Op my ouderdom is ek nou seker ervare? 'n Ondergeskikte wie ek uit sy onskuld na harde baard gevat het met opleiding, se eerste skietvoorval was stres wat sweet van hom laat afloop het! Dan 'n maand later, ek roep hom in en deel hom mee die verdagte is oorlede in die staatshospitaal! Sekondêre gevolg, infeksieverwant. Ek sien die droë mond verslae; spanning en vrees in sy gesig; trane wat dreig. Dan kry ek verskillende rolspelers in oor 2 dae en hy lyk beter! In SA probeer vrou leeuwêreld beheer met tissues en akademici met roomkoek spekulasie-ideale vestig! Vir ons harde baarde, lewe in strate waar dood vinnig en onverwags in vuil stof kom dikwels, ons neuk nie met nerds wie met kopdoek 'n image probeer uitleef nie! Ons dra 'n bulletproof wat 30kg weeg in hittegolfweer! Outa Piet, hou op krap in leeu se gat met vuurhoutjie asb! Eugene de Kock het vir my eerste Tafel-lager ooit in Oshakati gekoop by die Duitse klub! Ek het André Staander op snelweg sien verbyjaag in sy Porsche! Ek het die Kerkstraatbom in persoon beleef! Tog vra ek beskaaf, moenie ons en ons grondwetlike fundamentele regte verder onderskat nie!
Hans Richardt

