Geskryf vir: Straatligkinders
Ek wil stil raak naby kabbelende water
Ek wil die son sien sak in die dag se later
Ek wil bergreeks lê en die sterre gewaar
Ek wonder, is dit stiller daar?
My gedagtes hou my binne ’n stad
Met sirenes, horings en ’n besige pad
Mense wat net ’n lewe wil maak
Met dooie avontuurlus, lankal gestaak
Ek’t al my bewondering van kleintyd verloor
In ’n skeef-geloopte toertjie van iemand wat toor
'n Hunkering na ontsnapping is al wat ek het
My avontuurlus al jare op ’n hospitaal bed.
Dit is net ’n kopskuif wat ek moet maak
Sodat al die geraas my minder sal traak.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

