"Ons twee saam" deur Shérell Senekal

  • 0

Ons twee saam

Dis net ek en jy, en jy en ek
En ons twee saam.
Ek ken nie die gevoel maar
Ek weet waar kom dit vandaan.

Jy't my gevat, my saam laat ry
Op die rollercoaster ride,
Voor jou ouers, voor jou vriende,
Met jou ongeskikte pride.

Koor:
Hoe het ek geweet,
Het ek geweet dit gaan gebeur?
En hoe het ek geweet,
Het ek geweet jy't my ontleed?

Hoe, hoe gebeur dit?
En hoe, hoe kyk jy na my?   
Hoe, hoe doen jy dit?
En hoe, hoe stuur jy my vry?

Die aand is lank, ek sit alleen
Jy't gesê jy kom my haal.
My alleen gelos, om met myself te praat
En in my gedagtes te verdwaal

Hoe doen jy dit, hoe vergeet jy so,
wat ek en jy kon wees.
Wat jy sê en wat jy doen,
is waarvoor ek die meeste vrees.

Koor

Jy't my verniel, my hart gebreek,
Met my gemors en my siel verneuk.
My net gelos, alleen laat staan,
En sonder rede sommer so laat gaan.

Koor

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top