"Ontmaskering" deur Simone Heenop

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vers 1:
Haal af jou masker en
Loop bietjie nader ek
Kan nie meer wag om nou
Saam jou te lag en dit

Voel soos ’n leeftyd dat
Jy probeer wegkruip daar's
Soveel wat ek wil sê
Ek wil jou net hierso hê

Oooooh...
Aaaaah...

Refrein: (x2)
As 'n held is wat jy verkies
Sal ek jou bevry my lief
Moenie my probeer vermy
Dis nie alles nou verby

Vers 2:
Kom uit die duister uit
Jy hoef nie meer weg te kruip
Wees net die ware jy
Beeldskoon, gelukkig, vry

Die lewe is meer as net
Reels, regulasies, wet
Jy kan net jou bes probeer
Dit maak nie saak wat gebeur

Oooooh...
Aaaaah...

Refrein: (x2)
As 'n held is wat jy verkies
Sal ek jou bevry my lief
Moenie my probeer vermy
Dis nie alles nou verby

Brug:
Ek sien jou
Die eerste keer
Vir wie jy is
Jy's soveel meer

Ontmaskering
Van jou my lief
Laat my besef
Jy's 'n hartedief

Refrein:
As 'n held is wat jy verkies
Sal ek jou bevry my lief
Moenie my probeer vermy
Dis nie alles nou verby

Dis nie alles nou verby...
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top