Oom Daan, jy is ’n beter Christen as ekke ...

  • 0

Beste Oom Daan

Ek het nog nooit op die titel “Christen” aanspraak gemaak nie. Inteendeel, ek het dit nodig geag om myself daarvan te distansieer. Ek hoop jy kan my redes daarvoor verstaan.

Hoe kan ek my onder dieselfde mantel as ‘n self getitelde “Christen” soos Kobus de Klerk en sy ge-aliede groepie karikature dek ten koste van die Evangelie?

Soos daar geskrywe staan:

"Stel jouself op die proef en ondersoek jouself of jy in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie" (2 Kor 13:5).

Oom Daan, net GOD ken ons harte. Ek het nie titels nodig om vrede in my hart te bewerk nie.

Nes die ge-aliedes, is daar ongelukkig baie wat hulle beywer vir die titel "Christen". Hulle kweek allerhande maniertjies, geleerdheid en gronde vir veroordelings net om aan iets soos "Christen" deur ander geag te word. As hulle slaag om iemand te oortuig met hul gedweep, word dit die krag waarmee hulle "geloof" groei.

Geloof, hoop, en liefde – het met tyd in my hart gekom. Niemand, nie eens ’n ge-aliede kan hierdie vrede en belewenis in my hart ontneem nie.

Waar kom ’n sterfling soos Kobus de Klerk daaraan om ander so op grond van sy eie intellektualisme aan die Woord te veroordeel? Wie het hom en sy ge-aliedes god gemaak?

Nes Idi Amin Dada destyds, saai die ge-aliedes vrees en veroordeling aan die hand van hul titels onder mekaar soos onder andere "ware gelowige" ... ekke skrik nie vir sulke koue pampoen nie ...

Vreugde hierdie Kersfees vir jou en jou geliefdes Oom Daan.

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,

Cornelius Henn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top