"Onthou jy nog" deur Pieter Kruger

  • 0

Onthou jy nog

Onthou jy nog die tyd toe ons nog kinders was
Wegkruipertjie speel in die lang geel gras
Fietsry in die strate tot the skemer kom
Al was die speke ook geroes, al was die speke krom

Bangmaakstories vertel in die laat-laatnag
Verbeel ons daar’s ’n heks wat by die venster lag
En pa wat sê:  “Dis laat, julle beter nou  kom slaap”
Terwyl ons oë traan soos ons sit en gaap

KOOR

Mis jy ook somtyds die onskuld van ’n kind
Teen die gevare van die wêreld was ons blind
Hoekom het daardie tyd so gou verbygegaan
Hoekom kon die tyd nie ’n bietjie stil gaan staan

Onthou jy nog ma se lekker roompoffers
Die reuk van motbolletjies in die ou koffers
Maak of jy slaap sodat pa jou kar toe dra
Hoe ek jou opgesteek het om ’n geldjie te gaan vra

Vloerpolitoer se reuk bring herinneringe terug
Van jou sleep op ’n ou kombers, agter my rug
Ma wat ons leer dans het met ’n tamboeryn
Een van haar soene, al jou pyne verdwyn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top