"Ons vir jou" deur Lennie Muller

  • 0

Ons vir jou

Vers

Uit die bloute van die saak, uit die diepte van ons hart is daar vrees.
Vrees vir onsekerheid, alleen wees, siektes en die dood!
En die plek van twee gesigte maak ons tot nuut en ons voel klein.
Ons voel klein, Oorwin.

Brug

Maar jy behoort nie aan jouself nie
Jy’s ’n skepsel, daar’s ’n skepper.
Die groter storie word geskryf en jy is deel van
’n land van alle kleure, kom met al jou sere.
Vergifnis is die hart van hoop, genesing kom van bo.

Koor

So sing nou saam, hoor die engele-koor.
Maak jou hart so groot dat vrees verdwyn.
Elke man en vrou, maak nie saak die taal,
As die bloed jou was is jy skoon, is ons een.

Vers

Nou staan ons voor ’n keuse, opgee of veg met reuse van pyn.
Binne ons, ons grootste vyand, o-o-o lê jou neer en laat dit gaan
Laat dit gaan, word oorwin.

Brug

Maar jy behoort nie aan jouself nie
Jy’s ’n skepsel, daar’s ’n skepper.
Die groter storie word geskryf en jy is deel van
’n land van alle kleure, kom met al jou sere.
Vergifnis is die hart van hoop, genesing kom van bo.

Koor

So sing nou saam, hoor die engele-koor.

Maak jou hart so groot dat vrees verdwyn.
Elke man en vrou, maak nie saak die taal,
As die bloed jou was is jy skoon, is ons een.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top