"Onthou Jy" deur Laetitia Campher

  • 0

Onthou Jy

Jy’t n merk gelos
Ek druk jou foto styf teen my bors
Hoe vinnig die liefde kan vergaan
Dis baie seer
Jy het my baie geleer

Onthou jy Sondae, net stil wees op die stoep?
Onthou jy, die oorlogsverhale van Oom Doep?
Onthou jy, skelm vry agter die moerbeiboom?
Onthou jy, al ons drome by die waterstroom?
Vir ewig was te vinnig verby

Sien jy vanaand die Suiderkruis
en die skildery met die verlate huis?
Ek het altyd gevra
hoe dit voel om my hart in jou hande te dra
Dan gee jy net ? glimlag
En bêre ? soen op my wang, satynsag
Hoekom moes jy gaan?

Woorde was te min
Niks maak meer sin
Ek sal my bes probeer
Dit maak net so diep seer
Tyd het jou weggevee

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top