enigst’ positief ‘-isme’, dié’s mos ‘Mensisme’,
’t omvat alle ann’r ‘-ismes’ (hoe Mens optree)
sou Mens maar Sélf, mooi submissief, oorgee,
aan Skepp’r, Sy Uniek Idee, v’n Skepp’risme
sal G’wetelose nog bona, aysh, wie slattie kitaar,
hoe pr’sies v’rsprei Allah, Spiritueel, al Sy Steun,
hoekom’s g’loof, in Waarheid, nie net fenomeen,
aaire ’n aanduid’ng, duid’l’k, re wie-sê-wat-waar
anie eine vannie dag soek Mens mos b’vryd’ng,
nie byrie dokt’r, bankb’stuurd’r, of byrie staat,
wil v’rlor’ne premeditatief “Duiw’lspiek” v’rlaat,
t’rugkeer na Utopia, g’n kwasi-fiktief v’rloss’ng
ong’lukk’g’s vetkatkoor in Self-d’struksie-spel b’trokke,
moet Paradisofiele stew’g staan, paraat, onv’rskrokke
Jacobus Faasen

