Wouter
Ek verskil nie met jou oor die effek van daardie “alleenkennis” soos wat jy op Cornelius toegepas het nie en al die kritiek wat jy daarteen lewer nie, maar ek het darem ook nou nie verwag dat jy, as (op hierdie stadium nog) ateïs, sou erken dat ateïste hulself ook blootstel om onder daardie kan geskeer te word nie. Natúúrlik nie …
Maar ek is deel van ’n magtige groot groep gelowiges wêreldwyd. Om nou op enige wyse ’n aanspraak van alleenkennis aan my te wil toedig, is om dit terselfdertyd ook aan die magtige groep toe te dig en daarmee word die konsep van “alleenkennis” in sy wese ernstige geweld aangedoen.
Alleenkennis in sosiale verband, is juis die onrealistiese hersenskim van iemand wat juis téén die beproefde en gevestigde kennis en ervaring van die magtige massa in, stelling wil inneem, soveel só dat dit nié aanneemlik kan wees vir die meerderheid ander nie en word eintlik maar net, in die sosiale konteks waarin ons die woord nou aanwend en bespreek, gebruik om ’n hoogs onrealistiese en onaanvaarbare van ’n individu of ’n paar individue (ek hoop nie jy gee te kenne dat daar honderde miljoene ateïste is nie …) se posisie ten aansien van ’n publieke saak te verwoord. Daardie “alleenkennis” sal dan, weens die onrealistiese aard daarvan, nie ’n ander se eiekennis kán word, nie.
Maar daar is ook die subjektiewe aanwending van die term. Só dan met die “openbaring” van die profeet Mohammed – hy had aanspraak gemaak op alleenkennis van die openbaring waarop hy sy religie gebaseer het en dié wat hom napraat, die Islam, doen dit dus nie uit eie kennis nie, maar gewoon uit navolging - hulle kán nie ook eie kennis daaromtrent opdoen nie – só anders, byvoorbeeld, as die Christen wie met die HERE ’n persoonlike verhouding kan hê én die verhouding ook gemeensaak is by talle ander soos hy. Daar is dus by die Christen nie sprake van “alleenkennis” nie, maar eiekennis in teëstelling, wel deeglik.
Die klein groepie ateïste, daarenteen, het ook só ’n eienaardige, irrasionele en onrealistiese aanspraak gebaseer op “alleenkennis” dat die Godheid, ten spyte van die kennis, wete en ervaring van biljoene ander mense, kwansuis nie sou bestaan nie … ’n aspek waaroor dit nie moontlik is vir gelowiges om eiekennis oor op te doen nie, want gelowiges wéét dat daardie “alleenkennis” van ateïste gewoon nie korrek is of kan wees, nie. Presies ook net so met Cornelius se ewe eienaardige, onrealistiese en irrasionele “alleenkennis” van sy persoonlike afgod wat hy vir homself saamgeflans het – die kenmerke van dié afgod is juis wederkerig destruktief en glo Cornelius, nes die ateïs, aan ’n eie maar onrealistiese konkoksie, net ’n ander soort onrealistiese soort konkoksie. Beide neem elemente van die bestaande, van die werklikheid, maar vervleg dit met onrealistiese, onwerklike filosofieë (een noem dit die vrug van sy hart en die ander noem dit die vrug van sy rede, die teorie) en flans dit só in ’n onwerklike konkoksie byeen waaroor net hulle individueel “kennis” kán hê weens die onwerklike aard daarvan – vandaar die “alleenkennis”.
Die ateïste was vernuftig – hulle het hulle s’n (daardie alleenkennis) onder die dekmantel van die wetenskap verdoesel en sodoende vir meer as ’n eeu lank ondersoek op geestelike vlak afgeweer en vermy, maar nou is daardie aap letterlik uit die mou en is die ateïs se “alleenkennis” onder die vergrootglas, besig om te verkrummel. Cornelius se ewe onsinnige “alleenkennis” is juis nie onder die dekmantel nie, en word summier aan die Goddelike werklikheid getoets, wat vir die mens juis vir daardie doel daargestel is deur die Godheid, en verwerp.
Groete,
Kobus de Klerk

