Statig staan hy daar
In sy verharde gewaad
Geen benul van die gevaar
Of hoe die mense hom skaad.
Hy was op sy tyd
‘n Leier soos min
Nooit kon dink iemand sou hom verwyt
Of n vloek oor sy erfenis bring.
Al die jare heen
Staan hy so gesteen
Permanent vas
Met sy moed en hoop
Vir ons as n herinnering
Van waar ons voorheen was.
Die paaie wat ons moes loop
Om tot hier te kom.
Ek staan nou stom
Met n diepe hartseer
En aanskou hoe hulle u trots wegstroop
Dierbare oom Paul Kruger.
Kyk hoe hulle stry
Gewelddadig baklei
Om ons erflating af te knou
Waaraan u en andere so hard moes bou.
Onverdien
En hartseer om te sien
Hoe mense die geskiedenis probeer uitwis
Met kwaadstoking en twis.
Maar wat help dit
Wat is die nut?
Ons almal weet mos dis n dooie ding
en kan geen verligting bring
Vir die kammabesware
Wat die mense skielik het
Na al die jare.
‘n Standbeeld of monument
‘n Portret of prent
Dis net om eer te bring
En nie om mense se geskiedenis te verdring.
Alles en almal van die verlede
Het n invloed gehad op die hede
Goed of sleg
Verkeerd of reg
Ongeag wie wat doen
Dit gaan nie sommer net weg.


Kommentaar
Pragtig Susan Heimwee Visser
Wow! Hoendervleis-mooi!