat iemand wat ’n Ware ontmoeting met Christus gehad het én Hom in geloof aangeneem het, afvallig kan word nie – glad nie – want Niks en Niemand kan jou ooit in der ewigheid uit Sy hande ruk nie! Daarom dat ek daarop aandring: dat die persoonlike verhouding met Jesus Christus, elke mens se Heel Belangrikste verhouding moet wees – daar is Geen ander belangriker verhouding as dít nie – dít is Lewensbepalend tot in Ewigheid!
Laastens, wat ou Cornelius se opmerking aanbetref – Ek weet jy doen alreeds, maar ek wil maar net bevestig dat dit duidelik steeds beter is om ou Cornelius se opmerkings bloot te ignoreer – dit wil sê deur dit te behandel met die minagting wat dit verdien. Hy gebruik lippetaal om sodanig sy “liefde” en “vergiffenis” uit te straal, maar met sy opmerkings is hy eenvoudig daarop uit om enigiets wat jy skryf (en deesdae wat ek skryf ook) te probeer vervloek en af te kraak. Hy het duidelik ’n persoonlike vendetta teen jou en sy haat teenoor die ware christen geloof is tasbaar in elk van sy skrywes. ’n Mens kan sommer sien dat hy iemand is wat op Jesus Christus roem met die mond – maar Geen ware geloofs verhouding met Hom (Christus) het nie – hy ken Hom (Christus) nie! Seker dié dat hy mense wat God en Sy Woord belaster, so ondersteun en so kwistig met die heuningkwas om hulle monde is!
Sterkte
Dolf
Dolf
Jy is doodreg met een ding. Kobus dink nie hy weet alles nie. Diep in sy binneste weet hy hy praat oor dinge wat hy niks van weet nie maar hy wil graag voorgee dat hy alles van alles weet. Hy het al male sonder tal sy naam krater gemaak deur uitprake oor die astronomie en die fisika te maak wat hy op brokkies uit kreasionistiese webwerwe baseer.
Die probleem met Google is dat jy oor bietjie basiese kennis van ’n onderwerp moet beskik om te kan onderskei tussen verdigsels en waarheid. Jou en Kobus se skrywes getuig van die afwesigheid van sulke basiese kennis. Het jy al ooit ’n gesaghebbende wetenskaplike boek oor evolusie gelees? Het jy al Charles Darwin se On the Origin of Species onder oë gehad? Moet jy nie dalk bietjie kennis inwin voor jy jou so braaf uitlaat teen dinge op die Sê nie?
Groetnis
Thomas
Angus (sommer ook ge-“cc” aan ongelowige Thomas en Panda),
Dit is ’n redelike lang skrywe – ek deel net nie my skrywes op, soos jy, in drieë nie.
Dit val my elke keer op hoe jy (en jou evolusie trawante) die essensie van wáárop julle evolusieteorie afgodsdiens gebasseer is, eenvoudig “bypass” of te wel “sidestep” sonder om te sweem en dan eerder dadelik die leser se aandag te vestig op jou (julle) eie analogieë en bewerings deur te spring van huise en grondstowwe na fossiele en ledemate (in vorige skrywes was dit litte en vinges, ens.). Thomas weer, bly op-en-af “ hop” deur ieder geen bydrae te lewer nie of om op sogenaamde “gesaghebbende” boeke of “gerekende” universiteite te fokus – dit is maar tipies van ’n "cut & paste" mannetjie – hy weet nie regtig wat aangaan nie. Ek weet nie waar Panda uitgeval het nie, maar sy mis ook gedurigdeur die punt waaroor die hele redenasie eintlik gaan en voeg Geen waarde by nie – wat sê sy eintlik behalwe Niks?
Kobus raak die essensie van die evolusieleer weer aan in sy skrywe as volg: “Maar dit lyk of Angus die essensie van sy darwinisme heeltemal uit die oog verloor het – Onthou tog, Angus en maters – julle darwinisme maak aanspraak daarop dat al dié lewe waarvan Angus in sy voorbeeld praat, iewers in die verskiet toevallig geëvolueer het uit ’n eenvoudige enkelsellige organisme tot waar ons die luukse diversiteit van lewe vandag, sien. Dus, volgens hulle het mens, aap, perd, plant en alles anders wat lewe, ’n enkele ‘gemeenskaplike voorouer’ – daardie enigmatiese eenvoudige enkelsellige organismetjie. Wat ’n absolute, onbewysbare, klug. Dit, MOENIE vergeet nie, is die fondasie waarop die ganse darwinistiese evolusieleer gebou, is. Daarvolgens is álles wat lewe, in watter formaat of verskyning of fisiologie verskil of ooreenkoms ook al, vandag biologiese sibbe van mekaar!” – maar julle ignoreer dit soos ’n Stopstraat! Jy sien, Angus, dit is hier waar julle bly vashaak en dan sommer so in die verbygaan “Biologie as sinloos sonder die evolusieteorie” identifiseer! Só jy (julle) beweer Biologie is sinloos sonder die ONBEWYSDE evolusieteorie!? Jy meen te sê wat die Biologie nie kan antwoord nie vul die “gerekende” universiteite se “geleerde wetenskaplikes” sommer gou-gou vir ons in met hul eie “ge-evolueerde” hipotese en teorieë gebasseer op ou Darwin self, se evolusie illusie!
Jy self maak die stelling: “Hierdie verkeerde aanname oor evolusie nl dat een spesie uit ’n ander ontwikkel, kom al van vroeg af toe Christene op kinderagtige wyse die spot daarmee gedryf het deur te sê evolusie beteken mense stam van ape af.” Weer vergeet jy van ou Darwin se “Boom” wat ALLE lewensvorme uit EEN Stam aandui – Jou eie “wetenskaplike geleerdes” is juis huidiglik besig om Darwin se boom te herteken net met amper 2 miljoen take en EEN stam! Ek het jou voorheen gesê en ek herhaal weer (soos Kobus hierbo) – jy (julle) mis (moedswillig?) die punt en essensie van die evolusieleer! Wat het die “toevallig” gevormde EEN ENKELE SELLETJIE laat besluit om te “lewe” ná een hengse ontploffing (Ek gaan nie weer my vorige skrywes herhaal nie – lees hulle maar weer vir agtergrond) in die eeste plek, én daarna laat besluit het om in IDENTIESE SELLETJIES te verdeel, waarna elke verdeelde IDENTIESE SELLETJIE besluit het (julle noem dit net “natuurlike seleksie”) om elk in verskillende “lewensvorme” te evolueer (oor miljoene-der-miljoene jare). Wat sou die een laat “natuurlik selekteer” het om uiteindelik in ’n Olifant te evolueer en ’n ander om eerder “natuurlik te selekteer” om uiteindelik in ’n Wilgerboom te evolueer en ’n ander om eerder “natuurlik te selekteer” om uiteindelik in ’n Visarend te evolueer en OOK ’n ander om eerder” natuurlik te selekteer” om uiteindelik in ’n mens te evolueer!??? Jy gee nie antwoorde nie – jy (julle) KAN NIE – Want dit BESTAAN NIE!! En dan het jy (julle) die vermetelheid om te beweer “waar Biologie nie antwoorde het nie is die evolusieteorie die antwoord.” Weereens die ONBEWYSDE evolusieteorie as antwoord!? – én dit ALLES bring ons weer in een hengse sirkel terug by die essensie van die evolusieleer wat na bykans 200 jaar nog net is waar dit was – NÊRENS!!
Hou dus asseblief op om ons en die lesers te probeer stoomroller met onbewysde teorieë en hipotese van die evolusieleer deur die bogenoemde FEIT in te kleur met “hogere” en “gerekende” en “gesaghebbende” “wetenskaplike” woorde – of dit nou by gewrigte, litte, vingers, ledemate, fossile, grondstowwe, huise, stralers of wat ook al, kom! Moet ook net nie met “oorgangs fossiele” vorendag kom nie – jou “wetenskalike” maters soek nou nog die “missing link” – en deur hul onvermoeë om hulle eie "ge-evolueerde" hipotese en teorieë te bewys, “slap” hulle sommer die (on) bewysde evolusieteorie daaraan toe!? Die essensie van die evolusieleer en waarop die hele spul onbewysde teorieë en hipotese berus, BESTAAN NIE!
Ek wys jou (julle) graag weer daarop: Ware Geloof is ’n gawe van God en daarsonder sal die Bybel (God se Woord) vir jou (julle) Geen betekenis hê nie – julle sal dit nie kan verstaan nie! Julle self het hierdie feit al oor-en-oor in julle eie skrywes bewys!
Sterkte
Dolf
A! Die ou agnostiese koortjie sing alweer die vals refrein van ontsteltenis ...
Julle ouens, behalwe natuurlik, Dolf, se reaksie is so voorspelbaar soos die gang van die aarde om die son. Natuurlik sal julle nie met my saamstem nie, want dan roep julle beide darwinisme en ateïsme, vaarwel, toe, en daarvoor is julle nog nie gereed, nie – die tyd sal nog daarvoor kom. Nie ’n enkele puntjie van substantiewe kritiek, nie, net om die bos springery en ellelange gesanik oor hoe min ek kwansuis weet! Maar julle koortjie wat so saam harmonieer is natuurlik die aanduiding dat dit wat hierbo geskrywe is in die artikel, juis in die kol is en boonop vir julle geweldig ontsenu – nou 'stem' julle met julle ou aanhangsel, Cornelius 'saam', natuurlik in die hoop dat hy weer soos in die verlede, heeltemal beheer verloor en tot jul vermaak onbeheers begin manifesteer om die aandag van die onderwerp van bespreking, te probeer aflei.
Ons maak veral met Angus baie vordering – hy is nou al besig om die darwinisme in sy wese te ontken – wel gedaan, Angus, maar, steeds probeer jy, met jou 'verduidelikings' om die bos spring vir ’n vale!
Maar dit sal nie werk, nie.
Dankie, Dolf, ook vir jou gehoorsaamheid aan die HERE en jou moedige en sorgvuldige konstante saamwees in die HERE en jou voortdurende kragtige getuienis – jy is ’n ware staatmaker.
Ons dank aan die HERE in die Heilige Gees vir SY leiding – die gebrek daaraan, is so duidelik by die arme ou agnostiese koortjie te bespeur.
Hul koorsang is soos die Amerikaanse fliekbedryf – dit skets die prentjie van die inherente verval en die ontrafeling wat hulle as groep, beleef en probeer hanteer – al is dit nou met hulle gebruiklike diskordante koorsang.
Kobus de Klerk
Angus
Soos ’n geduldige onderwyser met daardie stadige enetjie in die klas.
Ek moet jou gelukwens – ek het eenvoudig nie die geduld of tyd om met die outjie wat nie sy huiswerk wil doen nie, te sukkel nie. Seker maar goed dat ek nooit ’n onderwyser geword het nie.
Thomas
Dolf,
As jy werklik iets van darwanisme (sic) wil leer, is jy beslis by die verkeerde leermeester.
Ek stem met jou saam: jy en Kobus het "ware geloof". Soos hulle sê: glo in jou een hand en dinges in jou ander hand. Kyk dan in watter hande het jy die meeste.
Thomas,
Jy verstaan my bedoeling ten opsigte van my skrywe aan Kobus nie reg nie. Ek haal aan “Ek weet jy maak geensins daarop aanspraak dat jy alles weet nie (niemand van ons doen nie)”. Jy sien, Thomas, Niemand (geeneen) van ons weet alles nie. Ja-ja, die “ons” sluit almal wat op hierdie forum skryf, ook in – jy, Angus, Panda, Chris, ens. Daar word graag deur julle geroem oor jul sogenaamde “kennis”, maar selfs dit val erg kort – sien maar jou eie skrywes as voorbeeld.
Wat ek wel met my skrywe aan Kobus bedoel het (en ek weet dat hy dit ook só verstaan het), is eintlik maar met verwysing na 1 Kor. 13 – dat ons nou net ten dele weet (ken) maar eendag ten volle sal weet (ken) – en dit sluit sekerlik alle kennis, ook ten opsigte van God se wonderlike skepping, in (nie dat dit enigsins van beland sal wees nie). Dit was geensins met verwysing na Kobus se insiggewende skrywes oor die “biologiese natuurlike seleksie” nie. Nee-nee, dié aspek het hy baie goed en deurdink aangeraak – dit is julle evolusie manne wat julself as sogenaamde “kenners” weergee wat elke keer in die stof byt. Maar dit daar gelaat.
Op die einde van die dag gaan dit nie oor wie “wen” en wie “verloor” die spesifieke argument (of dan redenasie) nie – ons kan die heeldag oor-en-weer argumenteer/redeneer. Die punt is: julle hang die evolusieleer (alhoewel dit uit onbewysde hipotese en teorieë bestaan) aan. Die rede hiervoor is dat julle die evolusieleer glo – dít is dus by julle ’n afgodsdiens (evolusieleer is nie wetenskap nie – dit is slegs ’n wêreldse leuen). Dít doen julle (wetend of onwetend) as teenvoerder vir die ware christelike geloof. Jy sien, omdat julle nie God en Sy Woord, wil (uit eie keuse) aanvaar nie, is daar ’n gewetens wroeging (in ’n mindere of meerdere mate) wat gesus moet word. Julle moet julle self (en gekose lewenstyl) regverdig! En daarvandaan hierdie argumente van julle oor die evolusieleer – julle MOET eenvoudig dié teorieë en hipoteses as die waarheid probeer bewys, want dit gaan vir julle oor selfregverdiging – die gewete moet gesus word en God moet wegbewys word! Dit is al amper 200 jaar later en julle sit nog net waar julle was – Nêrens. Jy praat van Darwin se "Origin of the Species” as “gesaghebbend” – hoe belaglik – daar is absoluut NIKS gesaghebbend daaraan nie! AL die biologiese en wetenskaplike ontdekking wat wel oor die afgelope bykans 200 jaar bereik is, dui net op God se Almag en Wysheid in Sy skepping en die ongelooflike ingewikkeldheid waarmee Hy dit geskep het! En dít dryf julle evolusie manne tot raserny! Hoe meer julle stry daarteen, hoe meer bewys julle juis hierdie feit!
Jy sien Thomas, op die einde van die dag gaan dit oor waar elkeen van ons die ewigheid gaan deurbring – onthou die lewe hier op aarde is tydelik. Ek en Kobus (soos elke ander ware gelowige christen) is in GEEN twyfel oor hierdie aspek nie! Ons wéét dat ons ín Christus is, wat die dood kláár oorwin het en deur Sy verdienste is ons gered! Nee-nee, moet ook nie die fout maak dat ons “bang” is vir die hel en daarom God aanbid nie! Dit gaan oor Geloof! Nie die geloof wat uit onsself kom nie, maar die God gegewe genadegawe van Geloof wat van Sy Heilige Gees afkom! Dit is eers dán wanneer God se evangelie boodskap werklik sin maak en ’n mens God se versoenings genade en liefde in en deur Sy enigste Seun Jesus Christus begryp én begin beleef! Jy sien, as jy eers ín Christus is en Sy ware liefde beleef, is daar geen vrees meer nie – soos in, glad nie! Nee-nee, dan wíl jy God liefhê en in gehoorsaamheid aan Hom lewe – jy wíl Christus se voorbeeld volg en liefde teenoor jou naaste uitleef – jy weet mos nou die Waarheid! Waaroor gaan God se gebooie dan? – oor Liefde! En dít is waarom ek (en Kobus en elke ware gelowige christen) nie mense wil sien verlore gaan nie!
Ja-ja, ek is heeltemaal bewus daarvan dat jy nie in God en Sy Woord glo nie én daarom erken jy Hom nie. Vir jou (en ander soos jy) is daar Geen hoop nadat jy (julle) die tydelike met die ewige veruil het, nie. Daar is net “Niks” nie. Geen doel, Geen hoop, Net niks nie! Julle argumenteer ook dan graag – juis dat omdat julle “nie glo nie” – dat julle kwansuis nie onderworpe is aan God se oordeel nie (sien onder andere Angus se vorige skrywes). Verder word daar dikwels deur jou (en ander) geredeneer dat julle ook die Bybel “ken” en “weet” wat daarin staan – julle roem ook dikwels daarop dat julle “ook was waar ons ware gelowiges nou is”, maar nou weet van beter? Die satan ken ook die Bybel – die Woord van God – baie goed (beter as enige mens, sal ek sê) – en hy (en sy bose trawante) sidder van angs – jy sien, hulle wéét ook die waarheid! En dit is juis hier by hierdie punt, waar julle een henge en fatale fout begaan. Jy sien, julle ongeloof vrywaar julle Nie van God se oordeel Nie – of jy nou God wil erken of nie! Jy het so graag na Angus se skrywe verwys dat “Tafelberg sal nie sommer net in die niet verdwyn omdat dit ontken word nie.” Jy (julle) is presies reg in dié verband – God en Sy oordeel oor elke mens sal nie net sommer in die niet verdwyn omdat Hy (God) deur ongelowiges ontken word nie! Of jy (julle) dít nou wil glo of nie!
Sterkte
Dolf
Angus,
Vir iemand wat só dikwels na die Afrikaanse digters verwys, sien ek jy het ook nie mooi gehoor nie – jou verkeerde aanhaling gaan oor “wens” en nie ware geloof nie. Die regte en ware aanhaling lui só : “Spoeg in die een hand en Wens in die ander en dan kyk jy watter hand het die meeste”. Siende dat jy so ’n eenvoudige afrikaanse term, oor wens, so kan verdraai om by jou sinlose redenasie te pas – met watter ander verdraaiings kan jy nie (het jy nie al) na tevore kom nie!? Maar dan weer ís die evolusieteorie slegs wensdenkery! Jy sien, Angus, ons ware gelowige christene hoef nie aanhalings, terme, spreukwoorde, en dies meer, te verdraai om ons redenasies krag te probeer gee nie, nee-nee, ons krag en leiding kom van die Heilige Gees af en daarom bly ons ín die waarheid – julle krag kom va ...? Nou ja, seker maar ge-evolueer van die oer-oer oue “soppies” af!?
Terloops, is dit nie interessant hoe jy, Thomas (en ander evolusie manne) die essensie van Darwin (jul afgod) se evolusieteorie (jul afgodsdiens), soos deur my en Kobus uitgewys, WEER eenvoudig “sidestep” met GEEN antwoord nie en WEEREENS die leser se aandag aflei van dié punt, met “leermeesters” en “stadige enetjie” en “onderwysers” (ek is ook baie dankbaar Thomas het nooit ’n onderwyser geword nie – ek kan myself indink met watter “twak” hy die arme kinders mee sou verveel het – hulle sou later almal soos ’n klomp “ape” gevoel het!).
Sterkte
Dolf
Dolf,
Julle wil nou eenmaal die evolusieteorie aftrek na die vlak van geloof, so asof geloof iets minderwaardigs is. Laat ek jou egter gerusstel: ons glo nie in evolusie nie, maar kan nie anders as om dit te aanvaar nie, want ons sien dit elke dag gebeur, ons sien dit in die fossielrekord, ons sien dit in die genetiese samestellings van alle lewende dinge, ons sien dit in die navorsing van verskillende dissiplines van die wetenskap.
Ek sal jou sê wat ons doen. Jy gee my ’n wetenskaplike verklaring van hoe ’n hopie grond en ’n ribbebeen binne een dag kan verander in ’n man en ’n vrou, en ek verduidelik vir jou hoe een sel in iets anders kan verander.
Dolf,
Glo in die een hand en dinges in die ander hand, klink vir my oorspronkliker. Jou Afrikaanse term is geyk en so vol muf en spinnerakke soos die Bybel.
Hoe jy ookal tekere gaan, die evolusieteorie is gebaseer op waarneming en navorsing. Die Bybel is gebaseer op wonderwerke: 'n hopie grond en 'n ribbebeen wat toe plotseling mens geword het. O, ja, en verder het water mos ook toe in wyn verander! Hoe meer ek van hierdie wonderwerke praat, hoe meer sidestep julle dit.
Groete
Angus
Angus,
Ek bemerk jou eie systappie pogings in jou diskoers met Dolf – natuurlik omdat hy vinnig besig is om jou hoek se kant toe, te dryf.
Daar is al telkens vir julle verduidelik dat dit nie nodig is om die Woord te bewys, nie, en ook die redes daarvoor. Wat die wonderwerke aanbetref, is hulle bevestig deur ooggetuies wie dit opgeteken, het. Daar is ook die vermeerdering van die brode en vissies, en ook die loop van die HERE en Petrus, op die water, geloofsgenesings en talle meer – ’n kwessie van ooggetuie verslae.
Al wat jy vandag kan sê, as jy eerlik wil wees, is dat jy nie verstaan hoe dit gebeur het, met die karige, eenrigting-vlak van wetenskaplike ontwikkeling soos dit vandag daar uitsien, nie. Hierdie tipe van agnostiese wetenskapsbeskouing en -beoefening gee aan die moderne wetenskap tonnelvisie – soos ’n perd met oogklappe aan. Meer as dit, kan jy nie sê, nie. Jy sal nie kan ontken dat daar natuurwette bestaan wat die wetenskaplikes nog nie ontdek het, nie – veral die met die wetenskap-tonnelvisie, en ook veral nie in die rigting van die metafisika nie.
Daar is dus perfek relevante en aanvaarbare redes en gronde om te verduidelik waarom iemand soos jy as eng-denkende agnostikus dit nog nie kan verstaan, nie – gebrek aan kennis (Hosea 4:6) – en jy is besig om ten gronde te gaan daaroor, soos die Woord ook waarsku, want jou gebrek aan kennis en veral insig, weerhou jou van Lewegewende geloof.
Ons as ware gelowiges, daarenteen, het geen probleem om die Woord te glo, nie. In die eerste plek ken ons die HERE en weet ons, dat HY oor die kennis en bekwaamheid en vaardigheid beskik wat ons nog nie eens van kan droom, nie, maar kennis waaroor ons mettertyd eers sal bekom (1 Korintiërs 13:12-13) – ’n aspek wat al ook al duidelik deur Dolf vir jou uitgespel is. Dan is daar ook die kwessie dat ons na SY skepping kyk en besef dat niks by HOM onmoontlik was, is of sal wees, nie (Lukas 1:37; 18:27).
Dit is dus maklik vir ons om te glo in die Woord, want ons is nie eenogig of denkegestremd nie.
Julle glo net wat julle kan sien – en dit is bitter min van wat daar is om te weet – en dit maak julle as agnostici uiters denkegestremd.
MAAR, ander reëls geld vir die darwinisme, en tereg ook so. Julle probeer sonder God, SY wonderlike werke verklaar en die resultaat is die sorgwekkende swak poging wat as darwinisme bekend, staan. Sorgwekkend, omdat daar hoegenaamd nog aandag gegee word, daaraan. Die rede daarvoor is hoofsaaklik die aggressiewe manier wat darwiniste aanwend om akademiese poste vir darwiniste te beskerm.
Dit is julle beskore om die evolusie teorie te bewys en julle maak ook aanspraak dat dit ’n bewese teorie, is.
Die feite waarvan jy praat, is gering vergeleke die waas van hipotese en teorieë wat julle daaromheen probeer bou en die tipies darwinistiese onbewese en haas onbewysbare hipotese en teorieë wat rondom die paar feite gebou is, verdring en befoeter die feite so erg dat die feite nie meer herkenbaar is, sonder om die darwinistiese filosofie daarvan af te stroop, nie. Word dit wel gedoen, dan is die feite eintlik selfs in hul rou formaat, ondersteuning van die Genesis skeppingsgebeure. Dus, julle moeitevolle arbeid bewys die Woord as betroubaar en Darwin se hipotese en teorieë as pure wensdenkery tot die punt dat dit ’n volbloed religie, is.
Dit is ook al herhaaldelik vir julle uitgewys julle beweer, julle moet bewys – julle maak self daarop aanspraak.
Dus, die probleme wat daar met darwinisme is, is al herhaaldelik uitgewys. Dit word deur julle ontmoet met slegsêery, verdagmakery, maar geen substantiewe verduidelikings, nie. Dit is dus julle wat systappies probeer uitvoer met die onbeholpe taktiek om diegene wat julle tot orde roep, en die redes in besonderhede uiteensit, te probeer stil skreeu met boelietaktiek. Net jammer dat julle idiomaties veel kleiner is as die ouens vir wie julle probeer boelie – daarom werk dit, nie.
Kobus de Klerk
Kobus,
jou kennis van die wetenskap is en bly maar uiters beroerd.
Natuurwette word nie ontdek nie, want dit is mensgemaak. Wetenskaplikes neem in die natuur waar dat liggame mekaar aantrek. Dit word bestudeer en nagevors en dmv taal en wiskunde omskrywe. Die beskrywing van hierdie verskynsel word dan ’n naam gegee, nl. Die wet van swaartekrag.
Ons weet dus van alle natuurwette, want almal is geboekstaaf. In die toekoms mag iemand dalk nog ander wette maak nadat hy een of ander natuurverskynsel waargeneem het.
Jy is tog nie regtig ernstig met jou "ooggetuieverslae" nie, is jy? Wil jy my vertel die ooggetuie het Jesus bespied vanaf sy geboorte in die stal, dwarsdeur sy lewe, en selfs saam met hom rondgerits toe Jesus en die Duiwel, eers in die woestyn, toe na die hoogste gebou in Jerusalem, en toe na die hoogste bergtop gevlieg het? Het hy ook saam met hom neergedaal na die hel? Het die ooggetuies ook gesien hoe die graftes oopgegaan het tydens die kruisiging en hoe hierdie geraamtes op Jerusalem toegesak het?
Ooggetuieverslae, my voet! Dis ooglopend derdepersoonsvertelling, maw fiktiewe verhale.
Julle wil baie graag die evolusieteorie van Darwin aftrek na julle religie-vlak. Is dit miskien omdat julle heimlik besef dat ’n religie slegs fiksie en dus die skepping van die menslike verbeelding is? Ek vra maar net.
Wat jy en Dolf in julle gedagtes bespiegel weet ek nie. Ek sal julle aan ’n breinaftaster moet koppel om te bepaal waar die kwaad lê wat die hallusinasies veroorsaak. Dit kan dalk kwaadaardige gewasse wees vir al wat ons weet. Julle sê julle droom van God se vaardigheid, ens? Breinskandering is nogal ’n duur storie. Sal julle mediese fonds daarvoor betaal?
Groete
Angus
Angus, jou snert raak nou te erg.
Om te beweer dat ’n natuurwet deur mense gemaak word, is absoluut onverdunde snert. Al wat die mens kan doen, is om dit waar te neem, as natuurlike fenomeen, en dan dit wat hy waarneem, bloot te verwoord.
Soos die reg, word dit gevind, en nie geskep, nie. Wette wat gepromulgeer word, in die wetenskap en in die regstelsel, het algar hul oorsprong in reeds bestaande reg of natuurverskynsels. Swaartekrag en so ook enige ander konsekwente natuurverskynsel, was onberekenbaar lank reeds daar en in werking in die natuur, voordat die mens ’n kort rukke gelede daarop afgekom het en dit, bloot vir identifikasiedoeleindes, in wiskundige formaat verwoord en ’n naam gegee, het. Dus, die wet bestaan al vir wie weet hoe lank in die werking daarvan en die mens kom en pen dit gewoon net neer. Die mens kom nie en skep ’n nuwe natuurlike fenomeen en sê dat dit is Angus se wet en van nou af werk dinge volgens Angus se wet, nie. Angus sal dit ook nooit kan doen, nie. Al wat Angus kan doen, as hy oplettend genoeg is, is om een van die reeds bestaande konsekwente natuurverskynsels – die eintlike natuurwet – op te merk en dan vir ander te sê, haai, kyk, waarop het ek afgekom – kom ons noem dit sus-en-so wet.
Nes ’n kind waarvoor jy naam, gee. Almal weet die kind is gebore en leef voor jy die naam aan die kind gegee, het. Die feit dat jy naam gee aan die kind, skep nie die kind, nie! Jy kan ook nie aan iets ’n naam gee as dit nie vooraf eers as kind, volledig bestaan, nie.
Wetenskaplikes wat nog nie alle feite onder die knie het, nie, en nog observeer, skep ’n teorie aan die hand van hul voorlopige waarnemings, en begin dan die teorie toets om te kyk of hulle op ’n natuurwet afgekom, het. As hul dan uiteindelik sien dat hulle waarneming volledig is, dan se hulle – kyk, dit is soos sake werk en dit is ’n natuurwet waarop ons afgekom, het – nie omdat hulle daarvan een maak, nie, maar omdat dit een is voor hulle dit so benoem, het en hulle dit nou eers die bestaan daarvan agtergekom, het en hul beskrywing en benoeming daarvan blote logiese konsekwensie van hul fonds (in teenstelling met skepping) is.
Dus, kort en bondig – geen mens hoegenaamd, kan ’n natuurwet skep, nie. Net God doen so iets nes HY die reëls van Natuurlike Geregtigheid geskep, het. Al wat die mens agterna doen – hy vind dit en formuleer bloot dit wat hy waarneem.
Om anders te beweer of selfs te insinueer, is nie net arrogant, nie, maar uiters insigloos en onkundig.
Die oppervlakkigheid waarmee jy dinge beskou, selfs in die wetenskap, is verbysterend, en maak sinvolle gesprek, bykans onmoontlik. Ek kyk en praat agter die oppervlak en jy bly op die oppervlak karring.
Weereens, die gebrek is besig om in sirkels te wil neig – en dus kondig dit vir my die einde daarvan aan. Hoe meer jy in ’n hoek kom, hoe meer snert kom tevoorskyn, soos die hierbo in jou laaste kommentaar, en hoe meer begin jy in sirkels te praat sonder om vir jouself die probleem op te kan los – dit vererger wel, net.
Kobus de Klerk
Kobus,
Jy kan darem snert tik. ’n Natuurwet is die menslike beskrywing van ’n natuurfenomeen. ’n Natuurwet kan verander, soos die swaartekragwet. Ons praat van Newton se swaartekragwet en dit het baie veranderinge ondergaan, bv deur Einstein. Die natuurfenomeen verander nooit nie. ’n Wet is mensgemaak.
Angus