"Onthou jy nog" deur Michael van der Walt

  • 0

Onthou jy nog

 

Verse 1

Kan jy onthou toe ons nog kinders was, krieket gespeel op die bure se gras.
Toe ons nog onskuldig was, en Trompie beter as Chuck Norris was,
En ons verbeelding met ons weg kon hol, en ons dronk word van in die rondte tol.

Chorus

Ons kon drome droom, in die onmoontlike glo, ons kon drome droom, onthou jy nog.

Verse 2

Geglo daar's ’n tandemuis, en ons bang was vir ’n donker huis,
Toe pak slae op skool nog wettig was, en my grooste vrees om nie in te pas
Toe jy nog ’n witbrood vir onder R5 kon kry, en dit nog veilig was om in die aand in die straat met jou fiets te ry

Verse 3

Waarom het ons opgehou met die drome van ’n kind, wanneer laas stil geraak en net jouself gevind
Ons kan weer die onskuld in ons eie hart ontdek, moenie dat die ouer jy jou toekoms beperk

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top