v’rlos my vammy “Boesman”-id, oranutanskap,
u’s mos iemand se vrou, g’n niemand se “-man”,
hoe lyk ons Kalahari-woestyn se woude nu dan,
v’r stereotipeerd’r, wie g’wet’nloos etiek v’rtrap
red my yt rassisme, status quo v’n “Kwerriekwerrie”,
“isiBhulu”-moed’rtaal, superiorisme: onv’rteld v’rhaal,
’t kenn’rs v’n taal noggie “Hottentot”-etimologie b’paal,
o liewe herrie, pejorativeerd’r laaiks “Slams” se kerrie
Mens korte vrou, “boesman” moertoe t’stuur,
na argiefpapier, waar’p “hy” g’skrewe staan,
afg’ets, teen die ronning vannie oorvolmaan,
’n vrou voor struktuurg’weldskasteel se muur
sjatanstheosofie, opg’mieks m’t “ras”-“klas”-ideologie,
g’n Homo volledig Mens, sonn’r waard’gheid (“dignity”)
Jacobus Faasen

