"Ontbreek" deur Ferdi Coetzee

  • 0

Ontbreek

Pappa, hoe gaan dit daar?
Ek bel want dis ma wat weer verjaar
Hoe gaan dit met die besigheid
steeds lus om die handdoek in te smyt?
Hoe’s die tempers, daai hande al weer flenters?
Is die stres levels nou al laer?
Word jy nog so kwaad
want die wêreld kan hom nie gedra

REFREIN:
As die oproep begin stil raak
het die oomblik aangebreek
Ek moet neersit met net een ding want ontbreek
Ek is lief vir jou, my seun

Die kar kom tot stilstand voor die huis
Ek ken dit baie goed, was self al hier aan huis
Die honde blaf en spring teen my op
jy moet maar keer anders is jy in die sop
Hoeveel sigarette is dit nou per dag?
Staan die Coke nog buite op ? winters dag?

REFREIN:
As die dag begin stil raak
het die oomblik aangebreek
Dis nou slaaptyd, met net dié woorde wat ontbreek
Ek is lief vir jou, my seun

Is woorde dan so moeilik?
Dit wat oud is oorheers die hart
Dit voel net vreemd
want ons ‘t te lank gewag

REFREIN:
As die dag begin stil raak
het die oomblik aangebreek
Ons verlaat nou weer die dorp, met net dié woorde wat ontbreek
Ek is lief vir jou, my seun

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top