Onthou nog 'n keer
As die wind sy liedjie bring
en die see se klawers druis
die son sak in sy goue gloed
die sterre blink van vêr
my lief, dink ek aan jou
As die hemel blou straal
en die granaat sy rooi wys
vlei en veld dansend in groen
die wilger se take ? kroon
my lief, dink ek aan jou
REFREIN:
Ek onthou nog ? keer
van die lig in jou oë
Die lag in my hart
met die gee van jou hand
Ek onthou nog ? keer
ons liefde se geur
Van die lelies se wit
en die rose se rooi
Hoor ? tortelduif koer
? arend styg op
Die reënboog verskyn
met ? belofte van hoop
My lief, dink ek aan jou
REFREIN
BRUG:
Met al die onthou
het ek soveel vergeet
Die tekenbord is skoon
om ? nuwe lied te skryf
REFREIN (x2)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


