“Ons vir jou Suid-Afrika”

  • 0

Sterk en trots vol eerbied.
Monumentaal.
Asems gegiet
in brons en metaal.

Met hande sterk
'n nasie gebou,
harde werk
ets nageslagsonthou.

Gevorm, uitgekap
geskiedenis toegelap.
Ruiter en perd –
Was dit in Suid-Afrika die moeite werd?

As son vergader op een punt-
weerklink trane van moeder en kind.
In marmer hul laaste geveg
“Ons vir jou Suid-Afrika” het ons voorvaders geseg ...

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top