Ontevrede
Struikel vir die toekoms,
bedel vir die verlede
Ons het als gehaat,
nogtans so ontevrede.
Ons drome vat aan geen waarde nie,
soet in die stilte aanvaar ons die skadu’s
Ons kyk aanhoudend om ons skouers,
besef ek ons raak nes ons ouers.
Ons wil maar net volwassenes wees,
word ons die oplossing van hul slegte keuse?
En steeds is ons verskriklik onseker,
want hier staan geen mense met rede.
Ek weet ons word gemanipuleer,
so staan saam met my en was af
die dae van skuld
wat ons lewens wegskraap
Want daar is ‘n doel in gemeen
Herinner jouself om te veg
Veg vir jou droom van vreugde
![]() |



