Oor Christendom, judaïsme en mohammedanisme

  • 17

Chris verwys Wouter elders in ’n kommentaar na die boek Three Faiths, One God - The Formative Faith and Practice of Judaism, Christianity and Islam deur Jacob Neusner.

Dit het my net weer herinner aan die dilemma van die sekularis en agnostikus wat sin probeer maak van religieuse, oftewel, spirituele sake, in soverre dit God aangaan.

Hierdie drie - Christendom, Judaïsme en Mohammedanisme (Islam) - is eintlik nie in die wese daarvan aan mekaar verwant nie, juis omdat hulle in die wese daarvan ingrypend van mekaar verskil.
Ons moet ingedagte hou – in elke religie gaan dit juis oor die deïteit of godheid wat gepoog word deur elke religie gedien te word. Alles wat dan gedoen word in die beoefening van elke religie, is spiritueel van aard en dié dui soos ’n vinger na die deïteit of godheid van daardie religie en word gedoen uitsluitlik in ’n poging om dáárdie godheid of deïteit te probeer behaag. Die agnostikus weet dit nie, verstaan dit nie en kyk dus met ’n heel verkeerde oog na religie wanneer hulle dit probeer ondersoek. Hulle kyk na alles, behalwe hierdie kardinaal belangrike aspek van elke religie. Hulle soektog is dus futiel en hulle gevolgtrekkings gevolglik oppervlakkig en gebrekkig.

Hoewel al drie ’n gemeenskaplike vertrekpunt het in ’n gemeenskaplike erkenning van die Abrahamiese Godsdiens en herkoms, is dit eintlik van belang om te sien wat hulle onderskeidelik met die oorspronklike Godsdiens en die Abrahamiese Godheid, die ware Godheid (met Wie die Christene bekend is omdat hulle Hom dien), gedoen het in die eeue sedert Abraham, om werklik vas te stel of hulle werklik die Abrahamiese Godsdiens aanhang en of hulle dit net as vertrekpunt gebruik, elk vir hul eie veranderde en afwykende religie en sodoende dus lippediens bewys daaraan. Slegs by ontleding van dié kwessies, sal daar vasgestel kan word of hulle wél ‘Three Faiths, One God’ verteenwoordig en of dit eerder ’n kwessie is van three faiths, One God and two false gods.
Ons het nou al dikwels gesels oor judaïsme en dié se wegbreekpunt vanaf die oorspronklike Noagiaanse, Abrahamiese, Mosaïese en die Christen Godsdiens – hierdie vier is algar een Godsdiens in verskillende stadia van ontwikkeling - en waarom die Christendom as die enigste ware Godsdiens van die drie beskou moet word. Dit staan vas dat God, Wie vir Adam geskape het, die God van die Christendom is en dat die Christen se Godsdiens deur ontwikkeling gegaan het sedert die sondvloed in die fases wat die Noagiaanse-, Abrahamiese-, Mosaïese- Godsdiens kenmerk en uiteindelik in die finale formaat, die Nuwe-Testamentiese Christendom, deur God Self in die hoedanigheid van Sy Woord in Vlees, die HERE Jesus Christus, vervolmaak is as die Nuwe en Finale Verbond (Testament).

Dit is ’n erkende feit dat die koms van die Messias – die HERE Jesus Christus - as vervolmaking van die ware Godsdiens in die Nuwe-Testamentiese tyd vervul en vervolmaak is en dié allerbelangrikste advent alreeds in die vroeë voorlaaste era van die oorspronklike Godsdiens, in die Mosaïese ontwikkelingstadium en net daarna, geprofeteer is deur die Goddelike profete (Moses se Deuteronomium 18:15-18 profesie; Dawid se Psalm 2:6-12; 22:11-19 en 110 profesie; Jesaja 2:2-4; 7:14; 9:6; 11:1; 53:12 en Sagaria 2:10-13; 3:8; 6:12-13; 9:9-10; 11:12-13; 12:10; 13:1, 6-7) ongeveer 1350, 900, 700 en 510 v.C. en nét so vervul is. Die Sagariaanse profesieë konsentreer veral op die Goddelikheid van die HERE Jesus Christus en ook die wederkoms.

Beide judaïsme en islam erken die profesieë, maar toe die profesie vervul word, ontken hulle dit want hulle ken die God van die profesie nie - in Johannes 8:12-58 word die oorsprong en rede van die verskille in detail bespreek. Vir hulle het dit gans ander betekenis, want hulle het elk ’n ander god geskep wat nié met die ware God, met die HERE Jesus Christus, vereenselwig of geassosieer kan word nie. Hoe kan daar dus gesê word hulle een God dien? Dit is glad nie die geval nie – hulle misken en ontken die ware God en het hul eie versinsel daaromtrent.

Op die stadium van vervulling van die Messiaanse profesie het die judaïsme al só vêr van die ware, oorspronklike Israelitiese/Hebreër Godsdiens afgedwaal met hul eie sinkretistiese religie (sien die oorblywende kenmerke van die judaïsme se kabbala en God se vroeë verwerping daarvan in Sefanja 1:2-6) dat hulle nie eens meer in staat was om die vervulling van die eeue oue ware Godsdiensverwagting – die koms en verlossingswerk van die ware HERE Jesus Messias – te kon eien nie.

Die Islam se profeet Mohammed het bykans ses eeue later ’n religie geskep om by die eise van die tyd vir die Arabiere, die nakomelinge van hul stamvader, Ismael, te pas, want die Arabiere was op daardie stadium vinnig besig om hulself tot die Christendom te bekeer. Baie van hulle het op daardie stadium verskeie politeïstiese religieë aangehang en was nie tevrede nie en wou tot die Christendom bekeer.

Die ontwerp van hierdie Arabiese Ismael religie het derhalwe verskeie ooreenkomste met die judaïsme én die Christendom, maar word, nes die judaïsme, duidelik van die Christendom onderskei deur die essensie van hul religie wat geheel en al onversoenbaar is met die Christendom – by ontwerp. Maar die mohammedanisme se vestiging word ook gekenmerk deur offensiewe gewelddadige afdwinging daarvan – sedert die ontstaan daarvan in die sewende eeu nC tot nou toe nog (verál).

Die Christendom, daarenteen, is die Godsdiens van Vrede en Liefde. Slegs gedurende die eeue voor Christus moes hulle hulself verdedig teen aggressors maar gedurende die donker Middeleeue is geweld gepleeg teenoor nie-Katolieke, wat beide Islamiete én protestantse Christene insluit, deur die Katolieke vir politiese en ekonomiese redes wat met die beginsels van die Christendom hoegenaamd niks te make had behalwe net om strydig daarmee te wees, nie. Maar daardie polities en ekonomies gemotiveerde vergrype waarvoor die kerk van die tyd, die Katolieke kerk wat ook die regering was, berug is, báie lankal iets van die verlede omdat dit só teen al wat Goddelike beginsel is, skrei.

Die Islam, verál in sekere baie invloedryke vertakkings daarvan, kontrasteer want dit sien geweld en selfmoord met massamoord as deel van hulle afwykende religie en die wil van hul god, allah.
Die essensiële verskil tussen die Christendom as ware Godsdiens en die ander twee religieë wat daarmee sekere oënskynlike ooreenkomste toon, is dus juis die hantering binne religieuse verband van die HERE Jesus Christus binne hulle onderskeie religieë.

Die judaïsme se vertrekpunt van die HERE Jesus Christus is die mees radikale en afwykend. Hulle laster gruwelik deur te sê dat die HERE Jesus oor geen Goddelikheid beskik nie en veral dat Hy ’n vals messias is en die mees skadelike vals messias, boonop. Hulle verwerp die HERE Jesus Christus met minagting geheel en al in religieuse verband – dit is natuurlik die spirituele rede waarom agnostici soos Wouter, hulle religie strelend vind. Selfs vandag nog in Israel, word daar hewig gediskrimineer teen Messiaanse Jode en die antagonisme waarmee hulle deur judaïsme bejeën word, is openlik en voelbaar. Dink net hoe moes dit wees in die Nuwe Testamentiese tye toe die Sanhedrin hul eie sekuriteitsafdeling (tempel soldate) had.

Oor die antieke Heilige Skrifte, waardeur die Abrahamiese Godsdiens gekenmerk word, het die islam weer die radikale en afwykende vertrekpunt. Hulle verdraai die Heilige Skrifte geheel en al en stel Ismael, hulle stamvader, in die plek van Izak, die ware Hebreër Verbondskind en stamvader, sovêr dit die Abrahamiese Verbond aanbetref. In hierdie verband alreeds, wyk hulle dus geheel en al af en volg hulle eie konstruksie sodat dit hulle religie kan pas en dít vir die eerste keer so onlangs as die 7de eeu vC. Daar is werklik geen voor-historiese bewys vir die korrektheid van hierdie benadering nie en is duidelik ’n poging om hulle eie religie vir hulself op te bou deur bekende geskiedkundige momente te gebruik en vir hulself eenvoudig aan te pas totdat dit hulle nuwe religie pas.

Die Islam erken die maagdelike geboorte HERE Jesus uit Maria, maar stel die HERE Jesus Christus geheel en al gelyk aan enige ander menslike profeet terwyl hulle Sy Messiasskap in ’n mate erken, maar dan ook net in Joodse verband en meer in besonder, as messias vir die kinders van Israel. Hulle ontken egter geheel en al die HERE Jesus Christus se Goddelike hoedanigheid en ook die feit dat die HERE Jesus Christus gekruisig is óf weer opgestaan het uit die dode óf dat die HERE Jesus Christus gekruisig is as Verlosser vir álle nasies (nie net vir Israel nie). Hulle ontken die kruisiging en beweer dat die kruisiging ’n skyn was en dat die HERE Jesus opgeneem is na die hemel en nooit gekruisig is, nie. Hulle stel ook die HERE Jesus Christus as ondergeskik aan Mohammed en beweer dat die HERE Jesus ’n blote voorloper van Mohammed is en beweer selfs dat die HERE Jesus ’n wegbereider vir Mohammed was – baie soos Johannes die doper vir die HERE Jesus Christus was. Die kru lastering wat hulle in daardie verband bedryf is hulle dwaalleer dat die verwysings na en werk van, die Heilige Gees in Johannes, eintlik verwysings is na die koms van Mohammed!
Beide die judaïsme en mohammedanisme as religieë ontken en verwerp dus die HERE Jesus Christus as Godheid en as Verlosser en veral ook Sy kruisiging en opstanding – en dít is immers die essensie van die ware Godsdiens. Beide hierdie religieë ken God dus nie werklik nie (Johannes 14:6-7), maar betoon aan God lippediens terwyl hulle Hom nie erken of herken, nie en hulle in hul religieuse beoefening, heel ander selfversinde gode vereer. In beide daardie religieë is hulle deïteit ’n onbekende versinsel, ’n geprewel oor die lippe, wat heeltemal verwyderd staan van die ware, lewende drie-Enige God.

Die islam erken ook slegs die oorspronklike torah-geskrifte/boeke as deur God ingegee (met die voorbehoud van die omruiling in essensie van Ismael en Izak as Verbond seuns) en beskou die res van die Christen Bybel en Tanakh as korrup.

Daarom kan daar nou reeds gesê word dat die agnostikus en sekularis se opvatting van ‘Three Faiths, One God’ geheel en al van onkunde en wanpersepsie getuig – daar is nie sprake van een God as dit by die Christendom, islam en judaïsme kom, nie. Die Christendom dien God, die ander twee het vir hulself volgens hul religieuse politiek, ’n eie dimensielose deïteit geskep, iets wat binne die bestek en begrensing van hulle menslike rede en begrip, vir hulle onderskeidelik sin maak – daar is véél meer ooreenkoms tussen hulle onderskeie begrippe van die aard van hulle sogenaamde deïteite onderling, as wat daar tussen hulle begrippe met die ware God, Wie deur die Christendom gedien word, is. Beide die islam en die judaïsme ontken die dimensionaliteit, die drie-Enigheid, van God en verskil daarom radikaal van die Christendom maar stem grootliks met mekaar se siening daaromtrent saam.

Beide die judaïsme en die islam is relatiewe jong religieë – die judaïsme soos ons dit in die Nuwe-Testamentiese tyd leer ken het met sy onderskeidende 613 rabbiniese presepte (welke direk deur God verwerp word – sien Markus 7:6-9), dateer uit ongeveer net voor die eerste ballingskap (ongeveer 700 vC) toe die eerste sinkretistiese tekens daarvan bemerk was (sien Sefanja 1:2-6) en veral daarna, terwyl die mohammedanisme (islam) eers in die 7de eeu nC deur Mohammed ingestel is. Die Christendom daarenteen, is die oudste en ook die mees dinamiese Godsdiens.

Daar is egter ook ander, baie belangrike onderskeidende kenmerke.
Kortliks maak die judaïsme, anders as die oorspronklike Hebreeuse Godsdiens, geen aanspraak op direkte Goddelike openbaring as kenbron van hulle religie nie en het van die oorsprong Hebreeuse Godsdiens, dié van Abraham Izak en Jakob en Moses, weggebreek met hulle eie kenmerkende 613 rabbiniese presepte wat hulle tot die Heilige Skrifte van Ou Testament - die oorspronklike boeke van die Mosaïese Pentateuch, die profete en die ander bekende Ou-Testamentiese boeke, soos die Psalms, Spreuke, Hooglied en Prediker, Kronieke en Konings - bygevoeg het, saam met sekere apokriewe geskrifte. Dus, op hul eie weergawe het hulle ’n nuwe religie geskep wat nié deur God ingegee en geopenbaar is nie, maar die menings en opinies van wat húlle meen, hooggeagte rabbi’s is wat sou poog om die oorspronklike Skrifte te interpreteer en kwalifiseer.

Dat hulle die kluts daarmee heeltemal kwytgeraak het en só ingrypend afgewyk het van die ware Godsdiens dat hulle die ware God, die God van Abraham, Izak en Jakob nie meer ken nie en slegs lippediens aan Hom bewys terwyl hulle in ’n stel wette en mensgemaakte reëls glo en dien asof dit hulle god is, is al ’n saak wat deur die HERE Jesus Christus tydens Sy bediening op aarde meer as 2000 jaar gelede, duidelik uitgewys is (Lukas 6:46; Mattheus 15:9; Markus 7:6-9; Johannes 8:38-45).

NOTA: In die Ou Testament en meer in besonder die boek Jesaja, wat sekerlik ook deel van die Joodse én judaïsme se Tanakh (meer in besonder die Nevi’im – die 10de boek ‘Y?sha‘?y?h’) vorm, is die profesie van presies dít wat deur en onder die leiding van die HERE Jesus Christus gebeur het en deur die Christendom vermag is, natuurlik met die seën en onontbeerlike leiding van die Woord, die HERE Jesus Christus, die Seun van die Vader, die énigste ware God, die ware Messias – sien Jesaja 52:10 soos bevestig in Mattheus 28:10 en soos vervul met die aanvang van die bediening van die apostel Paulus en presies soos ons dit vandag oor die ganse aarde vervul sien. Dus, die feit dat die HERE Jesus Christus God en Waarheid is soos Hy Self op aanspraak maak (Johannes 14:6-7), word bevestig deur die voldonge vervulling daarvan oor die verloop van die afgelope ongeveer 2,000 jaar van dié ingrypende ongeveer 3,730 jaar oue profesie van Jesaja 52:10.

Die islam is weer die 6de eeuse maaksel en ’n enkel mens sonder enige getuies – dié van Ab? al-Q?sim Mu?ammad ibn ?Abd All?h ibn ?Abd al-Mu??alib ibn H?shim’ oftewel, Mohammed. Die eertydse besigheidsman en militaris het daarop aanspraak gemaak dat hy op 40 jarige ouderdom in ’n grot in sy enigheid ’n openbaring van die engel Gabriel ontvang het.

Mohammed het hierdie teenstrydige beweerde openbaring van die engel Gabriel ten aansien van die HERE Jesus en ander teenstrydighede eenvoudig weggepraat deur te sê dat die Hebreeuse weergawes daarvan gekorrupteer was.

Maar die HERE Jesus as Seun van God, het Self die finale suiwering van die ware Godsdiens kom bewerkstellig. Daarvan is daar vele getuies, onder meer, die HERE se apostel sen dissipels wie saam met Hom beweeg het. Van al die Goddelike werke wat deur die HERE gedoen is en nie deur Mohammed nagedoen kon word nie, nie eens van te praat nie.

Dus, die judaïsme en mohammedanisme is beide mens- of beweerde engel geopenbaarde religieë terwyl die Christendom sedert die aanvang daaraan aan Adam en later Noag en Abraham deur God Self openbaar is, sónder die tussenkoms van tussengangers of engel –boodskappers en uiteindelik deur God Self, in Woord hoedanigheid Wie Mens geword het, kom bevestig het (Johannes 1:1-5, 10-14; 14:6-7).

Mens wonder, sou die judaïste en islamiete hulle gode werklik so beledig deur te meen dat dié gode nie kan praat (met woord) nie of indien hul kon, nie hulle woord as mens laat inkarneer nie? Is hulle gode dan nie almagtig en skeppend nie?

As hul werklik geglo het in die ware God sou hulle Hom nie so beledig het nie en sou hulle besef het dat Hy almagtig is en HY Sy Eie Woord as Mens kan laat inkarneer vir Sy spesifieke doel en dat Hy weens Sy almag baie maklik in staat is om ’n rein vrou deur Sy Gees (Krag) te laat swanger word vir daardie uitnemende doel. Hulle verstaan glad nie die drie-Enige aard van die ware God nie en kan daarom nie Sy ewige Woord herken en erken, nie.

Maar hulle gode kan nie, want dit is in beide gevalle ’n liggaam van reëls wat geen krag of mag het wat die mens se begripsvermoë kan te bowe gaan nie, omdat dit deur hulle self geskep is en as sodanig onderhou word en waaraan hulle deïteit status toegeken het.

Dit is dus eerder ’n kwessie van three faiths (Christendom, judaïsme en islam), One God (God drie-Enig) and two false gods - dimensielose reëls-gode van die judaïsme en islam - teenoor die Lewende ware, dinamiese en enige God, Wie deur die Christendom gedien word.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 17

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Hoe onsinnig: om te dink dat as 'n ware Kobus de Klerkgelowige soos byvoorbeeld "Dolf" na die God van Abraham verwys, hul in wese 'n ander God van Abraham in gedagte het as enige katoliek, Jood, of Moslem.

    Derhalwe het geen sogenaamde "agnostikus" per definisie, en in die beginsel daarvan, eens 'n saak met die Judaïsme, Mohammedanisme, of Kobus de Klerk se fundamentalisme nie.

    Hoekom altyd die sogenaamde "agnostikuste" in sy haat bysleep?

    Die uiterlik kenmerkende gebruik van 'n Hebreeuse Ou Testament deur Christene in ooreenstemming met die Jode... die Moslems en Jode se gesamentlike aanbidding by Moskees en Sinagoges; alles wat glo volgens Kobus de Klerk in wese nie bestaan nie, is nes Kobus de Klerk se waansin en aandrang dat Jupiter se mane ook nie in wese bestaan nie.

    Dis ook nogals opmerklik hoedat Kobus de Klerk in ooreenstemming met die Jode en Moslems, ook nie glo dat Jesus Christus, onse Ewige Vader is nie - dit, ten spyte van al sy drogma omtrent 'n Drie-enige deesdae.

    Dis wel op rekord hoe die bose Kobus de Klerk my gehoon het as ek hom op sy vele gode drogma Drie-eenheid gewys het. Deesdae raak Kobus de Klerk slim met sy verwysing na onse Drie-enige, so in sy waan asof God 'n objek is en beperk kan word tot sy twis... duidelik verstaan Kobus de Klerk steeds nie...

    Kobus de Klerk se infernale motief is nogmaals duidelik hier; hy wil voorgee dat hy (en almal wat hom eer), oor genoegsame sogenaamde spirituele intelligensie beskik om ons almal se Skepper, as eksklusiewe ware Christengelowiges kan begrens.

    Die loutere twak wat Kobus de Klerk oor die algemeen hier kwytraak, verdien werklik geen verdere belangstelling nie.

    Mag Jesus Christus onse Skepper, ons van hierdie twisgierige oorlogshond en al die omstrede farisese en ware Kobus de Klerkgelowiges verlos.

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Cornelius,

    Ek kom al oor jare heen met jou aan oor jou verdraaiing van die Woord en ook van die waarheid in die algemeen. Net soos nou ook Jy is nie in staat om te kan sê Wie God werklik is nie want jy leef in die leuen. God, daarenteen, is Waarheid. Daarom dat jy God se Woord nie kan begryp nie, al lees jy dit, nes jou ander agnostiese sielsgenote ook met daardie probleem sit. Al verskil tussen jou en hulle is, jy dweep met die Heilige Naam van die HERE vir jou eie misbaksel van 'n religieuse poespas, terwyl hulle dit nie probeer doen nie en meer eerlik is oor hulle agnostisisme.

    Jy is klaarblyklik 'n agnostikus wat nie een wil wees nie, vandaar jou selfgeskepte deurmekaar gemors, terwyl hulle agnostici wil wees en dus nie probeer om vir hulself 'n god-gebonde religieuse situasie te wil skep nie. Jy bly egter agnosties omdat jy oor die tyd heen geleer het om jouself te bedrieg omdat jy nie die vermoë het om die Godheid te verstaan, nie maar een wil ken, op jou eie voorwaardes.

    Intussen raak jy die grootste snert kwyt en kruie dit met die Heilige Naam van die HERE en leë (uit jou mond) stellings van harte en liefde en haat (haat ken jy goed en wil dit op al wat gelowige is projekteer).

    So lieg jy nou ook weer oor wat ek sou sê oor die HERE Jesus Christus se Vaderskap vir ons. Die waarheid is dat jy weereens nie verstaan wat ek al jare terug vir jou geskrywe het nie en steeds skrywe nie en dus daaroor lieg.

    Vandaar ook dat jy dit wat ek en Dolf as ware gelowiges oor die verskillende religieë sê, ook glad nie verstaan nie en dit dus ook verdraai en daaroor lieg.

    Net so ook lieg jy oor wat ek sou sê oor die mane van Jupiter. Ek het nooit ontken dat Jupiter mane het nie, maar het ouens gedaag om te probeer bewys dat dit wat hulle beweer hulle van hier af sien met hul verkykers en klein teleskopies, wel die mane van jupiter is, wat hulle in 'n marathon poging nie kon doen nie.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Ek kan sweer dat ek 'n storie gelees het van Jakkals en Wolf wat stry oor die weerkaatsing in 'n poel water toe ek klein was. Jakkals sien 'n jakkals, en Wolf sien 'n wolf. Ek wens ek kan onthou hoe hierdie storie eindig.

  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk,

    Nes jy seg; ekke [Cornelius] weet van beter om my te veel aan jou infernale spirituele intelligensie te steur.

    Jammer dat ek dit moet herhaal; dit bly egter relevant in jou geharde anderhaat: Jou slimmigheid omtrent jou oneervolle skraping as prokureur, jou farisese redetwis omtrent die geestelike nageslag van Abraham tot by jou waansin oor Jupiter se mane, is gewoon jou patologiese narsistiese wraak op alles en almal wat jou en jou omstrede onsin, nie eer nie.

    In antwoord op jou gehuigel en jou ydele verdediging hierbo, kan enigeen self jou omstrede twak onder opskrif "Oor jupiter (sic) en optiese illusies", lees [https://www.litnet.co.za/Article/oor-jupiter-en-optiese-illusies ]

    Genoeg is egter genoeg... hel, ek is absoluut daarvan oortuig dat ek die enigste is wat wel jou aanstellerigheid deurswoeg... ek verwag nie regtig dat enige ander by hul verstand al jou gehekel hierbo, plus nog jou bog oor Jupiter se mane, op een dag sal kan lees nie...

    Derhalwe moet ek jou ook net weereens daarop wys naamlik dat; die feit dat jy - Kobus de Klerk dit dweep, beteken allermins dat dit die waarheid is, inteendeel!

    Ek gee egter toe dat jy uiters suksesvol is met jou breinspoel oor my sogenaamde hutspot. Selfs Chris Dippenaar, praat jou klakkeloos daarin na!

    Ek vertrou egter ten volle op onse Skepper se liefde en genade in my hart; dat die HERE ten spyte van jou aanslag daarop, self die Evangelie in ander se harte sal versorg.

    Kobus de Klerk, ek vergewe jou nogmaals in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE.

    Jou amigo in Adam,

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Chris, wat seg jy; bestaan die God van Abraham, uit twee verskillende afgode en 'n ware kdk-god soos Kobus de Klerk dit hier aanhits?

  • Kobus de Klerk

    Tja, Cornelius, jy is omtrent in 'n hoek - is dit die beste wat jy kan doen? Patetiese pogings tot verdagmaking met irrelevante en verdraaide bewerings?

    Jy besef dit seker nie, maar sulke optrede van jou kant bereik nie wat jy wil dat dit moet nie, maar dien net om die klem op jou leuens wat so gereeld oopgevlek word, te plaas en boonop, vir jou om skakels te plaas, is op die ou end net vir jou meer van 'n verleentheid want dan kan mense self sien hoe jy feite en waarheid verdraai tot kwaadwillige leuens, want anders as jy, kan meeste van hulle verstaan wat hulle lees - natuurlik omdat jy self die leuen lewe.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, dit is net as jy KdK ernstig opneem dat jou vraag aan my 'n antwoord verdien.

    KdK se opinie dryf soos 'n droë drol hier op LitNet omdat dit gereeld deur iemand droog geblaas word. Dis nou tyd om hom te laat water trek en sink.

     

  • Kobus de Klerk

    Cornelius, daar het jy dit nou, jou antwoord van Chris. Julle outjies verdien mekaar en is so dieselfde. Beide in 'n hoek en die geswets is al wat oorbly - met die verskil dat jy baie graag teem en kerm ook boonop.

    Die ironie en komiese is dit - Chris neem my baie ernstig op, maar hy loop hom telkens behoorlik vas wanneer hy begin redeneer en dit vererger hoe meer hy probeer. Hy besef dat hy eenvoudig net nie opgewasse is nie, maar kan dit nie in die openbaar erken nie. Daarom is hy is nou op die punt dat hy in sy hoekie sit en dan en wan sulke onsmaaklike, kinderagtige aanmerkings maak om darem op 'n manier rugbaar te bly, want hy besef hy kan net dinge vir homself vererger as hy weer probeer redeneer.

    Nou het hy darem geselskap met jou in die hoek daar saam met hom. Verskil is dat hy darem al geleer het om sy snater te hou, maar jy leer baie, baie moeilik.

    Jy hou blykbaar van slae. Dalk deel van die beoefening van daardie selfgeskepte religie van jou?

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Dankie Chris, geeneen sou dit beter kon stel nie... ek neem jou voorstel ter harte. Namaste! Cornelius

  • Chris Dippenaar

    Hello Cornelius

    Jy moet tog seker kan sien dat KdK jou uitlok. Jy val nou al jare vir hierdie taktiek van hom en besef nie dat jy die lewensbloed is vir hierdie verwronge karakter. Hoeveel skade moet jy nog doen aan jou eie gees voordat jy besef dat KdK jou baie meer nodig het as wat jy hom het. Weerhou van hom die een ding wat hierdie parasiet nie sonder kan klaar kom nie: Jou tyd, energie en geestelike gesondheid.

    Beste wense

    Chris

  • CorneliusHenn

    Beste Chris, nogmaals dankie... ek neem jou goeie raad in geheel ter harte... soos altyd, Namaste! Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Eintlik skrywe ons as gelowiges omdat dit vir ons heerlik is om oor God te getuig en Sy Waarheid met algar te deel en skrywe ons meestal daaroor ten spyte van julle, nie ter wille van julle, nie. Maar ek dink nie jy sal dit kan begryp nie.

    Jou 'raad' aan Cornelius openbaar hoe julle jul eie psige en afhanklikheid van ander se aandag, op ons as ware gelowiges wil projekteer. Jy moet egter probeer verstaan, ons en julle verskil letterlik hemelsbreed en bykans ons ganse benadering ten opsigte van lewe en alles daaromtrent. Ons het God in ons lewe en Sy Heilige Gees in ons, en ons is nie van mense afhanklik om vervulling te ervaar nie. Maar dit sal jy natuurlik nie kan begryp nie.

    Maar jou 'raad' sal dalk vir Cornelius sin maak, want hy is net so agnosties soos jy. Net so reddeloos en verward en 'geestelik' kwesbaar. Of hy sal hou van jou raad, is 'n ander kwessie, want hy, net soos jy, het 'n obsessie met my, of eerder die Woord oor Wie ek getuig. So, jou raad is nie wat dit voorgee om te wees nie...

    Kom ons kyk.

    Hierdie 'raad' van jou is sekerlik die mees blatante uitlokking van Cornelius wat enige agnostikus nog met hom probeer het om hom sover te kry om te manifesteer... julle geniet dit mos baie as hy homself as gelowige voorhou en dan die grootste snert en gemors kwytraak denkbaar, en boonop die ware gelowige mense met sy onsinnige kubertong bykom omdat hy so 'n minderwaardigheidskompleks koester. Jou taktiek  is skaamteloos. Ek het hom al lankal attent gemaak op mense soos jy.

    Enigeen kan egter sien hoe dun jou taktiek deurskyn, want elkeen sal agterkom as hulle na sy reaksies kyk, dat ek allermins die een is wat Cornelius aanleiding gee, maar dat hy sy obsessie met my (wat eintlik is oor die Waarheid oor Wie ek getuig) moet probeer voed en daarom manifesteer hy eindeloos. Maar van jou kan mens natuurlik nie sulke insig verwag nie. Jy het ook mos jou eie probleme...

    Jou raad is ook getuienis van jou eie bedrog, want in een asem sê jy, jy neem nie ernstig op wat ek sê nie maar net daarna waarsku jy Cornelius dat hy my eerder moet vermy ter wille van sy sogenaamde 'geestelike gesondheid' - omdat jy self dit so ervaar.... ons kom kortliks terug hierby.

    Ek wou eintlik vir jou wou sê dat jy my 'n guns doen met jou uitlokkende 'raad' aan arme Cornelius, die speelbal, want dalk sou jou 'raad' beteken dat hy sy sinnelose skaamtelose en lasterlike religieuse snert in die toekoms vir homself hou en die res van ons dit spaar, maar ek besef dadelik hy sal doen wat jy doen - net so min soos jy jou eie raad omtrent my volg vanweë jou obsessies, sal hy dit doen. Hy sal steeds sy obsessie probeer ventileer deur my nie meer direk aan te spreek nie, maar soos jy, dan te begin skinder van my. Wat eintlik mos maar dieselfde is. Steeds besig met my en dit wat ek weergee. Hy kan my dus net so min uitlos soos jy. Het jy gedink ek sal nie agterkom nie?

    Maar ek twyfel of  hy enigsins in staat is om jou raad te volg.

    En tog, as julle dit sou regkry om stil te bly, sal dit ons gemaklik sonder julle voortgaan daarmee want daar  is baie om oor te getuig. 'n Gesprek soos hierdie, byvoorbeeld, sal dan onnodig wees en sal ons eerder die tyd beskikbaar stel om te kan getuig oor die massas aspekte wat daar is om oor te getuig.

    Maar eintlik gaan dit mos nie oor my as persoon nie - dit gaan oor dit waaroor ek getuig, die Woord van God Wie soveel oneindig groter is as ek.

    Kyk byvoorbeeld watter effek het dit op jou ateïstiese geestesingesteldheid (of is dit ongesteldheid....) - jy waarsku Cornelius kwansuis dat hy van my moet afsien ter wille van sy geestelike gesondheid - en so projekteer jy op hom wat jou eintlik oorkom - jy raak 'geestelik' sodanig geskud deur die Waarheid oor Wie ek getuig dat jy voel jy verloor jou ateïstiese beheer en identiteit want geeneen van jou slimpraatjies wat jy jouself ingeprent het, werk met ware gelowiges soos ek maar een van is, nie en word boonop van kant gemaak deur die Waarheid oor Wie ek getuig - vandaar dat jy eerder die aftog blaas en oor my sal skinder, as wat jy my direk sal aanspreek. Nou gee jy aan Cornelius dieselfde raad... maar stilbly en wegbly? Julle kan eenvoudig nie.

    Julle verslind elke greintjie van wat ek hier weergee en julle kan julself net eenvoudig nie help daaroor nie en ons almal weet dit.

    Tragies en sprekend - julle selfopgelegde persoonlike kommunikasie verbod, daardie klokreël, ten aansien van my, wat julle met allerlei verskonings probeer verdoesel. Wys net hoe pateties en onbekwaam die agnostisisme julle maak. Kruip weg agter 'n selfopgelegde klokreël - hoe pateties.

    Julle wêreldjie is so klein sonder die heerlikheid van God. Dit is so duidelik uit al die negatiewe snert wat julle in die openbaar kwytraak - sinies, negatief, antagonisties, twisgierig, gebonde, doods, uitsigloos, beperk tot hier en nou, hopeloos en onkundig, gereduseer tot papegaaie. Ek wonder of julle kan besef hoe moeilik dit is vir ons as ware gelowiges, wie heeltemal ander ervaringe het - die van vrede, vreugde, toekomsvisie, toekomsverwagting, vryheid, positief, vol hoop en verwagting, kennis en insig en talle meer - om met julle op julle vlak te kommunikeer? Omdat dit al is wat in julle verwysingsraamwerk bestaan? Al is waaroor julle kan praat?

    Besef julle hoe innig jammer ons julle kry in julle klein, toekomslose  lewenshokkies waarin die agnostisisme julle boender en gevang hou? Ons sou julle eerder so graag in ons midde wou verwelkom, maar julle het daardie vreemde, koue vrees daaromtrent wat julle gevange hou.

    Julle het natuurlik die keuse om te emansipeer, om vry te word soos ons is, om te groei en werklik menswaardig te word - kry die Krag van God in julle, Sy Woord.

    Kobus de Klerk

  • Hello, 

     
    Hierdie is dalk heeltemal van koers af maar volg dit uit kritiek wat Richard Holloway op van Karen Armstrong se argumente gelewer het. 
     
    Holloway wil weet of Armstrong korrek is in haar stelling dat die essensie van die belangrikste godsdienste kom neer op deernis en liefde. 
     
    Soos onthou kan word het Kobus ook onlangs 'n lang stuk oor die liefde geskryf. 
     
    Daar is geen kommentaar gelewer daarop deur myself nie, want die liefde en deernis is nie die alleen eiendom van religie nie en die voorwaardes wat implisiet deur religie gestel word om daardie liefde te ontvang maak dit in die ergste graad van beskuldiging 'n vals liefde, aangesien dit nie onvoorwaardelik is nie.  
     
    Holloway voer aan Armstrong is waarskynlik korrek waar dit Boeddhisme aangaan. 
     
    Hierdie gedagte van 'n liefde sonder end, medelye en deernis is dalk nie so sterk wanneer dit by Christenskap en Islam kom nie. 
     
    Christenskap en Islam volgens Holloway is verlossing godsdienste en nie wysheid godsdienste. 
     
    Hulle bestaan het as oogmerk om ??lewe te verseker in die bestaan in die hiernamaals en voer Holloway aan dat die enigste leiding wat hulle bied op die lewe in hierdie wêreld is altyd met die oog op die impak daarvan op die volgende.
     
    Hierdie voorbedagte rade impak radikaal op die suiwerheid van hierdie sogenaamde deernis, medelye, en liefde. 
     
    Holloway verwys na van sy ervarings in die Anglikaanse gemeenskap toe hy daarvan beskuldig is dat hy wat Holloway is vul die hel met homoseksuele aangesien Holloway ondersteuning bied vir die vryheid van homoseksuele persone en daarmee dan hulle toestemming gee vir 'n lewe hier wat volgens die beskuldigende argumente 'n waarborg is vir 'n ewigdurende straf in die sogenaamde volgende lewe. 
     
    Holloway stel dit dat sy aardse deernis vir gay mense, sy veldtog vir gelyke regte is eintlik 'n soort van geweld, soos formuleer die wat deernis, liefde en medelye voorwaardelik bied. 
     
    Die prys van gelykheid in hierdie wêreld is dan 'n ewigheid van straf in die volgende.
     
    Hierdie voorbeeld bied dan die raamwerk om te dink aan ander voorbeelde waar die Christendom se dogmatiese stellings in kontradiksie tot aanvaarde liberale waardes is, asook aardse liefdes en vreugde.
     
    Daarom dan veel eerder die aardse vrede, vreugde, toekomsvisie, toekomsverwagting, vryheid, positiwiteit, kennis en insig wat deel is van die mens se mondering in die hier en nou en die hoop wat hoop die mens bring. 
     
    Holloway verwys na die ou gesegde, 'justice delayed is justice denied' en maak 'n vergelyking met deernis, liefde, medelye wat uitgestel word, voorwaardes implisiet en eksplisiet gekoppel aan dogma, juis op 'n ontkenning van deernis, liefde en medelye dui. 
     
    Die paradoks is juis, dat dit wat kwansuis die 'geloof' se strekste punt is volgens argumente uit daardie kamp in elk geval onlosmaakbaar deel is van die mens en uitgeleef word daagliks. 
     
    Daar is dus niks in die hoogdawerende retoriek van 'menswaardig' word nie, die mens is waardig soos die mens nou alreeds is. 
     
    Die wrede kerk en van sy gelowiges het dus nog lesse om te leer volgens die argumente van Holloway. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Wouter?

    Loer net saggies in - het toe gaan kyk of daar 'n man in die maan is...

    Lyk my iets het nou gewerk...

    STILTE 

  • Hello Trienie, 

     
    Wat ek ook wil weet is die maan van kaas gemaak?  :>)
     
    Asook watter soort kaas dan? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top