"Onse Jozi" deur Natasha van der Berg

  • 0

Onse Jozi

Die huise sit soos dassies teen die koppie
Die wolke hang swaar en donker uit die hemel
Die lug voel dik en ontstuimig
Iewers is daar ’n storm aan die broei
Duisende mense skarrel om by die werk te kom
Op hierdie Februarie-oggend in ons oudste stad
Onse Jozi
Gekoester in die hartjie van Gauteng
Jou mense so verarm
Jou strate so misbruik
Ons groet jou in die môre
Verlaat jou elke nag
Jou huise is vol hartseer
Jou kinders word verkrag
Jou blou lug word besoedel
Jou water proe tog so sag
Maar ons is lief vir jou ou Jozi
Jy maak ons wat ons is
Ons kyk verby die misdaad, die kapings
En die moord
Verby die boemelaar wat staan op die hoek
En vra vir sy stukkie brood
Ons sit hier op ons trone
Ons kyk hoe alles om ons vergaan
Vergeet al die mooier dinge
Moan en bitch net oor ons patetiese bestaan
Jy kyk vir ons ou Jozi
En lag net in jou mou
Jy sien al die verwoesting
Jy voel die mens se plaag
Tog staan jy so trots daar
En bedien ons dag na dag
Ons is lief vir jou onse Jozi
Want ten spyte van dit alles
Kan jou honger kinders darem nog steeds lag

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top