Oor Broers se resensie

  • 0

Jy sê die woorde "vlootsoldaat", "rolluik" en "hutspot met raap" voel nie reg (vir jou) nie.

Of jy so voel of nie, daardie woorde is goeie Afrikaans!

Daar is niks Nederlands aan dié drie woorde nie – ken jy hulle dan nie?

"Rolluik" en “hutspot”  het ek al dikwels geskryf/gesê/gebruik. "Vlootsoldaat" is alledaags.

Marlene

Hallo Marlene, dankie vir jou reaksie. Ek en my gesin het jare lank in die buiteland gewoon en soms beïnvloed dit nogal die manier hoe mens na dinge kyk. Die hele boek "Broers" het my so half na Nederland verplaas, maar ek dink dit was sommer ‘n gevoelservaring – uiters subjektief. Vandaar dalk ook my gevoel oor woordkeuse. ‘n Emotiewe en hartservaring, eerder as iets wat gemeet word aan die ware betekenis van die woord. Natuurlik is dit waar wat jy sê: hierdie is nie Nederlandse woorde nie. Groete, Naomi Meyer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top